Die kwessie van die ontstaan van lewe is nou maar net eens te belangrik en invloedryk om te ignoreer.
Wat Leon Retief en kie, wat algar vir ons verwys na ‘n swetterjoel publikasies onder hul sielsgenote se eie hand oor die onderwerp, nie wil erken nie, is dat daar baie oor geskrywe is op tegniese sowel as filosofiese vlak, maar dat dit alles in sirkels gaan - dieselfde ding word oor en oor op verskillende maniere gesê en vasgelê met verskillende toetse maar geen vordering word met die bewys van die eintlike darwinistiese evolusieteorie gemaak nie. Nou moet mens seker maar aanvaar dat, vir die agnostikus, kwantiteit van herhaling die knoop deurhaak, in stede van kwaliteit van vordering in die talle publikasies, waaraan daar ‘n nypende gebrek is. Tewens, hoe meer mens daaroor lees, hoe meer besef mens hoe ver hulle stelselmatig verwyderd raak van Darwin se oorspronklike teorie, met die beskikbaarwording van nuwe tegniese inligting.
Hulle maak ook dikwels gewag van gelowige wetenskaplikes wat kwansuis die evolusieteorie ondersteun, maar wat eintlik die geval is, is dat die gelowige wetenskaplikes glad nie die darwinistiese evolusie model ondersteun nie, maar die intra spesifieke evolusie, of aanpassings veranderinge, erken en toeskryf aan Goddelike ontwerp – dat God daardie proses gebruik om mee te skep.
Kortliks - dit is soos Jan Rap sê en dit is al baie gesê - om ons te wys op intra spesifieke aanpassings veranderinge wat plaasvind, is glad nie om darwinistiese tipe evolusie te bewys nie.
Intra spesifieke evolusie dui eerder op sorgvuldige ontwerp van die DNS om voortbestaan vir ‘n tyd lank te verseker – en virale ontwikkeling is ‘n sprekende mikro voorbeeld, terwyl daar massas voorbeelde is op makro-gebied.
As die darwinistiese evolusioniste reg was, sou die evolusionêre proses, wat volgens hulle nou al vir onmeetlik lang tye aan die gang is, al verseker het dat geen oerspesie uitsterf nie. Maar ons sien dat dit nie so is nie. Ons sien eerder die ontstaan van alles soos ons dit ken, as ooreenstemmend met die mens se bestaan is en soos daar in die Woord geskrywe staan, om die mens te dien. Daar is dus ‘n doel vir dit wat bestaan wat met die bestaan van die mens saamval, nes die Woord sê en is dit geen wonder dat die meeste oerdiere - soos die groot dinosourusse - nie meer bestaan nie, maar plotseling uitgewis is, juis om plek te maak vir die nuwe bestel wat met die mens harmonieer. Dié wat oorgebly het, is alleenlik dié wat in die nuwe skepping van Genesis, kan inpas.
As die basiese darwinistiese evolusionêre kenteorie - oorlewing van die sterkste – waar sou wees, sou die mens net eenvoudig geen kans op oorlewing staan in die natuur nie. Daarvoor is hy te stadig, lomp en swak en ook nie ander diere wat nie fisies met die grotes kan kompeteer nie. Maar die mens is juis geskape nadat al daardie ekologies- en sosiaal ‘onvriendelike’ diere uitgewis is en die diere wat ons ken is só geskape dat hulle deur die mens oorheers kan word en die mens is met die intelligensie en ander psigiese fakulteite geskep is om die natuurlike skepping te gebruik en te beheers, nes dit in die Woord staan (Genesis 1:28) en sedertdien is dit presies wat die mens doen, hoewel hy dié outoriteit weens afvalligheid dikwels misbruik. Was di t nie daarvoor nie, sou die mens eenvoudig nie fisies in die natuur kon oorleef nie.
Die darwinistiese evolusionis kon ook nog nooit bewys gelewer word vir die hoogs spekulatiewe en hipotetiese teorie omtrent die sogenaamde lukrake dog gerigte ontstaan en ontwikkel in DNS-verband nie - kyk maar byvoorbeeld na Dawkins se blinde horlosiemaker poging om te besef net hoe ver die bewerings van die darwinistiese tipe evolusionis van bewys af is en hoe volledig dit op onbewysbare hipotese en teorieë moet staatmaak om hoegenaamd plek te behou.
Geen, maar geen bewys hoegenaamd, kan ook gegee word vir die ontstaan van alle lewe op aarde uit 'n enkele oer-organisme nie. Teorieë en spekulasie en hipotese is daar egter oorhoops talryk en die Retiefs van hierdie teorie noem dit wetenskap.
Dit is wat ons in die natuur sien en dit is wat ons in die Woord sien - en die natuur getuig van die Woord en die Woord getuig van die natuur – ons sien dit met ons eie oë (behalwe die blindes, wat só is omdat hulle nie wil sien nie).
Behalwe vir die massa probleme met die darwiniste se vertolking van natuurlike verskynsels soos die fossielrekord en die biologies mikro prosesse, bied die darwinisme boonop ook geen verduideliking vir die nie-fisiese ontwikkeling van lewe, soos van mens en dier, nie ...
Die darwinistiese evolusionis is ook nie in staat, na eeue se navorsing, om te verklaar en bewys te lewer aan die hand van sy teorie, wanneer en veral hóé, bloed – daardie absoluut primêre bestanddeel waarvan lewe afhanklik is en wat in die Woord met die siel verbind word, in sy verskillende komponente ontstaan het, nie – bloed is nog een van daardie sonderlinge bestanddele wat volledig in sy samestelling moet wees om funksioneel te kan wees, want dit reinig, vervoer suurstof en voedingstowwe terselfdertyd vir die liggaamselle.
Die ander achilleshiel vir die darwiniste, is die kwessie van die ontwikkeling van die onsigbare, nie-tasbare fakulteite soos psige, emosie en intelligensie en bewussyn.
Kom ons kyk na Brianvds se poging om Wouter, wat so graag 'n lansie vir die darwinistiese evolusieleer wil breek, te bemoedig. Daardie poging van hom is presies die tipe uitlatings wat wys hoe verdwaald die darwinistiese evolusionis is. Lees dit gerus in die kommentare deel waar die kwessie deur my in 'n kommentaar aangeraak is.
Wat verstaan ons onder die term en begrippe ‘psige’, ‘emosie’, ‘intelligensie’ en ‘bewussyn’? Volgens die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal beteken dit die volgende
psi´ge (-s)
1 Menslike siel as stelsel van die bewussyn: Die psige van die moordenaar, die digter, die medikus, die teoloog. 2 Binneste, innerlike (diepste) gemoedsaard: Ons eie psige. [G. psuche asem, lewe, siel]
e•mo´sie (-s)
Gemoedstoestand soos vreugde, smart, vrees, woede; ontroering, sterk gevoel: Jou emosies beheer. Emosie toon. [L. e + movere beweeg]
in•tel•li•gen´sie
1 Vermoë om tot insig te kom, te begryp; verstandelike vermoë; skranderheid; relatiewe vlugheid van insig en begrip: Hoë, middelmatige, lae intelligensie hê. 2 (neol.) Bedrywigheid van kennis (heimlik) inwin; ook, die persone wat hierby betrokke is. intelligensie: ~diens, ~meting, ~peil.
be•wus´syn
1 Besef, kennis van jou eie handelinge; besit van verstandelike vermoëns; vermoë om te weet dat jy kan dink en voel: Die sieke was by sy volle bewussyn. Jou bewussyn verloor. 2 Al die idees, gevoelens, gedagtes van ’n persoon: So iets kon nie in die bewussyn van ’n beskaafde mens opkom nie. 3 Besef: In die bewussyn van sy meerderheid, het hy almal om hom verag. Ek wil so iets nie doen nie, in die bewussyn dat dit ander kan skaad.
Veral met intelligensie en intelligente bewussyn, het die tipiese darwinis 'n onmeetlike probleem om te oorkom. Op watter manier sal hy uit sy evolusieteorie kan bewys, of selfs net 'n gangbare teorie kan ontwikkel, om die ontstaan daarvan te bewys, in die lig daarvan dat hy daarop aandring dat die hele evolusionêre proses juis 'n intelligensielose, lukrake proses oor die verloop van tyd onmeetlik is? Hoe en waar het intelligensie dan ontstaan? Alles wat ons ken en van weet, selfs uit die fossiel rekord, dui op die teenwoordigheid van een of ander graad van intelligensie. Selfs die seespons vertoon die mees elementêre vorm van intelligensie, deurdat dit verwerend reageer op aanraking.
Daar is vir die darwiniste maar absoluut géén manier om (veral) die ontstaan en ontwikkeling van intelligensie te bewys nie, terwyl die ontstaan en ontwikkeling daarvan op heel logiese wyse, in die Woord bekend gemaak word.
Die desperasie van die situasie vir hulle, word verduidelik deur Brianvds se poging om aan te dui dat irrelevante fisiese hoedanighede, soos die bewering dat ‘breine’ 'n mate van fossielgetuienis nalaat in die vorm van skedels; die breine van die mens se sogenaamde ‘naaste lewende verwante’; die studie van die gene wat breine ontwikkel, weereens met verwysing na ons sogenaamde ‘naaste lewende verwante’; die fossilering van ‘gedragspatrone’ in die vorm van werktuie, kunswerke, kampvure hóégenaamd 'n antwoord kan verskaf op die vraag.
En dan die verstommende aanmerking van hom dat juis wanneer dit kom by heeltemal onsigbare en onwaarneembare dinge soos die menslike siel, die wetenskap heeltemal niks daaroor te sê het nie, want, sê hy, daar is niks om waar te neem of mee te ‘eksperimenteer’ nie.
Die vraag wat Brianvds probeer antwoord het, was hoe die darwinistiese evolusieleer die menslike psige, bewussyn, emosionele sal ondersoek ... Ons moet, volgens hom, aanvaar dat dinge soos die skedelholtes waar breine eens was en die gefossileerde oorskot van braaivleisvure en implemente en die breine van ape soos sjimpansees en orangoetangs vir ons moet vertel van die siel, binneste gemoedsaard, gemoedstoestand, vreugde, smart, vrees, woede; ontroering, sterk gevoelens, insig, begrip, verstandelike vermoë, individuele skranderheid, relatiewe vlugheid van insig en begrip, vermoë om te weet dat jy kan dink en voel en jou daarvolgens in te rig, die idees, gevoelens, gedagtes van ’n persoon ens, vir ons sal aandui presies sal aandui hoe dit ontstaan en ontwikkel het. En boonop, wil hy dit hê, moet ons, ons na ons sogenaamde ‘naaste lewende verwante’ - natuurlik volgens hulle die orangoetang, sjimpansee, ens – se breine gaan kyk om te sien hoe ons in al daardie hoedanighede, is?! G’n wonder hy dink soos een van hulle, nie ...
Die darwinistiese evolusionis is dus bereid om sy hele bestaan in te gooi agter 'n onbewysbare teorie wat, na eeue se intensiewe gekarring, nog steeds géén verklaring kan bied vir die hoedanighede wat driekwart van die alledaagse menslike bestaan uitmaak, nie – die ontasbare en onsienbare hoedanighede wat juis mens van dier en plant onderskei het van die begin af, ongeag hoeveel fisiese ooreenkomste daar tussen mens en dier bestaan, nie – welke ooreenkomste bloot verklaar word omdat hulle voeding en habitat en organiese onstaansmaterie (waaruit hulle fisiese bestaan en uit geskape is) deel - wat nog te sê, bewysbare verklarings.
En hulle is ewe bereid om die Woord, Wie vir ons 'n klinkklare verklaring vir die ontstaan en ontwikkeling van die volledige mens bied, gewoon te verwerp. Dan ook nog die absolute arrogansie om ander wetenskappe eenvoudig af te maak asof dit niks is nie en net sý weergawe van natuurwetenskap, wetenskap is.
Hierdie tipe grype na dun en reeds geknakte strooihalms is die soort van ding waarmee die darwinistiese evolusionis bereid is om hom as ‘lewenswaarheid’ mee besig te hou en as werklikheid – soos Wouter elders sê, wat hy wel weet (hy wéét dit?), is dat evolusie werklik is - sy lewe sal slyt, maar slegs in die onverkwiklike, uiters eng wêreld wat hy vir hom as agnostikus geskep het omdat hy die werklik van God en skepping verwerp, 'n gemene faktor by bykans algar wat die darwinistiese evolusieleer aanhang.
Daar is dus, ten spyte van die obsessie oor die darwinistiese evolusieteorie, en die eeue waardeur die obsessie bestudeer en ontwikkel word, absoluut geen bewys vir die evolusionêre ontwikkeling van die onsigbare, die nie-fisieke, nie. Wilde spekulasie in die kamp van die darwinistiese evolusioniste daaroor, is daar egter heelwat. Daar is ook, na eeue se intensiewe studie, geen hoop dat dit ooit sal ontluik nie. Tóg is dit húlle ‘waarheid’. Wat doen dié mense aan die wetenskap?
Bestaan daar enige wetenskaplike gronde om die beplanning en skepping van alle lewe deur God gewoon af te skiet? As die agnostiese evolusionis dan so staat maak op allerlei hipotese en teorieë en dit na wetenskap verhef, waarom nie ook die skepping as rede vir die ontstaan van alles nie? Tewens, daar is veel meer getuienis in die fossielrekord en wetenskaplike navorsing juis vir die feit dat hierdie ingewikkelde, uiters komplekse en ordelike sisteem beplan en geskep is.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Beste Kobus,
Kobus,
Klink hierdie bekend?.....soos volg:
Daar is ‘n wetenskaplik georienteerde teorie ontwikkel wat, indien ‘n paar aannames gemaak sou word (wat natuurlik, op hul beurt, elk op hul eie hipotese gebasseer is), heel waarskynlik as ‘n bewysbare raaiskoot geag sal kan word onder naastenby perfekte labartorium toestande, met vooraf ooreengekome relatiewe moontlike akkurate bepaalde toets metodes, wat, weer op hul beurt, gebasseer én onderwerp is aan ander streng wetenskaplike teorieë en hipotese wat, onder andere, moontlik sal kan bepaal wat elke spesifieke toetsmetode se waarskynlike resultate behoort te wees (dit nou volgens die jare-lange ontwikkeling van ‘n wetenskaplike teoretiese en hipotetiese model wat die mootlikheid voorstel van die waarskynlike korrektheid van verskeie teorieë en hipotese wat die moontlike bewysbaarheid van ander teorieë en hipotese, waarop die genoemde toets-metodes berus, onder streng en spesifieke aannames, sal kan toets…) ... is jy nog met my
Dít (die bo-genoemde), indien sommige vooraf bepaalde en moontlike uitgeredeneerde aannames aanvaar sou word, waarvan die bewyse vir die sodanige aannames, sterk ondersteun word deur verskeie ander aangepaste teorieë en hipotese wat sodanig as moontlike bewyse sou kon dien en oor die algemeen aanvaar sou kon word bloot omdat die bewyse daarvoor berus op ander baie sterk wetenskaplike ondersteunde teorieë en hipotese wat, op hul beurt, wel nog nie bewys is (of kan word nie), maar ook nog nie on-bewys is nie én dan ook daarom geredelik as waarskynlike, moontlike en naastenbye toets metodiek aanvaar sal kan word én waarvan dié resultate (indien enige) moontlik sal kan lei tot nuwe teorieë en hipotese, wat op hul beurt heel waarskynlik sal kan lei tot moontlike nuwe toetsmetodes om die onbeduidende hoeveelheid van steeds onbewysde (alhoewel baie sterk herhaalde) teorieë en hipotese se waarkynlikhied heel moontlik te kan bewys óf darem net sal kan toets ...
Dít álles, indien die hipotese waarop die aanvanklike aannames berus, ter ondersteuning van die oorspronklike teorie, deur teoretiese en hipotetiese wetenskaplike toetse onderwerp word wat moontlik sal kan bewys dat die waarskynlikheid dalk kan bestaan dat die oorspronlike hipotetiese denkrigting heel waarskynlik deur die waarskynlikheid van sekere wetenskaplike aannames, as heel moontlik sou bewys kon word, indien die teorieë en hipotese wat die spesifieke wetenskaplike aannames ondersteun, se waarskynlike korrektheid deur die bo-genoemde moontlike ontstaan van nuwe toets metodiek, wel sou kon plaasvind en moontlik verder ontwikkel kan word indien die waarskynlikheid dat die bo-genoemde teorieë en hipotese geredelik aanvaarbaar geag kan word, dit ook net slegs indien die aannames, ter ondersteuning van die teorieë en hipotese se toets resultate aanvaar sou word…….en so voorts en dies meer..…en dit alles natuurlik geselekteer!
Jy het tereg opgemerk dat die evolusie manne en vroue blykbaar deur die herhaling van eentonige en onbewysde teorieë en hipotese, ter ondersteuning van verskeie aannames, wat uiteindelik die teorieë en hipotese van die evolusie-leer ondersteun, oortuiging vir hul “geloof” daarin gevind het.
Ek is seker jy is voorbereid vir die magdom skrywes (indien enige?) vanaf ons evolusie vriende … goed of sleg georienteerd ... sterkte daarmee!
Terloops, het jy Brianvds se vernuftige systappie uit die fossiel-probleem, ter bewys van die darwinistiese evolusie-leer, gesien in een van sy vorige skrywes? Alhoewel hy dit so vining en ongesiens wou laat verbyglip, was dit tog te kostelik om raak te lees.
Groete en Sterkte
Dolf
Angus,
Jy kan werklik nie een van die stellings wat jy maak in jou kort kommentaar hierbo, bewys nie. Jy suig dit gewoon uit jou duim. Die enigste rede waarom die darwinistiese evolusie model gebruik word , is omdat dit al is wat beskikbaar is, maar dit is stelselmatig besig om te verander weens die teenstand wat dit van binne ervaar. Prof Sanford was een so 'n belangrike wegbreker - en daar is vele soos hy, maar hulle ontbreek die moed omdat hulle agterna uitgejou word en in akademiese kringe deur die Dawkinsse gekasty word.
Natuurlik probeer wetenskaplikes die darwinistiese evolusieteorie bewys - dit is dan hoofsaaklik teorieë wat nog bewys moet word!
Dit is soos Jan Rap sê en ander voor hom ook al gesê het - julle kom met die vae beweringe en aantygings soos jy nou maar weereens doen, maar om ons na die feitelike materiaal te verwys wat julle wilde teorieë werklik bewys, gebeur gewoon nie. Omdat julle nie kan nie.
Ek, soos jy al teen hierdie tyd behoort te weet, is nie 'n jong aarde kreasionis of enige ander - is nie, maar daardie wetenskaplikes en mense gee die darwinistiese evolusieteorie deeglik pak. In daardie verband is hulle werk van kosbare belang. Hulle het die moed in akademiese kringe, om die darwinistiese evolusie teorie oop te vlek vir die leuen wat dit in die wese en kern daarvan, is.
Kyk, kom met die feite vorendag - daarmee kan en wil geen mens stry nie. Maar waarmee ons wel stry, is julle interpretasie van die feite en die fabelagtige teorieë wat julle daaromheen bou.
Dus, so 'n reaksie van jou is werklik steeds so niksseggend soos altyd. As jy feite tot jou beskikking het, stel hulle aan ons bekend ten opsigte van die aspekte wat ek hierbo in die artikel weergee het.
Terloops, soos al telkens aangedui, is dit baie maklik om die Woord wetenskaplik as korrek en waar uit te wys en behoef dit geen verdere bewys nie - nie net natuurwetenskaplik vir die bietjie wat in die Woord daaroor voorkom nie, maar ook ten aansien van alle ander wetenskaplike dissiplines wat in die Woord betrokke is.
Kobus de Klerk
De Klerk raak die volgende oor die evolusieteorie kwyt: “As die darwinistiese evolusioniste reg was, sou die evolusionêre proses, wat volgens hulle nou al vir onmeetlik lang tye aan die gang is, al verseker het dat geen oerspesie uitsterf nie” en: “As die basiese darwinistiese evolusionêre kenteorie - oorlewing van die sterkste – waar sou wees, sou die mens net eenvoudig geen kans op oorlewing staan in die natuur nie.” En “Nou moet mens seker maar aanvaar dat, vir die agnostikus, kwantiteit van herhaling die knoop deurhaak, in stede van kwaliteit van vordering in die talle publikasies, waaraan daar ‘n nypende gebrek is” Enough said, soos die Engelse sê. Mens kan nie ‘n sinvolle gesprek voer met iemand wat sulke verbysterende onkunde openbaar nie. Koebaai.
Hallo Dolf,
Ja-nee, dit is maar die metodiek van die evolusioniste, soos jy dit ook uitwys - sirkels en rondomtalie en onbewese gebruik as bewys vir ander onbewese ... ens. En so kom hulle ewe bedroë by hulle religie, die darwinisme, uit.
Goed en wel, as hulle dan hulself die onguns wil doen om sulke snert te wil glo. Maar om dit dan boonop as bona fide wetenskap te wil voorhou en letterlik daarop aandring om dit op ander af te forseer, is mos glad nie gangbaar of aanvaarbaar, nie.
Dit is moontlik dat ek Brianvds se systappie oor die fossielrekord tussen al sy ander systappe deur gemis het - ek sal bly wees as jy vir my daarna sal verwys, as jy nog die skakel het, want jy is reg, dit is kostelik om dit gade te slaan.
Groete,
Kobus de Klerk
Beste Angus, en dan is daar nog die kosmologie; om net 'n enkele ander vorm van logika te noem wat diegene soos "Dolf" en Kobus de Klerk wat die Bybel as die Woord (Jesus Christus) verafgod, totaal onthuts te laat. Ekstremistiese en fundamentalistiese gelowiges, is gewis net so erg soos fundamentalistiese en ekstremistiese gebreinspoelde ongelowiges! Teïstiese groete, Cornelius Henn
Hierdie brief van Kobus bevat soveel waarhede dat dit die moeite werd is om weer deur te lees en jou eie te maak. Spesifiek die gedeelte oor: "En dan die verstommende aanmerking van hom dat juis wanneer dit kom by heeltemal onsigbare en onwaarneembare dinge soos die menslike siel, die wetenskap heeltemal niks daaroor te sê het nie, want, sê hy, daar is niks om waar te neem of mee te ‘eksperimenteer’ nie."
As die mens nie eens die funksies van die siel (tweede dimensie) soos deur God geskape kan 'bewys' wat dan nog van die gees (derde dimensie) van die mens. Die mees eerbaarste! Sjoe - Hoe opgewonde is ek nou. Hoe groot is ons God.
Dankie vir jou kennis Kobus. As ek al hierdie skrywes en kommentare oor fisiese en sienlike dinge lees, dan weet ek, die mens bly arm in sy intellek. Selfs God se gedagtes is hoër as die mens se kognitiewe.
Kobus,
Ek verbeel my Brianvds se systappie was of in Jan Rap se “daar is die wat glo” of “Darwin vir Perdebytjie” – ek het ongelukkig nie meer die skakels nie – jy behoort dit onder die Segnet Argief te kry.
Angus se kommentaar is altyd vir my amusant – in díe sin dat hy werlik niks sê nie, maar tog in ‘n beperkte mate self-oortuigend probeer voorkom. Tipies van iemand wat van die Waarheid afgedwaal het en nou vreeslik water-trap om by sy nuutgevonde evolusie geloof by te hou, maar die bedrieglikheid daarvan miskyk, bloot omdat hy dit eintlik glad nie verstaan nie … en tog aanhou om die dwaasheid daarvan prysenswaardig te vind … maar dan, het hy werklik ‘n ander keuse?
Cornelius,
Ek lees jou skrywe en wat vir my interessant daarvan is, is die gedeelte waar jy sê “bla,bla,bla…” en ook “bla,bla,bla..” en dan natuurlik waar jy kwytraak “bla,bla,bla,…”
Soos gewoonlik, dankie vir jou bydrae.
Sterkte
Dolf
Kobus,
Ek verbeel my Brianvds se systappie was of in Jan Rap se “daar is die wat glo” of “Darwin vir Perdebytjie” – ek het ongelukkig nie meer die skakels nie – jy behoort dit onder die Segnet Argief te kry.
Angus se kommentaar is altyd vir my amusant – in díe sin dat hy werlik niks sê nie, maar tog in ‘n beperkte mate self-oortuigend probeer voorkom. Tipies van iemand wat van die Waarheid afgedwaal het en nou vreeslik water-trap om by sy nuutgevonde evolusie geloof by te hou, maar die bedrieglikheid daarvan miskyk, bloot omdat hy dit eintlik glad nie verstaan nie … en tog aanhou om die dwaasheid daarvan prysenswaardig te vind … maar dan, het hy werklik ‘n ander keuse?
Cornelius,
Ek lees jou skrywe en wat vir my interessant daarvan is, is die gedeelte waar jy sê “bla,bla,bla…” en ook “bla,bla,bla..” en dan natuurlik waar jy kwytraak “bla,bla,bla,…”
Soos gewoonlik, dankie vir jou bydrae.
Sterkte
Dolf
Beste Kobus,
Leon Retief:
Ek het al baie gewonder, maar nou weet ek: Kobus de Klerk en sy volgelinge funksioneer definitief in 'n intellektuele lugleegte. Finish en klaar.
Brianvds,
Jy (julle) hou aan om Kobus te skeer onder die “hy verstaan nie” kam, maar die probleem is dat jy (julle) nie veel van ‘n idee het van die teorieë wat jy (julle) verdedig nie. Al jou evolusie-sikofante deel in dieselfde idees, wat ondersteun word deur die talle skakels wat jy (en ander) plaas ter ondersteuning juis van die teorieë wat jy nie verstaan nie. Die skakels is niks anders as wetenskaplike raaiskote oor waarskynlikhede dat dit of dat moontlik kon geëvolueer het al dan nie. Jy sien, toe die aanvanklike steunpilaar van die darwinistiese-evolusie model, die ontdekking van fossiele en hul sogenaamde oorgangsvorme, na dekades nog nie bewys kon word nie en eintlik maar as ‘n klomp snert uitgewys is, word die fokus toe weggeskuif van fossiele, ens en die skynbare oorspronklike belangrikheid daarvan afgewater. En só word daar gespring van die een teorie na die ander ter ondersteuning van die voriges ...
Dit is baie eenvoudig: Indien iemand vra: hoe het spraak skynbaar geëvolueer? Dan skryf jy of een van jou sikofante dit wat julle gelees en/of ge-“Google” het oor wat die sogenaamde pro-evolusie wetenskaplikes daaroor vermoed en waarskynlik dink dat dit wat hulle vermoed moontlik waar kan wees as die teorieë en hipotese wat hul vermoedens ondersteun, as wetenskaplike bewyse aanvaar kan word – dít, alhoewel onbewys, aanvaarbaar bloot omdat dié teorieë en hipotese gebasseer is op die mees waarskynlikste moontlikhede wanneer die gedurige-aangepaste evolusiemodel daaroor geraadpleeg word – dít moet eenvoudig aan die lewe gehou word. Dieselfde geld vir enige ander vraag oor die evolusie-illusie. As ek sou vra hoe het die oog skynbaar geëvolueer, of blare, of bloed, ens, ens, ens – dan sal daar menige skrywes kom wat die waarskynlikste (wetenskaplik geraaide) moontlikhede uiteensit en/of verwysing na talle wetenskaplike skrywes wat juis die waarskynlikste moontlikheid ondersteun volgens die onbewysde teorieë en hipotese van die evolusie-illusie-model – dit kan nie anders nie, dit moet net.
Dit is definitief ‘n sinlose mors van tyd om met jou en jou sikofante te debatteer. Julle aanvaar wetenskaplike teorieë en hipotese as voldoende “bewyse” vir die evolusie-illusie, alhoewel onbewys en slegs gebasseer op die mees waarskynlikste moontlikhede van dít wat dieselfde wetenskaplikes vermoed. Neem vir Angus as voorbeeld. Hy jubel omdat hy dink hy het Kobus verkeerd bewys met dr Stanford, maar vra homself nie die vraag af hoekom ‘n eens pro-evolusionis uiteindelik 'n kreasionis geword het nie, maar skynbaar weet Angus, die rusbank evolusie-aanhanger, beter. Hy soek ook bewyse vir Adam en Eva. Hy kan maar voor sy eie spieël gaan staan en kyk en as hy nog nie oortuig is nie, die strate invaar ...
Laastens is dit vreeslik amusant hoe jy, veral, beweer dat opgevoede mense skynbaar weet en ware christene skynbaar nie weet nie … en ook dat “meeste opgevoede christene beskou nie evolusie as 'n bedreiging vir hul geloof nie” en dit dan opvolg met twee skakels ter ondersteuning. Jy sien, jy is onder die indruk (wel dit blyk duidelik uit jou skrywes daaroor) dat christene se geloof skynbaar iets soos die ondersteuning van ‘n rugby span is, of ‘n gewoonte soos rook is, of ‘n oefening is wat elke dag afge-“tick” word en dat dit nie werlik saakmaak nie … só asof jy wil beweer dat christene kan aangaan in die beoefening van hul geloof, hul moet net die gedeelte oor die skepping verwerp en dan ook ander gedeeltes wat die evolusieleer nie meer saamstem nie … maar ja-ja, verder kan hulle gerus nog kerk toe gaan, Bybel lees (natuurlik net nie die gedeeltes wat die evolusieleer-illusie nie meer saamstem nie) en bid tot God (Wie dan ook, volgens die evolusieleer-illusie, afgewater word en nie as Skepper herken word nie), maar … ja-ja … nog steeds gedien kan word … uit eie keuse uit natuurlik … want dalk voel hulle beter … en hulle hoef glad ook nie bang te wees nie, nê!? ... en dan praat jy van nie verstaan nie ...
Jy (en jou sikofante) het GEEN begrip van die Waarheid, Almag en Wysheid van God die Vader en Skepper nie. Jy baseer jou armsalige evolusie-geloof op die waarskynlike en onbewysde teorieë en hipotese van sogenaamde wyse wetenskaplikes (wat ook God nie ken nie) en verkeer onder die indruk dat jou verlangse nefies en niggies skynbaar nog in bome rondswaai omdat hulle tot nou toe nog nie so vining natuurlik geselekteer het om tot op menslike ontwikkelingsvlak (veral intelligensie) te evolueer oor dieselfde tydperk van miljoene-der-miljoene jare nie ...
Terloops, evolusie hou werklik GEEN gevaar in vir ware geloof in die Enigste Evangelie van Jesus Christus nie. Dit het nog nooit en sal ook nooit nie. Ek en elke gelowige wat God ken, leef GEENSINS in enige VREES nie. Jy sien, my redenasie is nie ter verdediging van God (Hy is Almagtig, Hy regeer en het GEEN verdediging nodig nie) of my geloof in Hom nie, nee-nee, dit is ter uitwysing van die dwaasheid om evolusie te verafgod en as bewys van die oorsprong van lewe voor te hou. Die enigste ware bewysde wetenskaplike uitvindings dui net op die Wonderlike Wysheid en Almag van God in die uitleg van Sy skepping ... en dit is dit.
Sterkte
Dolf
Hahaha "Dolf", verklaar asseblief tog net jou betekenis aan die GROOT en nuwe woord in jou arsenaaltjie - "sikofant"... hahahaha!!!
Beste Dolf,
Angus,
Is jy kwaad? Dit is werklik onnodig. Ek erken jou, as evolusie-aanhanger, regtig nie as ‘n kenner of outoriteit op die gebied nie - maar ek is seker daar is ander gebiede waarin jy werklik uitblink en hoog geag word. Die feit dat jy sodanig dr Sanford ontmoet het maak jou geensins ‘n kenner op die gebied van evolusie nie (ook nie die feit dat jy sy boek/e gelees het nie - of is jy besig met uiterste ingewikkelde navorsing oor evolusie? of lees jy maar soos enige ander net evolusie boeke om meer kennis oor verdere onbewysde teoriee en hipotese te kry en so nou en dan te reis?). Ek bedoel, indien ek het die voorreg gehad om Victor Matfield persoonlik te ontmoet en ‘n gesprek met hom te hê, en so ook vir Pierre Spies, en daarby verskeie boeke oor rugby gelees het, maak dit my nou ‘n outoriteit op en kenner van Springbok Rugby? ... of in werklikheid net tot op rusbank en/of braaivleisvuur vlak? (ek weet hulle was/is eers Bulle en toe Bokke, maar kom ons maak die Bulle almal Bokke). En vir die Stormer ondersteuner s…’ n toebroodjie maak nie ‘n piekniek nie … en die Bulle is nog in die stryd! ... Maar ek dwaal af …
Jy sien, jy kan nie sover kom om jouself die vraag af te vra hoekom iemand van dr Sanford se kaliber (met jou skrywe is dit duidelik dat jy sy werk hoog ag) en ware kenner van die evolusieteorie, bekeer het en sy rug juis op die evolusie-illusie-snert gedraai het, na jare se navorsingswerk en blootstelling daaraan, nie? Jou powere poging van "kensgeit" haal nie die paal nie ... maar hou maar vas aan daai droom.
Terloops, watter gedeelte van hoe jy bewys kry vir Adam en Eva, verstaan jy nie? – kan jy jouself nie in die spieël sien nie? Voel dan maar, my ou maat, as dit dan nie anders kan nie.
Cornelius,
Jong, maar jy het darem goeie kwinkslae – ek was veral verras met jou opmerking van “bla, bla, bla…” wat jy ewe flink opgevolg het met “bla, bla, bla…” – uitstekend man! Dankie weereens vir jou belangstelling.
Sterkte
Dolf
Dolf:
Angus:
Aan Brian: ag ja jong, ek is al gewoond aan hierdie verskynsel: mense wat nog nooit enige tegniese publikasie in 'n vakjoernaal gelees het nie maar wat nou dink dat hulle die vakgebied beter verstaan as diegene wat wel al vir baie jare baie goed vertroud is met die vakliteratuur - mense wat nie 'n gaschromatograaf sal herken nie al kom klop een aan hul voordeur en nie die verskil sal ken tussen die skelette van twee verskillende hominiede nie. Dit is eweneens ooglopend dat kennis oor die jongste navorsing in neurobiologie ook nie juis oorvloedig in daardie kamp is nie. Ek versamel al verskeie jare die skryfsels van kreasioniste en ek moet werklik sê dat dit wat ek hier op LitNet gevind het beslis die prettigste is wat ek nog teengekom het - ek was al by vergaderings waar ek hiervan voorgelees het tot groot vermaak van die aanwesiges.
Siestog "Dolf",... tsk,tsk,tsk,... en wie moet nou gepla wees oor jou, of enige ander sogenaamde "ware gelowige", se erkenning"?...
Hello Dolf,
Brianvds,
Dit verbaas my altyd dat wanneer mense (kom ons noem hulle EIV's - "evolusie-illusie-vrinne") hulself ag as outoriteite en dus, kenners, oor ‘n onderwerp wat hulle voorhou as hul vakgebied – nie omdat hulle aktief daaroor wetenskaplike navorsing doen (alhoewel die onderwerp nie wetenskap is nie) en/of direk daarin/mee werksaam is nie (primêre en sekondêre biologie/wetenskap onderwys kwalifiseer ook nie) - maar bloot gebasseer op die feit dat hulle belese is oor die onderwerp en die teorieë en hipotese wat as bewyse voorgehou word, sondermeer as die waarheid aanvaar. Verder is dit kenmerkend van diesulkes (EIV's) dat hul hulself nie kan indink dat ander, wat nie hul opinies deel, hul kennis van die spesifieke onderwerp hoog ag en/of nie saamstem met dít wat hulle as “feite” en “bewyse” aanvaar juis as onderstening vir hul “geloof” in die spesifieke onderwerp, nie – ook op dieselfde (indien nie hoër) vlak belese is oor die spesifieke onderwerp en selfs, by tye, direk met werklike kenners op die gebied kommunikeer nie.
Ook is dit opvallend dat hulle (EIV's) hulself ook nie kan indink dat daar ander mense is wat minstens op dieselfde vlak van intelligensie (of selfs hoër) is en wat daarby op dieselfde (of dikwels baie hoër) vlak van tersiêre opleiding is, wat juis nie met hul saamstem nie en in elk geval wel opgevoede mense is wat op baie hoër vlakke van die samelewing werksaam is en waarvan die blootstelling aan, en interaksie met, ander mense van dieselfde (of selfs hoër) tersiêre opleidingsvlak daagliks plaasvind en die spesifieke onderwerp soms onder bespreking kom onder hoogs gekwalifiseerde en wel belese (oor juis die onderwerp onder bespreking) mense ... wat ook nie daarmee saamstem nie - omdat onbewysde toeriee, hipotese en aannames ter ondersteuning van die waarskynlikhede, moontlikhede, ens...net eenvoudig nie die mas opkom nie ... jy sien, pleinweg, dink hulle verder as wat hul neuse lank is en word nie beindruk (of dan oortuig) deur die gebruik van hoë wetenskaplike woorde en frases nie ...
Dit is verder verbasend dat diesulkes (EIV's) dan ook dikwels uitgesproke is oor hoe, op watter vlak (volgens hulle nou) oor die onderwerp geredeneer behoort te word en dan natuurlik wat hulle dan ag as kennis, redenasievermoeë en of daar verder oor die onderwerp (volgens hulle) geredeneer behoort te word al dan nie – dít dan gemeet aan hul selfopgelegde standaarde en sogenaamde kennisvlakke.
Indien daar dan volgens hulle (EIV's) se selfopgelegde kennis en outotriteit dan nie aan die self-daargestelde standaarde voldoen word deur hul opposisie nie, dan word die opposisie as kennisloos, insigloos, verstandloos, en dies meer, uitgekryt. Dié tipe gedrag kom dikwels voor by mense met ‘n lae selfbeeld en minderwaardigheids kompleks, wat hulself as intelligent voordoen maar nie teenstand duld nie, en as (en dit gebeur dikwels) hulle (EIV's) dan blootgestel en uitgewys word as eintlik diegene wat insigloos, ens. is, hulle (EIV's) dan ook dikwels terugval na ‘n laerskool onderwyser mentaliteit, só asof hulle met laerskool kinders te doen het wat hulself nie in die klas gedra nie,... sonder om tot die besef te kom dat diegene wat nie met hul saamstem nie, net dalk op ‘n hoër vlak van kennis oor die onderwerp is, hoër gekwalifiseerd is, geldige punte na vore bring (waarop daar geen antwoorde na vore kom nie) en dít wat die selfopgelegde “kenners” (EIV's) nog moet leer oor die spesifieke onderwerp, al spreekwoordelik vergeet het en met die minagting wat dit verdien, behandel …
Laastens is dit natuurlik verstommend dat diesulkes (EIV's) geen (of ‘n baie lae) idee en of kennis (self-erkend só) het van die Waarheid van God se Woord, maar tog on/bewustelik daarteen in opstand is ... én dan is dit juis hulle (EVI's) wat ander uitkryt as kennisloos, ens. Miskien wil hulle (EIV's) nie die Waarheid weet nie omdat hulle bewustelik ‘n keuse daarteen gemaak het …Die groot fout wat begaan word deur die EIV's is dat hulle onder die indruk verkeer dat ware christene bedreigd voel deur die spesifieke onderwerp, min wetende dat daar geen vrees is nie omdat die Goddelike Waarheid vêr verhewe bo enige aardse idee en/of redenasie is en glad nie naastenby gelyk daarteenoor gestel kan word nie - menslike wysheid is eenvoudig dwaasheid voor God. Die Almag, Wysheid en Liefde van God is vêr verhewe bo die menslike verstand en begrip. Dit is eers wanneer die mens in oorgawe en afhanklikheid van God in opregtheid en liefde in Christus leef dat hy die Grootheid en Waarheid van God begin besef.
Terloops, moet my nie verkeerd verstaan nie – ek het baie respek vir die onderwys en ek dink hulle doen wonderlike werk teen min betaling. Ek self het ‘n vriend wat eens ‘n onderwyser was en sy eie suksesvolle konstruksie besigheid begin het. Maar ongelukkig kry ‘n mens soms te doen met onderwysers (veral laerskool) wat hulself hoër ag (of op dieselfde vlak) as ander baie hoër gekwalifiseerde mense en dikwels (onbewustelik?) dan ook só optree, totdat hulle natuurlik op hul plek gesit word en met 'n spoed terugkom aarde toe.
Sterkte
Dolf
Uit die 19 kommentare dusver is 13 van agnostici en aanhangers van die darwinistiese evolusieleer.
Die klagte teen hulle is dat hulle nie eens hulle eie teorie se beginsels ken en verstaan nie en ook nie sinvolle antwoorde en bewys kan verskaf vir die probleme wat hulle voor die deur gelê word nie - sien ook Dolf se kommentare hier, wat weereens hierdie aspekte baie deeglik aanspreek.
Die reaksie van hulle, is soos ons verwag het en soos ons gesê het dit sal gebeur. By Dolf se kritiek daarop, ken ek weinig byvoeg en dit is maar net weer duidelik hoe hulle in sulke omstandighede wend na verdagmakery, beledigings en slegsêery (Wouter doen dit maar net op 'n 'mooier' manier en filosofeer, maar kom steeds nie by die feite uit nie) - maar geen bewyse en verduidelikings nie. Dit is natuurlik omdat hulle nie weet hoe om anders op te tree nie, want dit sou eenvoudig wees om dan gewoon maar net die bewyse en inligting te verskaf. Die konsekwente afwesigheid daarvan (Brianvds se beste poging is na die doolhof snert op die internet te wys en waar hy hom tot feite probeer wend het, het hy 'n spektakel van hulle gemaak). Dan is daar Angus wat daardie redelose vooroordeel baie mooi demonstreer in sy verwysing na prof Sanford (hy is ook kleinlik genoeg om Dolf uit te trap oor 'n spelfout in Sanford se naam), maar kom steeds nie by die feite uit, nie. Wat Angus nie besef nie, is dat hy die pampoen voorkom, omdat hy Sanford se werke besing, maar hom terselfdertyd probeer afmaak as 'n seniele ou man. Sanford se integriteit weerspreek hom egter.
Een van die duidelikste aanduidings dat hulle die grondbeginsels van hul eie sinnelose teorie nie ken nie, is dat hulle duidelik nie kan begryp wat ek weergee, wanneer ek sê dat, as die darwinistiese evolusioniste reg was, sou die evolusionêre proses, wat volgens hulle nou al vir onmeetlik lang tye aan die gang is, al verseker het dat geen oerspesie uitsterf nie en dat die mens nie sal oorleef in die proses nie - die mens is na alles die grootse kompeteerder, maar ook fisies bykans die swakste. Dit is net die onsienlike, die ontasbare, daardie dinge wat hulle nie met hulle evolusie kan verklaar en bewys nie - wat die mens in staat stel om te triomfeer op elke gebied in die sogenaamde oorlewingstryd..
Dit is tog gewoon 'n kwessie van logika - volgens hulle is die dryfveer van die evolusie soos hule dit sien, van tyd onberekenbaar gelede af al, juis 'n goed gefundeerde sisteem van oorlewing van die sterkste deur lukrake seleksie en mutasie - fisiese sterkste (want van die res weet hulle absoluut niks, soos ons sien). Maar nou sien ons in praktyk en werklikheid dat, volgens hulle standaarde, 'swakker' spesies diere en die fisies swakkere mens juis triomfeer en floreer ten koste van die ou groot evolusionêre of biologiese teenstanders - hulle selfs uitwis.
Die enigste redelike en aanvaarbare bekendstelling van die wyse waarop lewe tot stand gekom het, soos ons dit ken en hoe dit ontwikkel het, dus die fisiese en die ontasbare biosfeer, is in die Woord te vinde en die feite wat voortdurend aan die lig kom, ondersteun dit. Soos ek dikwels al weergee het - die Woord en natuur getuig van mekaar. Die opgetekende Woord gee die basiese kernbegrippe weer en die natuur getuig van die detail, nes die Woord sê dit sal wees (Romeine 1 19-20).
Die howe in Amerika se ongeveer 10 belangrikste uitsprake oor die jare heen, het niks werklik met die meriete van die kreasionistiese benadering nie, maar is telkens tegniese bevindinge op sterkte van hulle grondwet se sogenaamde 'establishment' klousule, wat enige religieuse onderrig verbied, omdat daardie wetenskaplike beginsels geloofsgeoriënteerd is. Dus, die darwiniste wat so jubel daaroor, mislei hulself en ander, want die uitsprake is nie op die meriete nie, maar gewoon die tegniese verbod op sterkte van 'n ondeurdagte grondwetlike beperking. Soos in die Dover saak, waar die hof bevind het dat kreasionisme en intelligente ontwerp nie te skei van die religieuse beginsels waarop dit berus nie en boonop het die skoolraad 'n beleid ten gunste van intelligente ontwerp aangeneem en is daarom 'n daarom 'n oortreding van die First Amendment van die grondwet se 'establishment' klousule wat gaan oor die skeiding tussen staat en kerk, wat dus soiets belet. Presies dieselfde met die Selman, Edwards, Webster, Peloza en Frelier - sake. In die Le Vake saak, is die onderwyser belet om kreasionisme en intelligente ontwerp te doseer omdat dit teen die skool se vasgestelde curriculum is, wat evolusionisme voorskryf - weereens niks met die meriete te make nie, maar tegniese gronde. Dus is die tegniese interpretasie van die 'establishment clause' die oorsaak van hofsake wat verloor word, en baie beslis nie die meriete van kreasionisme en intelligente ontwerp, nie.
Slegs in die McClean en Dover saak het die distrikshof se regters bevind dat kreasionisme en intelligente ontwerp nie wetenskap is nie, maar religie. MAAR wat die darwiniste ook nie uitwys wanneer hulle hul beroem op hierdie sake nie, is dat hulle eie getuies getuig het dat die evolusieleer nie op enige manier die bestaan van 'n Goddelike ('devine' noem hulle dit) Skepper ontken of daarmee strydig (conflicts) is nie - verstommend, maar so is die getuienis en dat die hof bevind het 'to be sure, Darwin's theory is imperfect ...and ... cannot render an explanation on every aspect '.
Dit maak Brianvds se opmerking lagwekkend irrelevant en dui maar net weer op die agnostikus se geneigdheid om dinge op die oppervlak te beskou en nie die diepte implikasies daarvan te verstaan nie - iets wat ons sien by hulle ontwikkeling en beoordeling van hul eie evolusie teorie.
Terloops, Wouter, mens leer nie net uit die Bybel nie - die ware gelowige leer by die Heilige Gees en die Woord tegelyk en die twee is onderskeibare Bronne van die Goddelike waarheid, welke ook universele Waarheid is. Julle verswelg boeke, maar het geen manier om dit te kontroleer nie, want die gees by julle word onderdruk by julle en dien julle nie. By ons as ware gelowiges sal die Heilige Gees ons lei in wat aanvaarbaar en versoenbaar met die Waarheid is, of nie Ons sien dit pragtig in aksie in Dolf se kosbare bydraes. Toemaar, ek besef jy sal nie kan begryp wat ek hiermee bedoel nie, hopelik eendag, maar dit is hoe dit werk. Daar is baie gelowiges wat nog nie tot by daardie stadium van geloof ontwikkel het nie, maar hulle sal daar kom want dit is 'n groeiproses.
Kobus de Klerk
Dolf:
Beste Brianvds,
Jy tik: Vraagstukke in die wetenskap word nie opgelos deur mense se IK te meet, of outoriteite aan te haal of deur debat nie. Hulle word opgelos deur getuienis.
Sekerlik die beste stukkie kommentaar wat ek in 'n baie lang tyd op die werf gelees het!
Dankie daarvoor...
Cornelius Henn
Wouter,
Ek is nie groot op komplimente ontvang nie … maar hopelik is ’n eenvoudige ‘dankie’ in orde ...
Ek is baie lief vir lees en ek moedig enigeen aan om te lees - dit dra by tot algemene en feitlike kennis. My seun is ook lief vir lees, maar as gevorderde tiener is die boeke wat hy lees (behalwe skool boeke) beperk tot fantasie (en nee, Angus, dit het niks met die Waarheid van die Bybel uit te waai nie) en speur verhale, dít buiten die rekenaar natuurlik... My dogter, aan die anderkant, se belangsteling op die stadium van die geveg (sy het pas – na my mening heeltemaal te gou – tiener status bereik) is eerder gefokus op musiek en dans, wat baie hoër op die agenda as lees is…sy aard seker na haar ma, vir wie ek baie lief is. Maar dit ter onbruikbare inligting.
Die punt wat ek wil maak (volgens my) is dat sonder boeke, die lewe regtig armer sou wees. Maar die vraag is: wát lees mense en is dít wat hul lees opbouend, vir plesier, vir ontspanning, vir skinder doeleindes, vir soeke na kennis, vir selfregverdiging van gemaakte keuses, of wat? én hoe word die inligting dan vertolk, gemeet aan die redes vir die lees daarvan?
Kom ek neem die lees van boeke, ens spesifiek in die soeke na kennis oor ’n onderwerp soos die teorie, hipotese en/of aannames oor die sogenaamde evolueering van die oog, as voorbeeld. Jy kan dit gerus ook “Google”. Daar gaan jy menigte teorieë, hipotese en aannames teëkom oor verskillende gerekende wetenskaplikes se menings oor hoe die oog waarkynlik (volgens hulle nou) moontlik kon ge-evolueer het, gemeet aan die evolusie model (wat natuurlik op sy beurt gebasseer is op ander onbewysde teorieë, hipotese en aannames, wat oor dekades aangepas is soos wat sekere teorieë, hipotese en aannames se bewysbaarheid gekwyn het of oorgesien is en daar nuut ondekte teorieë, hipotese en aannames as vervanging daargestel is/word - (basies maar die oues toeverf) – op hul beurt ook natuurlik meerendeels onbewys maar geredelik aanvaar deur gerekende wetenskaplikes as “bewys” maar ook, des nieteenstaande , in elk geval NIE aan die oorspronklike evolusieleer se teorie verander NIE) en hoe dit daarby sou kon inpas, indien die moontlikhede en/of vermoedens van die wetenskaplikes se ondersteunende teorieë, hipotese en aannames rondom die onderwerp as “bewyse” aanvaar word. Daarop volg dan die samestelling van die mees waarskynlikste moontlikhede wat op hul beurt sterk ondersteun word deur hoog geagte en berekende wetenskaplikes se aannames ten opsigte van die bewysbaarheid daarvan indien vroeëre aanvaarde teorieë en hipotese rondom die ontdekking van, onder andere, fossiele in ag geneem sou word. Alhoewel die fossiele wat wel ontdek is nie die teorie vir die evolusie van die oog ondersteun nie, maar die ondersteuning eerder deur die sogenaamde oorgangsvorme – voor en na - (wat, let wel, nooit ontdek is nie en ook nooit sal word nie - ala Brianvds – maar dit weet ons al lankal), gedoen word, en wat in elk geval dan ook mooi inpas in die evolusie model soos die wetenskaplikes vermoed hulle (die oorgangsvorme) sou lyk en dan ook sommer daar gestel is deur die einste gerekende wetenskaplikes as waarskynlik korrek. Gaan kyk ook gerus na die verskeie illustrasies ter ondersteuning.
Kom ek verduidelik. Gestel fossiel X word opgegrawe en het oog kaste (sover vasgestel kan word), dus word met redelikhied aanvaar dit het oë gehad. Die ouderdom van die fossiel word dan bepaal (deur metodes waarvan die akkuraatheid sterk betwyfel word – maar daaroor is daar menigte skrywes – dus los ek dit daar) en, kom ons sê, word op 120 miljoen jaar vasgestel. Omdat daar egter geen oorgangsvorme/fossiele, ter verdere ondersteuning, ondek is nie (soos beweer word wel skynbaar moes bestaan – ala Darwin - maar geen bewyse voor is nie) bepaal die wetenskaplikes dan deur veskeie onbewysde en aangepaste teorieë, hipotese en aannames (wat sterk deur die evolusie model ondersteun word) hoe die waarskynlike oorgangsvorme (voor en na Fossiel X), moontlik, daarna sou uitgesien het. Dié illustrasies word dan geskets met noue berekeninge (steeds onbewys – maar skynbaar wetenskaplik aanvaarbaar) en onder streng wetenskaplike toesig. Nadat dit dan gedoen is word die “wetenskaplike bevindinge” dan geplaas en word daar breedvoerig uitgebrei oor die “ontdekking” van die evolusie van die oog en veral gekonsentreer op die "wetenskaplik bewysde" teorieë, hipotese en aannames wat dit ondersteun en hoe die bewysbaarheid daarvan inpas by die evolusie model wat dit in elk geval eintlik bepaal het, én boo-op dit alles….my maggies… daar is selfs tekeninge by.…. En daar lees ons rusbank/braaivleisvuur evolusie entoesiaste dit…. en “whalla” die “waarheid” word gesluk met ’n kopie tee…of dikwels ietsie sterkers (want om evolusie as waarheid op te eet het ’n mens soms “skop” nodig)… en dan verder ook op forums soos hierdie voorgehou as voldoende bewys vir die evolusie van die oog en dies meer... Ek weet dit is vreeslik eenvoudig gestel, nietemin, is ek seker jy verstaan wat ek bedoel. Maar, soos die "ingelsman" sal sê: “But that’s just me.” – jy is welkom om my verkeerd te bewys.
Jy kan ál die inligting rondom die genoemde sogenaamde evolueering van die oog (en ander) lees en (soms moet jy werklik fyn lees – die woordspeling is soms uiters effektief geplaas) dat jy elke keer woorde (of kombinansies daarvan) soos: waarskynlik, as die aanname gemaak word, die moontlikheid bestaan, daar word vermoed, sou kon, indien die teorie aanvaar word, kan moontlik, as aanvaar word dat, ens. Soms kom hierdie woord/e heel aan die begin of aan die einde van die skrywes voor, soveel só dat die leser dikwels vasgevang word in die verduideliking van die teorie en/of hipotese en die mooi illustrasies, dat die bewysbaarheid daarvan hom/haar heeltemaal ontgaan en dan dit wat opgedis word, voetstoots as bewysde feite aanvaar. Daarmee sê ek nie dat die wetenskap reuse tree gee in die ontdekking van hoe die liggaam werk, ens. maak nie. Wat ek wel sê is dat die evolusie aanhanger geneig is om elke brokkie inligting, soos verskaf deur die sogenaamde evolusie “wetenskap”, gulsig te verslind as die waarheid, sonder dat hulle in ag neem dat die oorspronklike teorie van die evolusieleer nog NOOIT bewys is nie – en dus is die menigte teorieë en hipotese wat oor dekades daaruit voortgespruit het en nog tot vandag daarop leun, eintlik nog altyd van die begin af, gedoem as snert. Ek vind die werklike wetenskap interessant (maar sê weer, die evolusieleer is nie wetenskap nie, net ’n onbewysde teorie wat verafgod word en waaraan allle regte wetenskap verkeerdelik gekoppel word) en glo dit of nie, die bewysde feite wat daar wel mee vorendag gekom word, is juis nie ter ondersteuning van die evolusie-illusie nie, maar veel eerder ter ondersteuning van God se Almag en Wysheid in die uitleg van Sy skepping (my persoonlike opinie). Kyk, ek weet julle wil dit nie hoor nie en daarom dat feitlik elke liewe wetenskaplike uitvinding deur die evolusie aanhangers aan die evolusieleer model gekoppel word, eerder as om erkenning te gee aan die Wyshied en Almag van God, aan Wie die eer daarvoor werklik behoort omdat geen bewysde wetenskaplike feit enigsins die Woord (Bybel) weerspreek of God wegbewys nie, inteendeel ... maar dan, kan hulle werklik anders?
Ek wil afsluit deur te sê dat elke individu sekere keuses maak wat dikwels sy of haar uitkyk op die lewe beinvloed en soms met ’n mate van vooroordeel gepaard gaan teenoor enigiets wat daarmee/teen bots of die selfregverdigings vlak daarvan bedreig. Weer wil ek egter daarop wys dat ware geloof geensins vergelykbaar met enigiets in dier-voege is nie en dat die Almag, Wysheid, Liefde en Genade van God en die uitleg van Sy skepping vêr bokant menslike begrip en verstand is. Ons weet eenvoudig nie alles nie (alhoewel baie mense op hul eie intelek en logika aandring – hul besef nie dat menslike wysheid eenvoudig dwaasheid voor God is nie), maar indien ’n mens dan ’n opregte verhouding met God het en in Christus leef, dan word God se Hand in die wêreld en in die natuur om ons, meer en meer sigbaar en besef ons iets van Sy Grootheid…..en die werklike wetenskap ondersteun hierdie feit.
Sterkte
Dolf
Hello,
Hello,
Beste Kobus,
Brianvds,
Ag ou Brian, jy oordeel die hoeveelheid kennis wat jy opgebou het teenoor die kennis wat ek skynbaar nie het nie (volgens jou aanname) op dit wat jy glo jy gelees het en jy dink ek nie. Jy is vining om dan ook jouself te glo dat die raaiskoot wat jy gemaak om jou aanname te vorm, deur jouself waarskynlik moontlik bewys is – bloot gebasseer op dit wat jy as feite en bewyse sluk ter ondersteuning vir jou evolusie geloof (dit is nie wetenskap nie) en daarby in oortuiging leef dat ek dit skynbaar nie gelees het en/of nie verstaan nie – bloot omdat ek en Kobus nie met jou saamstem nie ...
Moet ook nie vergeet dat jy dan ook op jou eie (of tesame met jou ewe onkundige sogenaamde evolusie kenner sikofante) dié oordeel vel (as selfaangestelde kenners, blykbaar) van dit wat jy/julle (eintlik in jul onkunde) as waar en onwaar, belees en onbelees, sien…. Jy vergeet vir gemaklikheids doeleindes ook vining dat elke werklike bewysde wetenskaplike feit geensins God wegbewys nie (dit sal ook nooit nie), inteendeel…..dus is die evolusie-snert wat jy wel aanhang onder die evolusie-illusie–geloofs vaandel slegs die onbewysde teorieë, hipoteses en aannames gemaak deur jou wetenskaplikes om die bevindinge mooi te laat inpas by die evolusieleer model wat tot op datum nog nooit bewys is nie – nie eens naastenby nie. Dit is ook interessant hoe jy (julle) dikwels uitgewysde, onbewysde, sogenaamde "voorheen aanvaarde wetenskaplike” teorieë en hipotese “toeverf” met nuut gevonde teorieë en hipotese ter ondersteuning van jul evolusie-geloof (veral opmerklik met die fossiele/oorgangsvorme kwessie)….. maar nou ja, dan is jou(julle) verwysings raamwerk juis gebasseer op allerlei teorieë, hipoteses, aannames en menigte raaiskote (wat maar eintlik hipoteses is), soveel só, dat dit seker nie anders kan nie….julle weet eenvoudig nie van beter nie.
Ek moet ook noem dat jy (sonder om te dink) opmerk dat ek blykbaar “ten minste tien keer so intelligent” soos jy is, en ook dat "dit maak geen verskil nie". Nou kom ek wys jou gou op een van jou ander kwinkslae in een van jou skrywes hierbo, waar jy verklaar: “Jy en Kobus laat my dink aan een van my eie leerlinge by die laerskool waar ek werk. Die kind kom uit 'n ietwat beperkte agtergrond en het nie geweet die aarde is rond nie. Hy was dus heel skepties toe hy dit in die klas leer, en hou aan vra hoe dit moontlik is dat, as die aarde dan regtig rond is, die mense aan die onderkant nie afval nie.” Nou ja, ek dink dit is redelik veilig om die aanname dan te maak dat die kind stadiger van begrip is teenoor jou skynbare vinnige begrip van dinge (ek bedoel hy hou “aan met vra” nadat hy dit “geleer” het)– kom ons aanvaar verder dus, jou begrip (verstaan, intelligensie, ens.) is dus minstens 10 keer meer as syne – of te wel, jy is dus, ten minste, 10 keer meer intelligent as hy (ek bedoel jy is mos die onderwyser, of hoe?). Dus verstaan (begryp) jy dinge wat jy lees 10 keer vinniger as die kind. Nou indien hierdie aanvanklike aanname van jou, en nou ook my, (jy behoort dit te verstaan want teorieë, hipoteses en aannames is mos jou kos – dit nou evolusionisties gesproke) aanvaar word, is ek dus weer 10 keer slimmer as jy, my begrip is 10 keer meer (vinniger) as joune en, intelligensie gesproke, is ek jou, ten minste, 10 keer voor. Daarom as ek dan iets lees (kom ons sê evolusie snert oor die oog, blaar, ens.) is my begrip daarvan 10 keer meer as joune, my verstaan van die onderwerp 10 keer voor joune en my intelligente oordeel of ek dít wat ek lees as bewysde wetenskaplike feite aanvaar óf as onbewysde teorieë, hipotese en aannames verwerp, 10 keer meer superieur as joune…..nou, sê dit nie iets vir jou nie? – ek hoop jy begryp/verstaan/"klick" (lees dit 10 keer deur).
Terloops, is jy in die kultus van Voedoo vasgevang, siende dat jy so behep is met strooipoppe?
Sterkte
Dolf
Dolf,
Die kwessie is duidelik – hierdie mense is meesters met pogings om die aandag van die werklike issues te probeer afwend, soos ons telkens sien en nou weer by Brianvds en hulle metode is knaend om mens persoonlik te probeer diskrediteer – hy vertel vir jou hoe belese hy is en onbelese ek en jy ens., is en hoe hy homself op hoogte gebring het van sy saak – terwyl hy net dan eenvoudig die bewyse kon verskaf as dit bestaan het.
Nou ontken hy dat die dinge wat ons omtrent die darwinisme aan hulle deur lê, nie deel daarvan is nie, maar hy gee nie vir ons die ‘korrekte’ posisie nie. Dit is natuurlik die mees opsigtelike systap poging.
Dus, ons sê dat dit kernbeginsels is van die darwinisme dat alle lewe in die verskeidenheid daarvan oor verloop van ontsaglike lang tydperke uit een (anorganiese) organisme (repliseerder) ontstaan het; dat dit ’n proses is waaruit alle ontwikkeling ontstaan uit ’n intelligensielose lukrake, ewekansige proses van seleksie en mutasie; wat gerig is op die oorlewing van die sterkste (hetsy organisme of dier); dat variasie ontstaan het uit daardie proses; dat daar nie soiets is soos onverminderbare kompleksiteit (irreducible complexity) nie; dat een soort geëvolueer het in ’n ander soort en dat dit is hoe verskeie soorte ontstaan het en dat hulle afdoende bewyse het vir daarvoor - hoewel die regter in die Dover saak, so onlangs as 2005 (as ek reg onthou), hoegenaamd nie hiermee saamstem nie - nadat hy talle van hulle deskundiges in detail aangehoor het en het tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n ‘imperfect’ teorie vol gate is maar darem steeds wetenskap).
Probleem vir hulle is, as hulle moet erken dat hulle na al die eeue nog steeds nie bewyse vir hulle stellings (wat hulle tot teorieë verhef het) het nie, sal hulle moet toegee dat dit 'n klug is - soos prof Sanford gedoen het. Nou noem Angus hom lasterlik seniel daaroor - sulke openlike kwaadwilligheid kan mens seker nie verbaas nie. Maar daarom probeer hulle vloedgolf na vloedgolf persoonlike verdagmakery, omdat hulle geen feite het om voor te lê nie.
Nou, in stede daarvan om vir ons te sê watter van dié beginsels nié deel van die evolusieteorie vorm nie en dan die ‘korrekte’ posisie kortliks aan te dui, sal hy ons eerder verdag probeer maak, terwyl as hy werklik gedink het dit is nonsens, eenvoudig net die korrekte posisie kon weergee, met die behoorlike bronverwysings (syne is die internet... !) en skakels op internet na dié bronne – na alles, hy het dit tog seker op die punte van sy vingers, want hy sê so en behoort dit dus sommer sonder moeite te voorsien. Maar, nee. Eerder verdagmakery en vae wilde bewerings. Hulle doen dit almal maar nie een verskaf die antwoorde nie.Kyk na Wouter se laaste poging ter demonstrasie - praat van herhaling van dieselfde ding op verskillende maniere.
Die enigste billike afleiding is dat hulle nie sulke bewyse en materiaal het en verstaan nie en nie antwoorde vir die kritiek het nie.
Dan kom Brianvds en sê dat feite, nie intelligensie nie, alles bewys... terwyl juis die feite, hulle achilleshiel is omdat hulle dit nie (wil) begryp nie.
Wys jou maar net, as mens nie oor Godgegewe intelligensie - daardie wonderlike geskenk van Spirituele Intelligensie - beskik (of gebruik) nie, het daardie mens ook nie die masjinerie in pag om die feite korrek te verstaan en te interpreteer nie.
Groete,
Kobus de Klerk
Meer omtrent Kobus de Klerk se verwysing na "Godgegewe intelligensie - daardie wonderlike geskenk van Spirituele Intelligensie", kan onder meer, hier gelees word:
http://en.wikipedia.org/wiki/Spiritual_intelligence
http://spiritualintelligence.com/
Spirituele Intelligensie; enersyds so New Age en New Thought as wat kan kom - andersyds diep gewortel en geanker in kapitalistiese ideologieë...
Hoe op aarde regverdig Kobus de Klerk, as verafgoder van die Bybel as die Woord (Jesus Christus), sy dwepery daarmee?
Cornelius Henn
Sjoe! Julle klomp verkrampte Kreasies kan darem vir jou kak praat.
Dolf: Dit sal my glad nie verbaas as my graad vier-leerling ook tien keer so intelligent as ek is nie. Intelligensie is nie die kwessie hier nie, maar kennis.
Hello Dolf,