Darwin vir Perdebytjie

  • 18

Dag Perdebytjie.

Ek vra om verskoning dat ek jou ‘n “bitch” genoem het. Dit was onnodig en onvanpas. Sorry.

Ek beskou jou egter steeds as ‘n skerptong-gytjie, want dis hoe ek jou op hierdie werf leer ken het. Dit daar gelaat. Hopelik. Ek wil graag die Darwin-ding dan volwasse en rasioneel bekyk. Ek bekyk dit dan nie in teenstryd of as ‘n alternatief tot geloof in G_d nie, maar suiwer as ‘n teorie op sy eie.

Ek verwerp die teorie as onbewysbaar en wel oor die vlg redes. Ironies is my verwerping daarvan om dat ek met Darwin saamstem. Let wel ek stem met een van sy vrae saam, ek stem hoegenaamd nie saam met die beweging/s wat sy teorie as absolute feite voordis nie. Daar is ‘n verskil. Hul agenda is nie wetenskaplik nie.

Op bl 158 van On the origin of species gepubliseer deur die Pennsylvania State University, kopiereg 2001 vra Darwin die vlg: ”Firstly, why, if species have descended from other species by insensibly fine gradations, do we not everywhere see innumerable transitional forms? Why is not all nature in confusion instead of the species being, as we see them, well defined?” Darwin het ‘n teorie voorgelê en ook gestel wat nodig is om die teorie te bewys. Hy het ook die probleme om dit te bewys uitgespel, soos hierbo.

Ek weet nie of dit op dieselfde bladsy in jou kopie is nie. Tot op datum, na baie dekades se naarstigtelike gesoek na sulke bewyse, is sovêr ek weet nog nie een enkele bewys gevind nie. Nie een nie. Daar is menige fossiele op uitstalling op baie plekke, ek self het in Namibia Dinosaur voetspore gesien asook ander, klein fossiele in ontblote geologiese lae. Dit is bewyse van oer-lewensvorme, nie bewyse van oorgangsfases nie.

Sonder enige bewys van oorgangsfases, stem ek met Darwin saam, die teorie is onbewysbaar.

Jy verwys na die Museum of Natural History en jy is reg, ek het nie geld om gou daarna te gaan kyk nie. Watter dinge in die museum is van spesifieke belang sodat jy dit noem?  Die Piltdown-man? Die Meinertzhagen-voëls?

As ons dan objektief en rasioneel kyk na stellings gemaak, is ek onder die indruk dat ek nou goeie redes verskaf het vir my verwerping van die teorie. Onder dieselfde kriteria, as jy my verkeerd wil bewys, rus die onus nou op jou om bewyse van oorgangsfases voor te lê.

Met vriendelike groete.

Duitswester

  • 18

Kommentaar

  • Beste Duitswester

    Jou verskoning word aanvaar, maar hoekom is daar nog steeds 'n stekie by? Hier bedoel ek nou dat ek volgens jou 'n skerptong geitjie is. Vreemd tog dat vrouens altyd uitgesonder word vir sulke aanmerkings, veral as ons dit waag om opinies te hê. Dis egter 'n debat vir 'n ander keer.
     
    My studie van evolusie is nog in die beginfase en ek is werklik bly dat ons nou op 'n ordentlike manier daaroor kan debatteer. Ek moet eerlik erken dat dit 'n baie moeilike studieveld is en dat daar vir my nog baie vrae is. Eerstens is ek nie 'n paleontoloog nie en dit sê alreeds dat daar 'n groot gaping in my kennis is. Niks verhoed my egter om met bewondering te lees en op TV te sien wat hierdie mense alles al uitgevind het nie.
     
    Verder is ek ook nie 'n bioloog nie en moet ek staatmaak op wetenskaplikes se kennis en bevindings op hierdie terrein. Dit verg baie leeswerk en ek werk al lank daaraan. Die punt wat ek wil maak, is dat mens nooit moet ophou om dinge te bevraagteken nie en oopkop moet bly.
     
    Om jou vraag te antwoord oor Darwin se eie vraag oor die oorgangsspesies is die antwoord eenvoudig. In sy tyd het paleontoloë net gekyk na Asië en Europa en plekke soos Afrika was nog glad nie ontgin nie. Latere opgrawings in Afrika, veral Suidelike Afrika het baie opgelewer tov die evolusie van die mens. Dis kennis, wat jy in enige boek oor paleontologiese ontdekkings in Afrika sal raaklees. Spasie laat nie toe om hier daarop in te gaan nie. 'n Besoek aan die Wieg van die Mensdom museum, naby die Sterkfonteingrotte, is ook 'n goeie leerskool en gee mens 'n baie goeie idee van evolusie van die mens.
     
    Ek gaan later meer volledig antwoord op jou vrae tov die voorbeelde in die museum in Londen en ook oor die oorgangsspesies of die sg "missing links". Ek is juis besig om daaroor te lees en dis maar ingewikkelde, tydrowende leesstof.
     
    Tot later dan.
     
    Groete
     
    Perdebytjie
  • Perdebytjie: Wat nogal opvallend is, is dat Darwin voorspel het dat oorgangsvorme gevind sou word, en mens boonop aan die hand van sy teorie kon voorspel hoe hierdie vorme sou lyk (en ook hoe hulle beslis NIE sou lyk nie). Die teorie is dus toetsbaar.

     
    Nou ja, skaars was die ink op die eerste opgawe van "Origin" droog of hulle ontdek Archaeopteryx. Lyk nogal soos 'n oorgangsvorm vir my, maar as mens eers besluit het daar is nie so ding nie, sal NIKS vir jou soos 'n oorgangsvorm lyk nie.
     
    Die hele ding met oorgangsvorme en vermiste skakels is natuurlik 'n subtiele kroekspul, want hoe meer oorgangsvorme ontdek word, hoe meer vermiste skakels is daar. Gestel ons het spesies A en E, en tussen hulle is daar 'n gaping. Kreasioniste wys nou na daardie gaping en vra "Waar is die oorgangsvorme?" Ons ontdek spesie C, wat netjies tussen A en E val. Maar nou is daar TWEE gapings, naamlik tussen A en C, en tussen C en E, so nou raak die kreasioniste selfs meer triomfantlik. Daar is geen manier om die stryd te wen nie.
     
    Intussen het mens nie oorgangsvorme nodig om evolusie te illustreer nie; as ons nie toegang tot soveel as 'n enkele fossiel gehad het nie, sou ons nog steeds uit bestaande lewe kon aflei dat evolusie plaasgevind het. Die fossielrekord dien nie soseer as noodsaaklike getuienis vir evolusie nie, as dat dit dien as 'n toets daarvoor, omdat ons model van evolusie duidelike voorspellings maak oor waar watter tipe fossiele gevind kan word, en wat beslis nie gevind sal word nie.
     
    In ieder geval, vir diegene wat in oorgangsvorme belangstel, hier is verdere inligting:
     
     
     
     
  • Brianvds

    Wat jy hierbo noem is presies wat gebeur en is ammunisie vir die kreasioniste se gewere .Ek het iets interessants gelees, wat dalk hierdie ding van oorgangsvorme meer verstaanbaar maak. Hoe weet mens wanneer is 'n tiener volwasse? Sou hy die dag voordat hy mondig word, nog anders lyk as die dag waarop hy mondig word?

    Om dan nou in die fossielrekord presies op elke oorgang af te kom, is 'n saak van onmoontlikheid en voorspelbaarheid is die manier waarop tot gevolgtrekkings gekom moet word.

    Dankie vir die skakels. Ek dink dit verskaf leesstof vir Duitswester en beantwoord die vraag oor wat mens in die Museum of Natural History pragtig uitgestal sien.

    Duitswester,

    Ek sal in elk geval later iets skryf oor die oorgangsvorme.

  • Enige suksesvolle teorie moet toetsbare voorspellings kan maak en dit is inderdaad ook die geval met die evolusieteorie.

    ‘n Goeie voorbeeld is die oorgang tussen reptiele en soogdiere. Soogdiere is uniek onder werweldiere omdat hulle behalwe die stapes (wat algemeen by gewerweldes wat op land leef voorkom) ’n verdere twee gehoorbeentjies besit, nl die malleus en inkus. Osteologies kan hierdie beentjies nie van enige van die ander skedelbene afgelei word nie.

    Reichert was ‘n Duitse anatoom wat met behulp van ‘n uitgebreide reeks histologiese seriesnitte bewys het dat die malleus en inkus derivate is van die quadratum en artikulare wat by reptiele die kaakartikulasie vorm. Die verder uitgebreide Reichert-Gaup-teorie verduidelik hoe die gehoorbeentjies deur die loop van evolusie ontwikkel het. Die evolusieteorie het dus die volgende voorspelling gemaak: as bg anatomiese waarnemings korrek is, behoort daar fossiele gevind word wat die oorgange aandui. Sulke fossiele is inderdaad dan ook gevind. Ek wil beklemtoon dat die voorspelling gemaak is voor die fossiele gevind is.   Voorts: as bg korrek is, dan behoort die oorgange tydsgebonde te wees en behoort spesifieke fossiele op spesifieke hoogtes in die stratigrafiese opeenvolging gekry word. Hierdie voorspelling is dan ook inderdaad korrek.   Voorts: omdat ‘n dier nie kan ophou eet terwyl een kaakartikulasie geleidelik deur ‘n ander vervang word nie behoort daar fossiele te wees wat beide die soogdier- en reptielkaakartikulasie vertoon. Hierdie voorspelling is gemaak, is korrek en mens kan sulke fossiele in die Karoo vind.  

    Lees oa Kardong KV 2002 Vertebrates : Comparative Anatomy, Function, Evolution. New York, McGraw Hill.  

    Terwyl ons dan nou by die onderwerp van oorgangsfossiele is en aangesien ons vertel word dat daar geen oorgangsfossiele is nie, kom ons kyk kortliks na walvisse. ‘n Hele versameling oorgangsfossiele bestaan wat die verandering van landdiere tot walvisse demonstreer. Die konsensus is dat walvisse en dolfyne ontstaan het uit landdiere wat bene (“legs”) gehad het. Mens kan daaroor lees in  Domning DP 2001 Nature 413, 625-627 Gingerich P. Wells NA, Russell DE en Shah SMI 1983 Science 220, 403-406 Gingerich P, Smith BH en Simons EL 1990 Science 249, 154-157 Gingerich P, Raza SM, Arif M, Anwar M en Zhou X 1994 Nature 368, 844-847 Gingerich P, Haq Mu, Zalmout IS, Khan IH en Malkani MS 2002 Science 293, 2239-2242  Bajpai S en Gingerich P 1998 Proc Nat Acad Sci USA 95, 15464-15468 Thewissen JG, Williams EM, Roe LJ en Hussain ST 2001 Nature 413 277-281   En hierdie lys sluit nie eers meer resente ontdekkings in nie, dis net ‘n basiese beginnerslys.  

    Soos die evolusieteorie voorspel toon die oorgangsvorm die gestadigde verlies van bene en die ontstaan van die eienskappe wat ons vandag ken en dit vir hierdie diere moontlik maak om in die see te leef. Die evolusieteorie het die betrokke voorspellings gemaak lank voordat die fossiele gevind is.   Dit moet beklemtoon word dat die evolusieteorie spesifieke voorspellings maak omtrent die a kenmerke van fossiele – daar kan byvoorbeeld nie ‘n gedierte bestan wat half soogdiere en half voël is nie. Indien so ‘n fossiel gevind word sal dit hoogs onverenigbaar wees met gemeenskaplike afstamming.   Oorgangsvorms moet natuurlik in die regte chronologiese volgorde voorkom. Die standaard filogenetiese stamboom voorspel dan ook die relatiewe chronologiese volgorde, bv. die gemeenskaplike reptiel-soogdier voorouer moet ouer wees as die gemeenskaplike reptiel-voël voorouer. Aangesien ons hier met die fossielrekord te doen het is daar vanselfsprekend ‘n mate van speling betrokke en natuurlik ook in baie gevalle ‘n mindere of meerdere mate van onvolledigheid. Mens kan bv. verwys na die selekant, wat vandag steeds leef, alhoewel die jongste fossiel daarvan 80 miljoen jaar oud is.   Desnieteenstaande is daar ‘n magdom bewyse in die fossielrekord wat die evolusieteorie ondersteun en niks wat dit weerspreek nie.

    Darwin sou verheug gewees het as hy die toedrag van sake kon waarneem, aangesien daar met die publikasie van Origin nog maar weinig paleontologiese navorsing uitgevoer is. Die beduidende positiewe korrelasie tussen filogenie en stratigrafie word beskryf in o.a.    Benton MJ 1998 Molecular Genetics and Evolution 9, 398-407 Benton MJ en Hitchin R 1996 Historical Biol 12 111-157 Clyde WC en Fisher DC 1997 Paleobiology 23, 1-19 Huelsenbeck JP, 1994 Paleobiology 20, 470-483, om net enkeles te noem.

    Ek wil graag een spesifieke voorbeeld noem : Norell MA en Novacek MJ 1992 Cladistics 8, 319-337 het 24 verskillende taksa vertebrate ondersoek. Vir elke takson is die filogenetiese posisie van die bekende fossiele vergelyk met die stratigrafiese voorkoms van die betrokke fossiele. ‘n Positiewe korrelasie is gevind vir al 24 taksa en 18 van hierdie korrelasies was statisties beduidend. Dit is belangrik om te noem dat die korrelasies negatief kon gewees het – iets wat gemeenskaplike afstamming sou negeer en die evolusieteorie sou kelder.   Maar nou ja, dit is nou maar eenmaal so dat iemand wat besluit het daar is nie oorgangsvorme nie deur geen bewyse oortuig sal word nie, maak nie saak hoe treffend hierdie bewyse is nie.

  • Hello, 

     
    Hierdie verwysing vanaf Rupert Sheldrake het ek elders al voorheen gebruik maar is heel gepas vir die wat kwansuis soekend na die waarheid is: 

     
    The skepticism of believers 
     
    I used to think of skepticism as a primary intellectual virtue, whose goal was truth. I have changed my mind. I now see it as a weapon.Creationists opened my eyes. They use the techniques of critical thinking to expose weaknesses in the evidence for natural selection, gaps in the fossil record and problems with evolutionary theory. Is this because they are seeking truth? No. They believe they already know the truth. 
     
    Skepticism is a weapon to defend their beliefs by attacking their opponents.Skepticism has even deeper roots in religion than in science. 
     
    The Old Testament prophets were withering in their scorn for the rival religions of the Holy Land. Psalm 115 mocks those who make idols of silver and gold:  
     
    "They have mouths, and speak not: eyes have they, and see not."  
     
    At the Reformation, the Protestants deployed the full force of biblical scholarship and critical thinking against the veneration of relics, cults of saints and other "superstitions" of the Catholic Church.  
     
    Maar dit stop nie daar nie  en word daar 'n klap aan die ongelowige ook uitgedeel: 
     
    Atheists take religious skepticism to its ultimate limits; but they are defending another faith, a faith in science.
     
    In practice, the goal of skepticism is not the discovery of truth, but the exposure of other people's errors.  It plays a useful role in science, religion, scholarship, and common sense.  But we need to remember that it is a weapon serving belief or self-interest; we need to be skeptical of skeptics. The more militant the skeptic, the stronger the belief. 
     
    Hoe ernstig is Duitswester dan dat die waarheid hom werklik aangaan en sal die ongelowige indien God wetenskaplik kon bewys word dit aanvaar? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Die praktiese voorbeeld van Perdebytjie is eintlik geen voorbeeld vir die Darwinistiese evolusionis nie.

    Die oorgang van tienerskap na volwasseneskap is suiwer psigies en emosioneel en die fisiese oorgang, soos bv van voor- na post puberteit, is hoogstens onsigbaar, terwyl die Darwinistiese tipe evolusie hom toespits of uitsluitlik fisieke verskille.

    Dus, in Perdebytjie se voorbeeld is daar geen swemvinne of kloutjies met vyf handbeentjies wat stap vir stap oorgaan in menslike hande nie (die proses waarna Duitswester verwys) - dit is waarna die evolusionis soek om suksesvol te wees as hy die enkel voorouer of organisme teorie wil bewys. As dit bestaan het en as dit werklik gebeur het, sou geleidelike oorgang duidelik uit die oorbevolkte fossielrekord duidelik sigbaar wees, wat net eenvoudig nie gebeur nie.

    Brianvds en Leon Retief se lyste van sogenaamde voorbeelde wys juis vir ons daarop - Nou sit die Darwinistiese evolusionis met stasis probleme en desgelyks, en word die onvulbare leemtes en ontwykende tasbare bewyse ingevul met blote teorieë, soos punctuated equilibrium, ens.

    Darwin het tereg 'n volledige oorgangs-fossielrekord in vooruitsig gestel, want daar is geen bewys vir evolusie as dit nie geleidelik gebeur nie - en dit gebeur nie. Vandaar die massa teorieë.

    Steeds is daar geen verduideliking by enige evolusionis vir die feit dat die skeletale oorkonde - die fossielrekord, byvoorbeeld  - bloot aandui dat verskillende soorte ooreenstemmende skeletale ooreenkomste toon bloot omdat hulle almal moes leef en oorleef in gedeelde habitat - die enigste wat daar nog deur al die eeue vir hulle almal beskikbaar was - nie en dat daar wel sprake is van aanpassingsveranderings soos die ekologiese omstandighede verander het, maar beslis geen aanduiding is van een soort wat in 'n ander soort oorgaan en verander, nie. Vir die enkel organisme-tot-diverse biosfeer teorie (Darwinisme) om te slaag, moet daar eenvoudig sulke oorgangsfossiele bestaan - wat nie bestaan nie.

    Darwin het sy eie teorie sekerlik beter verstaan as diegene wat vandag beweer sy aanhangers te wees, want hy het die fatale swakpunt daarvan ingesien en gehoop die fatale leemte sal mettertyd gevul word deur die ontbrekende fossiel bewyse, maar dit het nooit gebeur nie. Dit wil ook voorkom of the kritici van die darwinistiese evolusieteorie dit beter verstaan as die hedendaagse aanhangers daarvan, omdat hulle verstaan dat die fondasie waarop dit gebou is - die oorgang van een soort na 'n ander - gewoon net nie bestaan of bewys kan word, nie.

    Die darwinisme bied ook geen verduideliking vir die nie-fisiese ontwikkeling van lewe, soos van mens en dier, nie, maar die Woord gee die uitklaring daarvoor ook. Die Woord is dus die kenbron van die hele ontstaan van lewe en die biosfeer op aarde, terwyl die darwinistiese evolusieleer slegs die skeletale of fisiese aspek probeer aanspreek. Daar is absoluut geen bewys vir die evolusionêre  ontwikkeling  van die onsibare, die nie-fisieke, nie.

    Dan wonder mens, waarom sou mense soos Perdebytjie in die bestaan van iets of 'n proses glo as sy so min daarvan weet dat sy op eie erkenning, nie eens 'n opinie daaroor kan uitspreek nie? Is dit nie juis sy wat ander beskuldig van onkunde terwyl sy op eie erkenning onkundig en oningelig is, nie?

    Maar daar is natuurlik 'n rede waarom die darwinis die teorie uitsluitlik aanneem al is daar geen fisiese bewyse voor nie - omdat dit vir hom 'n alternatiewe religie bied, soos Thomas Huxley destyds gejubel het na die publikasie van Origin of Species. Dit is ook die rede waarom hulle die skeppingsverhaal indie Woord verwerp, ten spyte daarvan dat die fossielfondse eerder die skeppingsverhaal in die Woord ondersteun, as die darwinisme.

    Kobus de Klerk

  • Hello, 

     
    Baie dankie vir die kommentare gebied deur Brianvds & Leon Fourie maar moet daar ongelukkig saamgestem word met die volgende vanaf Leon Fourie: 
     
    Maar nou ja, dit is nou maar eenmaal so dat iemand wat besluit het daar is nie oorgangsvorme nie deur geen bewyse oortuig sal word nie, maak nie saak hoe treffend hierdie bewyse is nie.

     
    Duitswester en Kobus De Klerk is skepties, net soos Jan Rap en bevraagteken die waarheid, maar die waarheid is alreeds bekend aan hulle en sal geen vakkundige werk enige impak op die twee deelnemers hier maak nie. 
     
    Kobus De Klerk is berug daarvoor dat nog nie 'n enkele studie wat Kobus De Klerk se bestaansblik weerspreek, volgens Kobus De Klerk korrek is nie, wat die onderwerp ook al mag wees. 
     
    Daar kan dus geen sinvolle waarde toegevoeg word deur Kobus De Klerk aangesien in die  vorige rondte van hierdie debat, is 'n enkele paragraaf, verkry deur 'quote mining' hier plaas as aanduiding dat Steven J Gould of Ernst Mayr se boeke gelees is en dat Kobus De Klerk op die gronde van biologie ondersoek instel. 
     
    Elders het ek aangedui soos klokslag faal Kobus De Klerk die toets van eerlikheid, volledigheid en goeie trou en dan word die vraag deur Kobus De Klerk gevra, hoekom is jy, Wouter, dan in gesprek met my. 
     
    Die antwoord is eenvoudig, daar is in gesprek met Kobus De Klerk, waar ek volkome bewus is, dat niks wat ek gaan ontvang die waarheid gaan wees nie en die belangstelling net beperk is tot dit wat Kobus De Klerk se denke is. 
     
    Aangesien die nou al so bekend is is dit nie eers meer waardevol nie en bly slegs die mens oor en dit moet ek nog oor dink of dit nog belangrik genoeg is. 
     
    Maar Perdebytjie is veel meer eerlik in haar omgang met die studies as wat 'n Duitswester of 'n Kobus De Klerk ooit sal wees en nou is Jan Rap ook kwansuis soekend. 
     
    Die kennis is daar, dit moet net gelees word in volledigheid en nie met die stukkies aanhalings en 'quote mining' van Kobus De Klerk wat hier gewoed het vir maande. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Vir die wat sou wonder oor hoe die skeptiese persoon met die waarheid omgaan kan daar na die skrywe van Kobus De Klerk verwys word gedateer, 13 Februarie 2012 en kan hier gevind word:
     
     
    Van my kommentaar daarop was soos volg en net soos Duitswester moet 'n enkele aanhaling instaan vir die volledige vakkundige gebied en dan is Duiswester tevrede dat die saak afgehandel is. 
     
    Daarmee dop Duitswester ook die toets van, eerlikheid, volledigheid en goeie trou: 
     
    My kommentaar op die vorige skrywe van Kobus De Klerk was soos volg en is na Kobus De Klerk met enkele aanhalings en 'n rits name die hele veld van biologie probeer aanvat het en word daar nou nog, 'n jaar en 'n half gewag vir die formulering van Ruse se argumente deur hom en is die opstelle van Ruse nog steeds op my rak om dit te meet teen wat Kobus De Klerk mee vorendag sou kom: : 
     
    2012-03-15 @21:02

    Daar is onder andere beweer deur De Klerk dat Stephen Jay Gould skip verlaat het en word dit van daar opgetel: 

    Gould en Eldredge het nie skip verlaat het nie, en doen wat enige wetenskaplike doen, hul veld van studie uitgebrei en geensins maak dit evolusie tot niet nie.  

    So ook met Mayr, waar De Klerk se kennis oor die omvang van Mayr se werk gebaseer is op die twee aanhalings wat De Klerk geplaas het. Een deur De Klerk se myning en dan die een deur my geplaas, wat egter uitgebrei is deur my in 'n aparte brief waar die konteks van De Klerk se aanhaling ondersoek is en gevind is dit form deel van 'n 15 bladsye bespreking oor die geldigheid van evolusie, waarvan De Klerk se aanhaling 99.99% ignoreer en so ook die res van die boek uit. 

    Net soos die werk van Shubin met Tiktaalik ook uitgelig was en ek twee programme uit my argiewe daaroor kon deel met die lesers hier en hopelik sal daar wees wat daarna kan luister.

    Ruse is ook in detail aangespreek, en word daar gewag dat De Klerk gaan uitbrei op die rigting wat Ruse se werk ontwikkel het. Polanyi, nog 'n filosoof, nog 'n filosofiese inslag, net soos Karl Popper of Thomas Kuhn en resorteer onder "filosofie van wetenskap" 

    Soos alreeds aangedui. 'n geldige punt van bespreking, niks om te vrees nie, maar 'n gestruktueerde bespreking daarvan uit De Klerk se hand bly ontbreek.  

    Watson, Crick, DNS, een van die twee here is 'n voorstaander van "panspermia", los nie volkome die oorsprong van lewe op nie, verskuif dit net.  

    Hierdie truuk van 'n lys name wat net saamgegooi word, is gesien onder die bespreking van "spirituele intelligensie", wat kwansuis Howard Gardner as 'n groep sou teenstaan, maar ondersoek toon dat die ses persone gelys, almal verskillende standpunte huldig oor die betekenis van "spirituele intelligensie"  So ook die lys van "geskiedskrywers" wat toe wonner bo wonner, digters en ander persone insluit. 

    En so aan en so aan.....

    Daarom is ek dan veel eerder met Perdebytjie en weet ek nou al van ervaring dat Perdebytjie 'n ernstige leser is en volledig in haar ondersoek. 

    Dit wat Duitswester, Kobus De Klerk en Jan Rap is nie die ware soek na waarheid al word dit hoe ingekleur. 

    Baie dankie

    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Wouter, die gebruiklike agnostiese truuk van persoonlike verdagmakery om sodoende die aandag van die werklike kwelling vir julle te probeer afwend, het nog nooit gewerk nie en sal ook nie nou werk nie. Dit is ook nie die agenda van bespreking nie.

    Die agnostikus fabriseer vir homself baie persoonlike 'waarhede' - anders sal hy nie kan bly voortleef nie - en sal mense soos ek wat werklik met die waarheid omgaan, altyd deur julle afgemaak word as onbetroubaar ens. Die truuk van jou beïndruk dus glad nie.

    Teorieë  was nog nooit bewys vir enigiets nie - dit is blote voorstellings van wat die waarheid dalk mag wees en is juis teorieë omdat hulle nog bewys moet word iets wat nog bewys moet word kan hoegenaamd nie dien as bewys nie. Hoe kan jy die logika nie insien nie? Omdat dit nie jou lewensfilosofie pas nie?

    In die geval van die darwinistiese evolusie teorie, is die teorieë maklik vervalsbaar (in Angus se sin van die woord) omdat daar vir algar baie meer waarskynlike alternatiewe bestaan en in meeste gevalle, geen hoop is om ooit verby teorie stadium te kom, nie.

    Die probleme met die darwinistiese evolusie teorie is op die tafel - die alternatiewe is voorgestel  - probeer nou die alternatiewe vervals. Indien jy dit nie met feite kan doen nie, moet jy erken dat jou teorie gefaal het.

    Jy vra in 'n vorige kommentaar hier ewe filosofies of die deelnemers die waarheid sal aanvaar as dit vir hulle voorgelê word, en jy is die eerste om ook daardie vraag te beantwoord - geen waarheid wat nie binne jou persoonlike lewensfilosofie inpas, sal deur jou aanvaar word en dan wys jy weereens met die vinger na ander met drie wat na jouself ewe beskuldigend terugwys.

    Die dag as 'n ateïs vir my sê ek praat die waarheid, het hy tot bekering gekom. Tot dan, sal hy noodwendig altyd ter wille van sy eie posisie moet sê ek lieg.

    Laat staan die verdagmakery - die probleme soos dit uitgekristalliseer het, baie bondig, is op die tafel. Deel daarmee.

    So nie, hoef jy nie weer jouself te herhaal nie.

    Kobus de Klerk

  • Hello, 

     
    Jan Rap skryf elders op die forum die volgende, met die inleiding wat soos volg is: 
     
    Daar is mense wat glo....
     
    in evolusie, onwrikbaar.  Hulle raak ernstig ontstig as hulle iemand teëkom wat nie hierdie geloof deel nie en kasty en teister dan hierdie ongelowige hewig IN PLAAS DAARVAN om die aan persoon die bewyse vir evolusie te verskaf.  Mens kan dan nie anders as om te dink dat die aanhangers nie weet wat die bewyse vir hierdie leer is nie; anders sou daar mos nie meer 'n stryery daaroor gewees het nie of hoe?Kennelik is die bestaan van oerfossiele nie 'n bewys nie want daar is nog steeds mense wat nie glo nie.  Die aanpassing van spesies by verskillende omgewingstoestande is ook nie bewys genoeg nie want, weer eens, daar is mense wat nie glo nie.  Die sterkste betoog, lyk dit my, kom daarop neer dat die wat nie glo nie bloot dom is want 'evolusie is 'n wetenskaplike feit.'
     
    Heel tereg vra Leon Retief: 
     
    'maar het jy al enige tegniese boeke(e) oor hierdie onderwerp gelees, of enige van die letterlik duisende joernale wat oor hierdie onderwerp handel onder oë gehad? En met tegnies bedoel ek werklik tegnies, nie iets wat vir die populêre mark geskryf is nie. Die bewyse is daar en is vrylik beskikbaar, mens kan maar net gaan lees. Ek sien nie die sin in van jou vraag oor die verklaring van “spesielyne” nie – dis “part and parcel” van die teorie en ons weet wat die molekulêr-genetiese grondslag daarvoor is'.
     
    Hierdie bevestig weereens die probleem, die wat kwansuis so ondersoekend is, gaan doen nie die moeite om die volledige prent te gaan ondersoek nie. Soos alreeds gesien berus Duitswester se aanslag teen evolusie op 'n enkele aanhaling en neem glad nie in berekening die werk wat gedoen is na die skryf van die boek. 
     
    Dit is daaron dan weereens 'n oorstreding van eerlikheid, volledigheid en goeie trou. 
     
    Dit word opgevolg deur Kobus De Klerk se brief wat Perdebytjie se kennis in twyfel trek maar dan sy eie onkunde bevestig deur te beweer daar is geen rekord wat die volgende bevestig nie: 
     
    'die oorgang van een soort na 'n ander - gewoon net nie bestaan of bewys kan word, nie'.
     
    Die het Leon Retief aangespreek met sy gedetaileerde kommentaar en is baie welkome toevoeging, maar hierdie gaan invloed op die here, Duitswester, Kobus De Klerk of Jan Rap het nie. 
     
    In die lig daarvan is Jan Rap se vraag oor hoekom die teenstanders teen evolusie nie die bewyse glo nie, 'n raaisel en nog meer so om die wat die argumente vir evolusie verantwoordelik te hou vir die mislukking van die wat teen evolusie is om die insig tot evolusie te kry. 
     
    Hoe kan dit die skuld van biologie wees?. 
     
    Dit is die skuld vir die persone wat nie bereid is om insig te verkry tot die veld van studie nie. 
     
    Die antwoord daarvoor is egter eenvoudig. 
     
    Sielkundiges het lankal al bewys dat mense is baie goed in self-misleiding en slaag altyd daarin om hulself te oortuig van enigiets waaraan hulle vurig aan glo in die lig van 'n sterk geloof stelsel en sal diesulkes hulself oortuig dat swart wit is of voor die hand liggende bewyse ignoreer en fokus slegs op wat hulle wil om te sien wat hulle verwag om te sien en die detail en volledigheid mis. 
     
    'n Erger aanklag is dat die detail en volledigheid doodeenvoudig ontken word. 
     
    Soos George Orwell dit stel: 
     
    “We are all capable of believing things which we know to be untrue, and then, when we are finally proved wrong, impudently twisting the facts as to show that we were right. Intellectually, it is possible to carry on this process for an indefinite time; the only check on it is that sooner or later a false belief bumps up against a solid reality.”
     
    Net soos Kobus De Klerk gedoen het met die beslissing van die Amerikaanse Hooggeregshof, waar hy volgens hom toe reg was al die tyd met die beslissing twee weke voor die werklike beslissing bekend gemaak is. 
     
    Die gawe van profesie en die gehoor van die oningeligtes, 'n kragtige kombinasie tot onkunde en misleiding.  
     
    Alhoewel dit moontlik is vir diesulkes om so te doen vir 'n onbepaalde tyd en nooit tot korrekte insigte te kom nie is daar 'n nog meer kragtige werking in diesulkes se psige, naamlik, dogmatiese, onbuigsame godsdienstige geloof. 
     
    Blykbaar beskou die groep, leuens en bedrog as mindere sondes as evolusie, en is hulle bereid om hul integriteit te offer in hul kruistog teen dit wat hulle glo die bron van alle euwels in die wêreld is. 
     
    Hulle intellektuele oogklappe is so sterk dat hulle net kan sien wat hulle wil sien en lees net wat hulle wil hê om te lees in 'n aanhaling, soos duidelik bewys meer as 'n jaar gelede hier en dit  alles in die naam van hul godsdienstige oortuigings. 
     
    Vir diesulkes is 'n letterlike geloof in die Bybel en ander heilge tekste noodsaaklik om hul godsdienstige verlossing, en alles (insluitende die wetenskap) moet opgeoffer word sodat hulle siele hemel toe kan gaan en daar nooit met die komplekse werklikheid hoef omgegaan te word nie. 
     
    Hierdie is nie die skuld van biologie, wetenskap of enige ander vakkundige gebied wat ongemak bied vir  die wat nie die werklikheid kan sien vir wat dit werklik is nie.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Die enigste aspek van Kobus De Klerk se kommentaar wat verder ondersoek kan word is die volgende, maar net omdat dit in eie reg belangrik is en nie omrede Kobus De Klerk dit belangrik gemaak het nie: 
     
    'Die darwinisme bied ook geen verduideliking vir die nie-fisiese ontwikkeling van lewe, soos van mens en dier, nie....Daar is absoluut geen bewys vir die evolusionêre  ontwikkeling  van die onsibare, die nie-fisieke, nie....
     
    Nou die menslike psige, bewussyn, sal geen fossiel agterlaat nie maar hierdie is 'n onderwerp wat fassinerend is, die bewussyn, die psige, die emosionele. 
     
    Brianvds, Leon, Perdebytjie, hoe sal dit ondersoek word? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Dit is asof Wouter 'n innerlike krisis ervaar - hy het dit nou weer teen Kobus de Klerk hier en Kobus de Klerk daar en Kobus de Klerk bo en Kobus de Klerk onder. Skielik het hy 'n obsessie met 'waarheid' - sy 'waarheid.', bygesê. Dit is asof die Waarheid besig is om hom in te haal en hy oral rondskarrel om te probeer wegkom en almal wat met hom praat, aanval. Trienie het hom juis krediet gegee elders vir sy 'regop' manier in moeilike gesprekke ... en kyk nou deesdae. Wys jou, mens moet maar stadig oor die klippe met die komplimente, want die inkonsekwentheid oorrompel dit maklik.

    Wouter se verwysing na my bydrae oor die stasis probleem, waar kundiges aangehaal word, steun op geen manier sy persoonlike weergawe van 'waarheid' nie, omdat dit juis die leuen uitwys. Daardie bydrae wou ek nou self hier na verwys in stede om dit alles weer te herhaal, dus het Wouter my reeds die guns bewys om die skakel te plaas. Veral die kommentare is ook belangrik.

    Kobus de Klerk

  • Wouter: Die wetenskaplike studie van die psige is in essensie 'n studie van die brein. Omdat breine nie juis fossiele nalaat nie is dit inderdaad moeilik om in detail te bestudeer, en daar is seker heelwat wat ons nooit sal weet nie.

    Daar is egter sekere leidrade wat opgevolg kan word: 
     
    1. Breine laat 'n mate van fossielgetuienis na in die vorm van skedels. Dws ons kan ten minste 'n idee kry van hoe groot 'n organisme se brein was en water vorm dit was deur te kyk na die grootte en vorm van die skedel waarin dit was. In die geval van die beroemde "Taung-kind" se skedel was 'n goeie deel van die skedel nie daar nie, maar wel 'n "endocast" - nadoods is die skedelholte gevul met modder wat gefossileer het en ons het dus in effek 'n fossiel van die brein.
     
    2. Daar is reeds uitgebreide navorsing gedoen oor die breine en gedrag van ons naaste lewende verwante, wat ons ook insigte kan gee in ons eie ontwikkeling.
     
    3. Daar is steeds meer kennis beskikbaar oor hoe gene breine vorm, en ons kan dmv die ontleding van ons en ons naaste verwante se genome dalk heelwat te wete kom oor hoe gene verander het en watter van hulle die grootste effek gehad het op die ontwikkeling van die brein.
     
    4. Breine gee aanleiding tot gedragspatrone, en gedragspatrone fossileer soms heel goed in die vorm van werktuie, kunswerke, kampvure ens. 
     
    Wetenskakplikes het dus teen hierdie tyd 'n paar goeie idees oor die evolusie van die menslike psige, maar daar moet sekerlik nog baie navorsing gedoen word om hierdie idees behoorlik te toets.
     
    Wanneer dit kom by heeltemal onsigbare en onwaarneembare dinge soos die menslike siel, het die wetenskap heeltemal niks daaroor te sê nie want daar is niks om waar te neem of mee te eksperimenteer nie. Dit val in die veld van religie.
     
  • Oor de Klerk se desperate vasklou aan sogenaamde stase in die fossielrekord: ek plaas weer wat geskryf is in ‘n vorige briefwisseling:  

    De Klerk: “Punctuated equilibrium is deur Gould en Eldredge (as ek reg onthou) ontwikkel om die leemtes, wat die fossielrekord uitwys in die darwinistiese aanspraak op die nodigheid van volledige reekse oorgangsfossiele om evolusie te demonstreer, mee te vul. Hoe u dit kan probeer ontken, is kwalik regverdigbaar.”   Hierdie is nog ‘n ou truuk van kreasioniste – om punktueerde ekwilibrium (PE) te bestempel as ‘n desperate poging deur evolusioniste om die sogenaamde stase in die fossielrekord te systap. Die teendeel is egter waar. Soos die geval is met enige lewenskragtige teorie in die natuurwetenskappe sien nuwe idees gedurig die lig, sommige idees word afgeskiet, ander word in hul geheel aanvaar en nog ander word in ‘n modifiseerde vorm in die teorie inkorporeer.

    Laasgenoemde was ook die geval met PE en heelwat voorbeelde van stadige oorgang tussen spesies of hoër taksa word gevind.    Voorbeelde van gradualisme kan gevind word in : Chaline J en Laurin B 1986 Paleobiology 12, 203-216 Gingerich PD 1974 Nature 248, 107-109 Gingerich PD 1976 Am J Sci 276, 1-28 Gingerich PD 1980 Ann. Rev. Earth Planet Sci 8, 407-424 Gingerich PD 1983 Science 222, 159-161 Gingerich PD 1985 Paleobiol. 11, 27-41 Krishtalka L en Stucky RK 1985 Ann Carnegie Mus 54 413-486. Macfadden BJ 1985 Paleobiology 11, 245-257 Martin RA en Barnosky AD, reds. 1993 Morphological Change in Quaternary Mammals of North America. Cambridge University Press, New York. Pearson, PN, Shackleton, NJ en Hall, MA 1997 J Geol Soc Lond, 154, 295-302 Ward LW en Blackwelder BW 1975 US Geological Survey Professional Paper 861.

    Talle meer resente publikasies in hierdie verband bestaan maar ek is werklik nie lus om nóg meer in te tik nie. (Dis ook nodig om te noem dat Darwin self geskryf het dat sommige spesies lang tye van stase ondergaan, dus is die begrip nou nie juis iets nuut of verrassend nie.) Gingerich het voorbeelde gevind van 24 stadige (gradualisme) en 14 vinnige (PE) spesiasie-gebeurtenisse in die vroeë Eoseen, Macfadden het 5 stadige en 6 vinnige sulke gebeurtenisse gevind en so voorts. Chaline gee heelwat verwysings na ander publikasies waar sulke “stadige” of dan egalige spesiasiegebeure beskryf word. Oor die algemeen kan mens sê dat die literatuur gewoonlik tussen 1/4 en 2/3 van spesiasiegebeure as “stadig” of egalig beskou. Mens vind dikwels dat kreasionistiese literatuur die sg “afwesigheid” van gradualisme uitbasuin en versigtig verswyg dat dit wel plaasgevind het. ‘n Aanhaling van Gingerich (1985) oor Eoseen-soogdiere is van toepassing op die ganse fossielrekord : “The fossil record of early Eocene mammals appears to be both gradual and punctuated.”

  • Hello Kobus, 

     
    Geen 'innerlike krisis' nie, maar wat sou die punt wees om hierdie onderwerp in detail met jou te probeer bespreek. Dit is so duidelik dat daar geen poging van jou kant af gaan wees om hierdie onderwerp in goeie trou te benader nie. 
     
    Daarom sluit ek hiermee af en as 'n gebaar van welwillenheid deel ek hierdie gedig van Wislawa Szymborska met jou: (Sy is al oorlede maar ek is baie lief vir hierdie dame wat ek nooit in die vlees ontmoet het nie). 
     
    WE'RE EXTREMELY FORTUNATE
     
    We're extremely fortunate not to know precisely the kind of world we live in. 
    One would have to live a long, long time, unquestionably longer than the world itself. 
    Get to know other worlds, if only for comparison. 
    Rise above the flesh, which only really knows how to obstruct and make trouble. 
    For the sake of research, the big picture and definitive conclusions, one would have to transcend time, in which everything scurries and whirls. 
    From that perspective, one might as well bid farewell to incidents and details. 
    The counting of weekdays would inevitably seem to be a senseless activity; dropping letters in the mailbox a whim of foolish youth; the sign "No Walking On The Grass" a symptom of lunacy. 
     
    Asook hierdie inleiding van 'n ander gedig van haar; 
     
    HATRED
     
    See how efficient it still is, how it keeps itself in shape
    How easily it vaults the tallest obstacles. 
    How rapidly it pounces, tracks us down. 
     
    Asook die laaste frase van haar gedig getiteld, 'Possibilities'. 
     
    I prefer keeping in mind even the possibility that existence has its own reason for being. 
     
    Hiermee gee ek jou krediet dat ek besef dat 'n gesprek het met jou onderliggend die vraag van wat is die aard van realiteit het, wat is die aard van die mens werklik, wat is die aard van die bestaan. Dit sien ander dalk nie wanneer daar met jou argumenteer word nie maar het my vorige brief oor homoseksualiteit jou denke aan my openbaar soos min kon doen. 
     
    Soos jy al aangedui het tussen jou en jou Vader het jy al die antwoorde en verkies ek om nie 'n finale antwoord te bied nie. Daarvoor weet ek te min en ontbreek sekerheid by my.

    Wat ek wel weet, evolusie is werklik, tekstueel is die Bybel problematies en die mens skep 'werklikhede' sonder end ...
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Brianvds. 

     
    Baie dankie vir jou sinvolle antwoord. Dit bied genoeg stof tot nadenke en sluit ek dit in my verdere lees oor tyd wat die onderwerpe aangaan. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top