Die Darwiniste vermiste-skakel-fantasieë

  • 12

Hier is ’n paar voorbeelde.

Een van die mees sprekende voorbeelde is, die Kenyanthropus platyops, wat in Oos-Afrika uitgegrawe is deur die bekende Meave Leaky. Maar wag, ek wil nie aan die misleiding deelneem nie – dit is nie Kenyanthropus platyops wat ontdek is, nie, maar stuk skedel en ’n deel van die bokaak verder niks van waarde nie – en boonop was dié fragmente ook maar in haglike toestand [K Wong, (2001), Finding Homo sapiens' Lost Relatives, Scientific American, 285, no. 4].

Om dié stukkies beenfragment, het die desperate evolusioniste sommer ’n hele nuwe genus (Kenyanthropus) gebou, om te dien as ’n vermiste skakel tussen mens en aap-spesie, die hominiede – ongeag dat daar geen skelet beendere was om te weet hoe dit geloop, gestaan geklim, ens., het, nie.

Selfs in eie geledere is daar onmin oor dié storie – mense soos gerekende (onder evolusioniste) paleoantropoloog Tim D. White van die University of California at Berkeley sê dit is niks anders as maar net ’n variasie van A. afarensis ["Lucy"], nie. Interessant, nie waar nie, want as Kenyanthropus aanvaar sou word, sou dit A. afarensis onttroon as “vermiste” skakel.

Sulke bevooroordeelde hipotese is verwerplik en seer sekerlik nie wetenskap, nie. Dit is só erg dat enigeen wat evolusionistiese ‘wetenskaplikes’ se woord neem vir hul aansprake, is werklik nie geïnteresseerd in die wetenskaplike proses nie – aansprake moet liefs onafhanklik geverifieer word. Vir bykans ’n eeu is dit nie gedoen nie, omdat mense nog bona fide was en mislei was om te glo dat evolusionisme a-la-darwin, wetenskap is.

Dinge het egter, veral die afgelope vyf jaar, drasties begin verander.

Maar kom ons kyk bietjie na A. afarensis ["Lucy"]. Dié affêre se skedel is só onvolledig, dat deskundiges na die konstruk van A. afarensis verwys as “‘imagination made of plaster of paris” – The Weekend Australian, May 7–8, 1983, Magazine section, p. 3. [A more complete skull that was assigned to Lucy's species was found in 1992 (A.L.144-2). However, although more complete, it was highly fragmented (60 fragments) and a lot of imagination was still involved in reconstructing it.]

“‘The various australopithecines are, indeed, more different from both African apes and humans in most features than these latter are from each other. Part of the basis of this acceptance has been the fact that even opposing investigators have found these large differences as they too, used techniques and research designs that were less biased by prior notions as to what the fossils might have been … The australopithecines are unique” - Dr Charles E. Oxnard, Fossils, Teeth and Sex—New perspective on Human Evolution, University of Washington Press, Seattle and London, 1987, p. 227.

Dan is daar ook die geval van die sogenaamde Hofmeyr Man wat as vermiste skakel opgedis was. Dié is gedurende die 1950’s in die karoo gevind. Maar daar is niks spesiaal aan die skakel nie – so modern soos kan kom.

“Dr. Alan Morris of the University of Cape Town is part of the international team (headed by Frederick Grine of New York’s Stony Brook University) studying the fossil. He says, ‘The skull is probably male and is completely modern. If he sat down next to you on the Sea Point bus you would not react, apart from wondering where he came from. He would not look like modern Africans or like modern Europeans, or like modern Khoisan people, but he is definitely a modern human being.”

Daar is ook die sogenaamde Taung kind – gevind deur Raymond Dart dáár in Noordwes, by Taungs, in die ou Bophuthatswana. Dié is ook aangegee as vermiste skakel tussen mens en hominied. Dié skedel, het Dart gemeen, is klinkklare bewys van half-mens half-aap en noem dit toe Australopithecus africanus.

“In 1973, South African geologist T.C. Partridge presented evidence that the Taung skull could not be more than 750,000 years old. For Australopithecus africanus to evolve into humans in this short evolutionary time period was out of the question. Creationist Marvin Lubenow states, ‘The fact that sapiens-like fossils have appeared in the fossil record before australopithecines … reveals that the australopithecines had nothing to do with human origins.” - Lubenow, M.L., Bones of Contention, Baker Books, Michigan, USA, p. 301, 2004.

Evolutionis Charles Oxnard het ook tot die gevolgtrekking gekom.

Ander wetenskaplikes het maar later bes gegee en gesê Taung is die skedel van ou grootaap soort wat in Afrika rondgeskarrel het.

Dus, Só word fabelagtige versinsels as wetenskap opgedis en gesoek na wat nie bestaan nie.

Natuurlik sal hulle nie vind nie, want die Woord sê uitdruklik dat God die diere as sodanig geskape het, die plantsoorte as sodanig, die seediere as sodanig en natuurlik, die mens as sodanig. En dít, na ál die moeite wat evolusioniste die afgelope twee eeue gedoen het, is wat die wetenskap vir ons bevestig.

Groete,
Kobus de Klerk

 

 

  • 12

Kommentaar

  • Jy het nie dalk in jou diep en intense Google navorsing agtergekom dat die rotslae bo en onder die fossielfondse heelwat ouer is as die stuk of 6 000 jaar waarin jou sprokie afspeel nie?

     
    Ons raak nou uitgespeel Koos. 
     
    Thomas
     
  • Stephan Marcus

    Kortliks: moennie argumente tussen splitters en joiners ekstrapoleer na verwerping van al die navorsing na die herkoms van die mens nie. Sommige paleontoloë, die spiltters, gebruik die beginsel dat as 'n nuwe fossiel nie klinkklaar in 'n bestaande genus geplaas kan word nie, dit 'n anders benaam moet word. Die joiners argumenteer dat 'n nuwe genus slegs geskep behoort te word as 'n fossiel duidelik anders as alle bestaande genera is. Soos alle velde in die taksonomie raak die ouens kwaai opgewonde en gooi mekaar met goed. Ander bioloë loop draaie om taksonome omdat baie van hulle argumente na hareklowery klink.

    Die term vermiste skakel is afkomstig van die helenistiese idee van die ketting van bestaan waar elke skakel 'n hoër vorm sou verteenwoordig en daar is in die Victoriaanse tyd gespekuleer dat die fossielle wat nie as mense of ape geklassifieseer kon word nie hierdie skakel tussen mens en aap sou wees. Net soos die filosofie waarvan dit afgelei is, is die term nie wetenskaplik nie en word geen fossiel ooit as 'n versmiste skakel tussen die of daai groep geïdentifiseer nie.

    Ten spyte van wat in die pers geskryf word en in populêre wetenskaplike lektuur kan geen fossiel ooit as voorvaarderlik tot 'n lewende spesie bewys word nie. Dit is egter nie nodig nie, want die verloop van evolusie kan afgelei word uit die veranderende en standvastige eienskappe van die fossiele.

     

  • Kobus, as jy ? gestryery onder wetenskaplikes gebruik as bewys dat evolusie nie kon plaasvind nie, gee ek jou drie raaie wat ek dink van al die gestryery net in die Afrikaanse kerke, om nie eens te praat van verskille tussen Protestant, Katoliek, Islam, Jood, Voorvaderaanbidders, Sataniste, Goëlery, Tokkelossie  en Boeddhis nie. Paleontoloë stry darem nog oor iets konkreets. Julle stry oor skeppings van die verbeelding, en dan raak julle nogals ernstig ook daaroor. Ag foeitog! To Belhar or not to Belhar. 

  • Kobus de Klerk

    Weereens, Angus, ons probeer niks bewys nie, en is die gestryery soos jy dit noem, interne dinamika maar algar vanuit die vaste geloof in die HERE - die kern en dryveer van die Godsdiens.



    Die ander groeperinge van vasle religieë, waarvan jul darwinisme een is, het op ons geen effek nie.



    Interessant genoeg - geen van die ander religieë stry oor hul interne boostene nie,maar oor detail - net julle is nie so nie.



    Julle is egter besig om te stry oor basiese boustene van julle religie. Onthou - MOENIE VERGEET NIE - dit is julle wat op bewys aanspraak maak en dit is gewoon nie moontlik nie.



    Kobus de Klerk

  • Aangesien die kreasionist mag spoeg en plak laat dit klap, sal die volgende seker nie 'n probleem wees nie. 

     
    In teenstelling met die kreasionist wat daarop uit is om wanvoorstellings te skep en so 'n vals dispuut te verklaar, word die volgende aangebied omrede dit sekere idees probeer vasvat: Die inleiding het dit oor die "missing-link"
     
    Hierdie speek die konsep soos volg aan:
     
    Q: Archaeopteryx. 
     
    Why do textbooks portray this fossil as the missing link between dinosaurs and modern birds — even though modern birds are probably not descended from it, and its supposed ancestors do not appear until millions of years after it?  
     
    A: 
     
    The notion of a “missing link” is an out-of-date misconception about how evolution works. Archaeopteryx (and other feathered fossils) shows how a branch of reptiles gradually acquired both the unique anatomy and flying adaptations found in all modern birds. It is a transitional fossil. These fossils are not direct ancestors of modern birds but relatives, and, as everyone knows, your uncle can be younger than you!  
     
    Asook hierdie "filosofiese bespreking"
     
    Dit word in sy volledigheid aangebied aangesien dit sinvol in die historiese en filosofiese konteks van die betekenis "missing link" is. 
     
    Die realiteit is, dat behalwe vir die praktiese biologiese implikasies is daar die filosofiese aspekte en die volgende spreek dit aan: 
     
    Die uitreksel is soos volg: 
     
    Long before the explosion of evolutionary ideas during the mid-19th century, scholars of various stripes arranged all of nature according to an intricately graded scale called the Great Chain of Being. (Arthur Lovejoy’s book by the same name remains one of the most comprehensive studies of this concept through history.) 
     
    Rooted in the ruminations of Plato and Aristotle, but most famously adopted by Medieval theologians and Renaissance thinkers, this concept ranked the natural world into a static hierarchy which elucidated the character of the Almighty. 
     
    The chain was not a ramshackle assemblage of minerals, plants, and animals, but instead a carefully ordered sequence of increasing complexity and closeness to God in which our species occupied a crucial hinge point – animal in body but infused with a divinely-prescribed soul.   
     
    There could be no gap in this linear sequence. Given God’s wisdom and grace, every link in the chain had to be filled in. This caused some rather hairy dilemmas. Prior to the discovery of the great apes by Western naturalists during the 18th century, there was nothing between the vulgar monkeys and us. 
     
    Strange "wild men" captured in western Africa and seen in the jungles of Indonesia eventually filled this gap—what we now call orangutans, gorillas, chimpanzees, and bonobos—and were comfortably slotted in between us and "lower" primates. 
     
    They were exceptionally humanlike in body, but could not speak or reason, and hence were cast as near-humans which lacked souls.   
     
    By the dawn of the 19th century, however, the Great Chain of Being was no longer useful as an organizing concept. 
     
    Naturalists were cataloguing such a wide diversity of species that they could not all be ranked one above the other. The hierarchy only worked if there were relatively few creatures which were disparate in character. 
     
    The circulation of evolutionary hypotheses and speculation during the early 19th century also broke down the idea that nature was static, and of course we all know that in 1859 Charles Darwin took the controversial idea of evolution by natural selection and presented it as an idea which merited careful, thorough investigation. Darwin did not shoehorn life into constrained, straight-line hierarchies, but perceived innumerable, branching lineages which were constantly changing according to the exigencies of local ecology.   
     
    But the old imagery still held fast. By the late 19th century the order of the Great Chain had become impressed onto the geologic timescale and the appearance of life on Earth. (Just as fish were inferior to amphibians, for example, fish appeared before amphibians in Earth history.) Given the capricious nature of the fossil record, however, paleontologists did not have a complete record to investigate. 
     
    There were significant geologic and evolutionary gaps in the history of life. Darwin knew this well and accounted for it in On the Origin of Species, but other naturalists took the lack of finely graded transitional series as a sign that evolution had occurred in rapid jumps or by some mechanism very different from natural selection.   
     
     It wasn’t all that long before potential transitional series began to be identified. During the 1870’s T. H. Huxley—the English anatomist who was evolution’s staunchest public advocate—presented plausible scenarios for the evolution of whales from land-dwelling carnivorous mammals, of horses from tiny, multi-toed ancestors, and of birds from dinosaurlike reptiles.
     
    Of these only the horse sequence was represented by relatively complete string of species which could be considered as ancestors and descendants, but Huxley underscored each case as a relatively straightforward, stepwise process of change along a linear evolutionary pathway.   
     
    This is the scientific context in which the phrase "missing link" became popular, especially in reference to human evolution. 
     
    Darwin’s evolutionary theory predicted long strings of finely-graded species in the fossil record, and now that they knew what to look for paleontologists were beginning to find them. As was the case when the intellectual grip of the Great Chain remained firm, what existed in the shadowy place between monkey and human was of extreme interest. Were our ancestors really like the apes kept in the zoological gardens, or were they more of a "pre-sapiens" type—like us but rougher around the edges? 
     
    The Neandertals, first discovered in Germany right around the time that evolutionary debate was ramping up in the 1860’s, were too close to us to fill that space. No one could agree whether they were a distinct species, a throwback, or pathological individuals of our own species. Instead the first fossil to be widely heralded as a missing link was "Java Man"—known to us today as Homo erectus—discovered by the Dutch physician Eugene Dubois in Indonesia. There was debate about this fossil just as there was about the Neandertals, but it was the first fossil with the right mix of "human" and "ape" characteristics to fit snugly in a straight-line progression of human evolution from primitive, brutish ancestors to modern humanity.   
     
    Stripped of its theological underpinnings, the image of minutely-graded, linear evolutionary transitions proliferated. There is perhaps no more direct way to illustrate macroevolutionary change than to lay out a series of transitional forms which document the change from the archaic into the modern. This kind of imagery is quick, easy, and powerful, but it also obscures the grander patterns of the fossil record which paleontologists have recognized for well over a century. 
     
    Die "kwessies" is dus vervaardigde kwessies, die houvas van sekere idees op die kreasionis wat weereens nie aan die algemene publiek beskikbaar is nie en wat deur die kreasionis gebruik word om verwarring te skep. 
     
    Sonder enige poging natuurlik dat die kreasionis in eerlikeheid die kwessies sal ondersoek en in die veld van biologie sal funksioneer met geldige vraagstukke. 
     
    Hierdie is maar nog steeds slegs 'n poging om Genesis 'n kans te gee. 
     
    Die kreasionis stel nie belang in werklike biologiese vraagstukke nie en die leser wat De Klerk lees en glo dat die kwansuis sou doen word sonder enige twyfel bedrieg. 
  • Hello Stephan, 

     
    Ek hoop dit is aanvaarbaar vir jou dat die detail geplaas is soos ek gedoen het en het jou verwysing daarna my herinner aan die opstel waaraan dit vir my heel goed beskryf was. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Met darwiniste is dit veral so dat papier geduldig is - jy plaas 'n ellelange stuk deurpriem van aansprake en veral een trek die aandag: "Stripped of its theological underpinnings, the image of minutely-graded, linear evolutionary transitions proliferated. There is perhaps no more direct way to illustrate macroevolutionary change than to lay out a series of transitional forms which document the change from the archaic into the modern." –

    Proliferated.

    Behoort dus baie maklik vir jou te wees om die werklikheid by die hipotese te sit - doen dit - sodat jy jou aansprake gestand kan doen. Want soos ons dit het, is jy ’n grootprater, ’n kekkelaar wat stellings maak omdat jy kan papegaai, nie omdat jy verstaan wát jy papegaai, nie.

    Hier is so bietjie agtergrond waarteen jy jou onhaalbare stellings maak:

    “There is a long list of defunct ‘ape-men’. Neanderthal man heads the list. Evolutionists* hailed remains found in 1856 as man’s ancestor, but now it is admitted that the supposedly stooped posture was due to disease, and Neanderthal is really just a variant of the human kind. Of course we must remember the most infamous: the Piltdown man fraud. Evolutionists used Piltdown man to ‘educate’ students about the ‘fact’ of human evolution for 40 years before the deceit was finally exposed. Other obsolete ‘ape-men’ include Ramapithecus, Sivapithecus, various species of Australopithecus, and others, which have now been abandoned. The publicity given the claims made by palaeontologists about these fossils coerced many ordinary people to accept human evolution as a fact. The media greet the new ‘discoveries’ with great fanfare, but the demise of the old ones tends to be ignored, leaving laymen with the impression that human evolution is a fact. ”

    En dan, natuurlik, jou nimlike Java Man:

    “Eugene Dubois, a Dutch physician inspired by the infamous Haeckel and his imaginary ‘speechless ape-man’, Pithecanthropus alalus (see Creation, March 1996, p.34), went to Java in 1887 determined to find the ‘missing link’. Java Man resulted. ‘Java Man’ derived from a few teeth, a skull cap and a leg bone found in Indonesia in 1891 and 1892. The leg bone was found 14 metres (45 feet) from the skull cap, but the two were linked together to make the ’missing link’. The leg bone looks like an ordinary human one, although the skull cap differs from the average human type. Because of the similarities to ordinary humans, Pithecanthropus erectus (‘upright ape-man’), as palaeontologists once knew him, is now Homo erectus (’upright human’). Homo erectus fossils have now been found in the same strata as average human type fossils, so they appear to be just a variant of the human kind, not an ancestor.”

    Dus, ’n hele aapmens gefabriseer in die berugte darwinistiese fabel fabriek van die bokant van ’n skedel (geen kante, geen voorkant, geen agterkant, geen kake…) en drie-vier  verweerde tande (maar geen kakebeen om te bewys dit behoort tot die stukkie skedel nie) en ’n enkele been wat 14 meter vêrder gevind, is en siedaar! Java Man – die oorgang tussen mens en aap! Vars uit die darwinistiese fabel fabriek! En dan blyk dit dat twee tande die van 'n orangoetang is en een die van 'n mens...


    Ons hou die spasie hier, dop.

    Kobus de Klerk

  • Kobus sê: "In 1973, South African geologist T.C. Partridge presented evidence that the Taung skull could not be more than 750,000 years old."

     Ek dink jy vertel nie die waarheid hier nie. Kan jy enige verwysing gee waar T.C. Partidge dit sê? (Behalwe kreasionistiese verwysings waar beweer word dat Partridge dit te sê het?) Ek dink julle vertel weereens nie die waarheid hieroor nie.

    ".. For Australopithecus africanus to evolve into humans in this short evolutionary time period was out of the question."

     Wie het ooit gesê dat Australopethicus africanus in mense geëvoleer het?

    " Creationist Marvin Lubenow states,  ‘The fact that sapiens-like fossils have appeared in the fossil record before australopithecines … reveals that the australopithecines had nothing to do with human origins.” - Lubenow, M.L., Bones of Contention, Baker Books, Michigan, USA, p. 301, 2004."

    O, is dit nou so? Die fisiese bewysstukke toon dat  Australopithecus africanus geleef het van 3.03 tot 2.04 miljoen jaar terug, terwyl Australopithecus afarensis geleef het van 3.9 tot 2.9 miljoen jaar terug. Let wel, hul leeftye oorvleuel ook.

     Ek dink jy vertel weereens nie die waarheid nie.

    Kleinkoos

  • Dankie Kleinkoos ek het nie hierdie gesien nie en is jou antwoorde baie goed. 

     
    Die bron vir De Klerk is weereens een of ander kreasionis tydskrif:  (see Creation, March 1996, p.34)

     
    Hoe kan dit ernstig opgeneem word?
     
    Die gesprek is glad nie ernstig nie, maar die korreksies is van kardinale belang. 
  • Uit my kopie van The Origins of Our Species, Charles Stringer: 

     
    In akkoord met Kleinkoos: 
     
    We now know, of course that the australopithecines represented a long and important phase of human evoulution that lasted for over 2  million years and which is recognized at sites stretching from Chad to many more in South Africa. 
     
    Piltdown is nog elke keer ignoreer deur myself, aangesien selfs 'n leek weet dit was 'n bedrogspul. 
     
    Is die skimp dat elke fossiel wat gevind word 'n bedrogspul is. 
     
    Definitief nie, maar 'n gelowige sonder insig sal vir daardie lyn van argument val. 
     
    Java et al is ek bewus van en die gesprekke wat rondom dit bestaan en so ook Neanderthal. Hierdie bewys nie dat die evolusie tot en met vandag nie plaasgevind het nie en die diversiteit wat dit vandag verteenwoordig. 
  • Kobus de Klerk

    “For Australopithecus africanus to evolve into humans in this short evolutionary time period was out of the question Wie het ooit gesê dat Australopethicus africanus in mense geëvoleer het?”

    Jy aan die woord, Kleinkoos! Jy is een van die koddigste, insiglose mense wat hier deelneem. Wat makeer jou? Dart het beweer dit is ’n oorgangsfossiel in die ketting van hominied na mens. Dit is natuurlik nie so nie, Australopethicus africanus is bloot net ’n aap fossiel.

    Kobus de Klerk  

  • Kobus de Klerk

    Wouter, jou aanmerking hierbo "Is die skimp dat elke fossiel wat gevind word 'n bedrogspul is", is so sprekend insigloos.

    Wie het enige plek beweer dat die fossiel, as sulks, 'n bedrogspul, is? Fossiele is nooit bedrieglik nie, want hulle kan net oor hulself getuig. Maar waar die bedrogspul inkom, is waar die darwinis met sy vooropgestelde agenda en dwingende hipotese namens die fossiel oor ditself begin praat - dit is waar die bedrogspul inkom. Sommige darwinste lieg oor, en misbruik, te dikwels fossiele om betroubaar te wees.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top