Die digter rewired: raad van Roggenbuck

  • 1

Poësie het ’n baie spesifieke reputasie as ’n elitistiese medium, geskryf vir en waardeer deur ’n klein gehoor. Die publikasie van dun digbundels wat deur enkeles waardeer word, word elke jaar minder. Wat gebeur as mens so ’n medium met die medium van die internet integreer? Word dit dan deur meer mense gelees? Is die kwaliteit van gedigte op die internet bepaalbaar? Lyk gedigte op die internet nog altyd soos gedigte?

Om die internet-generasie te verstaan en insig te kry in wat digters op die internet kan wees, moet daar aandag geskenk word aan die selfverklaarde netdigter Steve Roggenbuck, wat met ’n reeks video’s op YouTube, tweets op Twitter, selfies op Instagram en sy opwindende webblad www.livemylief.com die rol van digters op die internet herdefinieer. Adrian Chen beweer dat Roggenbuck deel is van “a vibrant scene of internet poets who act as digital street artists, seeding unlikely spaces of the web with their work, weaving profound moments into (or creating them out of) the ticker-tape torrent of status updates and Instagram pics.”

Kyk na die volgende video om te sien hoe hy op ondubbelsinnige wyse hierdie doel wat hy nastreef, uitdruk:

 

Wat beteken letterkunde of poësie vir Roggenbuck? Poësie is vir hom “language charged with meaning”, taal wat mense “beweeg” – en die internet is die ideale platform waar dit kan gebeur:

Miskien sou mens kon sê dat Steve Roggenbuck probeer om met ander op die internet te skakel en die unieke moontlikhede van die internet as platform te vier in plaas van dit as “leeg”, “oppervlakkig”, “oorvloedig” te verag. Hy sien die potensiaal van die individuele uitdrukking binne-in die informasie-oordaad van die internet raak. Miskien is daar werklik rede om geesdriftig oor die internet te wees en dit te sien as ‘n ideale platform vir digters wat met hulle woorde lesers wil bereik.

Moet ek julle nóg probeer oorreed om aan ons poësiekompetisie deel te neem?

Lekker skryf.

Rentia

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top