Die einde
Vas het ek gehou
En vir ewig sou ek seker klou
Vas klou aan jou
Vir altyd sal ek berou
’n Stukkie van my hart totaal verduister
nou toegeplak met pleister
Wens ek het net geluister
Ek het nie meer geglo dat liefde bestaan
Amper het ek deur jou woorde vergaan
Alles is nou verby
Ek sou jou nooit ooit kon kry
Al het ek hoe hard probeer
Jou hart was nooit myne nie
Is daar ’n antwoord, na al hierdie seer
Moet daar altyd iets wees wat binne my protesteer
Maar partykeer is dit beter om eerder te laat gaan
Partykeer is dit beter as ’n stukkie van jou hart vergaan
Die gedagtes in my kop
Drome wat net nie gekeer kan word nie
Moet ek maak of niks gebeur het nie
Moet ek maak of ek nie seer het nie
En soms verlang ek terug
Maar nou bou ek ’n brug
’n Brug om te kom oor jóú
Ek kan net op Hom vertrou
Want ...
Alles is nou verby
Ek sou jou nooit ooit kon kry
Al het ek hoe hard probeer
Jou hart was nooit myne nie
Is daar ’n antwoord, na al hierdie seer
Moet daar altyd iets wees wat binne my protesteer
Maar partykeer is dit beter om eerder te laat gaan
Partykeer is dit beter as ’n stukkie van jou hart vergaan
Ek mis soms die prentjie van jóú glimlag
Ek mis die kyk van jóú oë
Ek mis die kort oomblik wat jou arms om my was
Ek wil soms al my goed pak in ’n klein tas
Want ek weet ons storie is op ’n einde
Ek weet daar’s dalk iets groter bedoel
Dalk is ek die rede vir iemand se glimlag
Dalk maak ek iemand se dag
Miskien is daar iemand wat voel vir my soos ek vir jou
Dalk is daar net iemand, iemand wat lief kan wees vir my
Maar vir wat ons was is dié nou die einde
![]() |



