Die einde van een moondheid en opkoms van ’n ander

  • 0

Selfs die grootste klierkop sal moet erken die ereldjie wat hulle ken wankel gevaarlik.

Die Weste is gedoem, deur hulle eie gierige gegryp na grashalms verdoem, kyk na die VK!!

Hulle staar hulself blind, skiet hulself in die knie, pootjie oor hul eie grootheidswaan en waansin!!

Die einde is in sig, en dis bloot ’n verre val oor die kranse wat oorbly vir die VK en sy muishond vriende, die VSA, OZ, NZ en Kanada ...

Ek gaan nie al die krediet vat nie, maar tog ... wanneer selfs ’n tipiese Afrikaner-instansie soos VB bv skryf:

"Die grootste risiko is dat Brittanje in die Europese Unie totaal geïsoleer is. Dis nou 26 lande teen 1.

Dit beteken dat wanneer daar voortaan oor die redding van die euro gepraat word (wat van groot belang vir die Britse ekonomie is), die 26 ander EU-lande gaan wag totdat die Britse verteenwoordiger sy tas gepak en die tafel verlaat het. 

Brittanje het homself basies uitgerangeer.

Feit is dat geen land in die huidige globaliserende wêreld kan bekostig om sy plek aan enige multilaterale onderhandelingstafel te ontruim nie.

Dis waar dat die kieserskorpse wêreldwyd dreig om in opstand daarteen te kom. Maar in werklikheid kan hulle netsowel teen die opkoms van die son in die ooste protesteer; dit sal geen verskil aan die feite maak nie.

Op kort termyn het Cameron moontlik sy eie party bevoordeel en aan kortsigtige konserwatiewe verwagtings voldoen. Maar hy kyk nie verder as die volgende verkiesing nie – en op die duur kan sy hele land die bittere prys daarvoor betaal.

Terugskouend sal 9 Desember 2011 dalk bekend staan as ’n dag van waterskeiding – die dag wat Brittanje se verwydering van Europa ingelui het. Hierteenoor moet Duitsland se herrysenis as die leierstaat in die Europese Unie beskou word, asook die veranderende magsbalans wat dit vir die Europese orde inhou.

Daar is ook ’n nóg groter prentjie – die een waarin China, soos in Afrika, sy greep op kritieke hulpbronne en bates in die een Europese land ná die ander kry.

En die herskikking wat dit op die lang duur vir die wêreldorde kan inhou."

Foeitoh huh ... wanneer ’n instansie soos VB die skrif kan lees teen die muur, dan weet jy dis al reeds op die toiletvloer uitgespel ... SELA !!

Laat 2012 kom ... my toontjies krul!!!!
 
Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top