Die einde van SF en LA – vir Panda

  • 0

Beste Panda

Dankie vir die interessante skrywe oor vallende klippe uit die hemel.

Miskien vind sulke impakte nie elke paar miljoen jaar plaas nie, maar gebeur daar baie botsings elke ongeveer 33 miljoen jaarsiklus.

Dalk leef mense vandag net soos die dinosourusse van destyds in so ’n opwindende tyd.

Ek moet nog die foute maak waaruit sommige mense nie wil leer nie, dus voorspel ek:

Die einde van San Francisco en Los Angeles op 13 April 2036.

Dis nou as Apophis in die grote Stille Oseaan val, wat ek hoop, want dit sal lewensverlies op aarde minimaliseer.

Die gevolglike tsunami’s sal die San Andreas-fout sneller.

Wetenskaplikes regoor die wêreld, maar veral in die VSA en Sjina werk aan planne vir Apophis, wat in 2029 van ’n Aten- in ’n Apollo-klas asteroïede kan transformeer, vandaar sy vernietigende naam: Apophis.

Intussen sal dit in elk geval gesond wees om nie bo-op die San Andreas te bou en die area te bewoon nie.

Groete

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top