
Foto: Unsplash.com
Die dood kom weer
Die dood
moet aan die keel gegryp word
gepootjie word en
begrawe word onder die
ry voetgangers
die dood
is weer hier
op tyd
onverwags
1170 tale en die heengaan
het geen beskrywing
die week spoed
om onder die sand te wees,
die dood
nog ’n toets
of beproewing
van die lewe?
Die deurpos word flenters getrap
die foon vibreer met flou vertroosting
“Wees sterk
dit is deel van die lewe”
hoe is die dood
deel van die lewe?


Kommentaar
Wow. Vol emosie, goeie beskrywing van die dood.
Wow.
Amazing... This gave me Chills. Great work, Jerome.
I love how your emotional bluntness gets expressed in this poem. Nobody ever talks about death and how cold it actually is. And this is not even about experiencing death, but merely how ruthless death is. Spot on!
Wow
I'm struck by and also taken aback by the rawness and directness of your words.
Dit maak die pyn van die dood amper sigbaar. Jou gebruik van die woord laat my toe om te ween, kwaad te wees en tog die vraag van "gewoond" te vra.