Die dag toe ek soos 'n straatvrou behandel is

  • 3

Onlangs gaan spreek ek my huisdokter oor 'n seer knie wat my opdraande gee. Na hy my aangehoor het, sê hy "af met jou broek". Hy druk my knie alle kante toe tot die trane amper loop. Na die ondersoek, verwys hy my na die mense wat x-straalfoto’s neem. Daar aangekom sê die dame wat daar werk, "af met jou broek". Na ek die foto’s in ontvangs geneem het, is ek terug na my dokter wat my verwys na 'n ortopeed in 'n naburige dorp. Gelukkig kon hy my dadelik sien en ek ry na sy spreekkamer toe. Die ortopeed luister geduldig na my klagte en sê aan my, "af met jou broek". Na 'n deeglike ondersoek, bevind hy dat dit nie gewens is om op my ouderdom 'n knievervangingsoperasie uit te voer nie. Op sy beurt verwys hy my na iemand in dieselfde gebou, wat hulpmiddels vir alle liggaamlike gebreke vervaardig. Die opdrag is dat die persoon vir my 'n kniestut moet gee om die pyn te verlig wanneer ek stap. Hy moes toe noodwendig die stut pas en hy sê vir my, "af met jou broek."

Gelukkig was dit die laaste keer daardie dag dat ek die versoek/bevel gehoor het!

Enjee

  • 3

Kommentaar

  • Ek sou dink jy sou gelukkiger gewees het as jy 'gelukkig' in jou slotsin met 'net jammer' kon vervang!
    Grappies op 'n stokkie, my simpatie; so 'n knie kan mens se kakebeenspiere moeg maak van die gekners.

  • Dr. Dirk Nell van Louis Leipold, Bellville, sal nie  jou jou broek laat aftrek nie. Skryf vir hom 'n brief by nell@knee.co.za.  My vrou is sy pasiënt.

     

    Glo my, hy is baie goed met knieë.

     

    Kontak hom.

     

    Groetnis

     

    Raed-na-Gael.

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top