Die dae van onsekerheid
Ek raak weg in die Kaap se tydsone
Dis so anders hier, dis so mooi hier
Ek stap die onbekende pad waar
niemand nog ooit was nie
Die wolke is swaar vandag
Maar ek’s so dolgelukkig
Musiek vervul my
Nog net een kans is al wat ek vra
KOOR:
Ek’t gegaan met niks en terug gekom met alles
Die storielyn maak nog nie sin nie
Maar moenie ophou soek nie
Ek dink ek het gevind waar ek wil wees
Die dae van onsekerheid van formules
is verby
Is daar ‘n rede hoekom ons in die
perfeksie van die algemene term vas kyk
Daai tye wat jy iets wil sê maar jy kan net nie
Soos gewoonlik skitter jy in jou afwesigheid
Ek kon nie verewig vir jou wag nie
KOOR:
Ek’t gegaan met niks en terug gekom met alles
Die storielyn maak nog nie sin nie
Maar moenie ophou soek nie
Ek dink ek het gevind waar ek wil wees
Die dae van onsekerheid van formules
is verby
BRUG:
Soms sit ek steeds op die plek waar
ons ontmoet het
Onthou die goeie tye en vermy die res
Want wat ons vir mekaar te sê het
is niks meer werd nie
KOOR:
Ek’t gegaan met niks en terug gekom met alles
Die storielyn begin uiteindelik sin maak
En die soektog is nie meer nodig
Ek dink ek het gevind waar ek wil wees
Die dae van onsekerheid van formules
is verby
Dalk sien ek jou eendag weer


