Die einde van die wêreld
Die einde van die wêreld
Hou jou asem op
Hou die hemel dop
Want die wêreld gaan eindig
As die donker kom
moet jy weet hoekom
Dis die wêreld wat eindig
Kruip weg in ? bos
Versamel blikkieskos
want die wêreld gaan eindig
Doen ? goeie daad
Volg jou ma se raad
want die wêreld gaan eindig
REFREIN:
Dis die einde van die wêreld
neem ? foto en onthou
Onthou hoe alles gelyk het
elke boom en elke gebou
Dis die einde van die wêreld
of dis altans wat hul sê
Maar sou die wêreld eindig
wil ek jou net langs my hê
Mense maak lawaai
dis ? groot bohaai
Oor die wêreld wat eindig
Gooi jou lightbulbs weg
kry jou kerse reg
Die wêreld gaan eindig
Ag nee, nie al weer
dis die tweede keer
wat die wêreld nou sou eindig
Gaan ons party hou
of gaan ons duim vashou
oor die wêreld wat eindig?
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


