Ons selfaangestelde pro-bona prokureur van Christus het baie die afgelope tyd oor my skrywes te sê gehad, dit vergun ek hom, maar wat my eintlik byster raak is die manier hoe hy te werk gaan om my argumente teë te staan. In een van sy antwoorde op my skrywe “God se gesplete persoonlikheid” waar ek uiteengesit het God het op een manier in die Ou Testament opgetree, en drasties anders in die Nuwe Testament is die volgende die verloop van sy tee argumente:
Jou snert oor die ’teokrasie’ is nóg ’n voorbeeld
Jy lieg ook oor die doodmaak van ’non-jode’
Jou onsamehangende snert oor die ’genocide’
Al wat oorbodig raak, is jou leuens
Jou storie oor eunuchs in Joodse koningshuise is gewoon ’n leuen
Ek gaan nie op alles bo Bybel-tekste ter stawing aangee nie, dan is my 600 woorde gou op. Die leser kan na my skakel teruggaan 24 Mei 12, om te kontrolleer.
Ek haal een enkele voorbeeld van sy argument aan, nl.: Jou storie oor eunuchs in Joodse koningshuise is gewoon ’n leuen.
HeHe! Kyk Net!
And he (Jehu) lifted up his face to the window (king Ahab’s palace), and said, Who is on my side? who? And there looked out to him two or three eunuchs. 2 Kings 9:32
(After that Jeconiah the king, and the queen, and the eunuchs, the princes of Judah and Jerusalem, and the carpenters, and the smiths, were departed from Jerusalem;) Jer 29:2
The princes of Judah, and the princes of Jerusalem, the eunuchs, and the priests, and all the people of the land, which passed between the parts of the calf; Jer 35:19
Now when Ebedmelech the Ethiopian, one of the eunuchs which was in the king's house, heard that they had put Jeremiah in the dungeon; the king then sitting in the gate of Benjamin; Jer 38:7
Aangesien dit die siening is dat die Bybel deur God geïnspireer is, maak Kobus se insinuasie dat daar geen eunuchs in die Joodse koningshuise was nie, van God dan ’n leunaar aangesien hierdie feit wel in God se Bybel opgeskryf staan.
Heiden, in sy skakel aan my getilel, “Jaco pasop (29 Mei)”, het die volgende te se, nl.: “Daar is talle voorbeelde waar die wette van die bybel vandag geïgnoreer word, maar Kobus sal volhard om dit te ontken, al lieg hy ook soos ’n tandetrekker in die proses. Onthou hy was eens ’n prokureur, en al is hy van die rol geskraap, het hy niks van sy vaardige jakkalsdraaie verloor nie”.
“…het hy niks van sy vaardige jakkalsdraaie verloor nie”. ’n Prokureur probeer gewoonlik sy kliënt, in hierdie geval sy pro-bona verdediging van God se saak te wen deur die kredietwaardigheid van die se teenstander (myself) te vernietig, en uit te maak dat die teenstander (dws. ek) ’n leuenaar is.
Ek laat die gevolgtrekking aan die jurie (die lesers) oor wie aan leuens skuldig is al dan nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco, jy kan my hier help met iets wat vir my 'n diep raaisel is: Jy skryf in Afrikaanse aan 'n Afrikaanssprekende (en jy is uit huis uit Afrikaanssprekend as ek dit nie mis het nie) maar jou aanhalings is uit die Engelse Bybel. Wat op aarde kan die verklaring van hierdie verskynsel wees (want jy is nie die enigste ou wat dit doen nie)?
Beste Jan
Ek het net 'n Engelse KJV Bybel. Ek het 'n voorliefde vir die King James Version, weens sy pragtige prosa en poetiese taalgebruik. Ek besit nie 'n Afrikaanse Bybel nie, anders het ek daaruit gekwoteer. Weens die feit dat ek die Bybel nie vir enige geesteswaarde gebruik nie, het ek geen behoefte om een aan te skaf nie. Jammer, maar dit doen geensins afbreek aan my Afrikanerskap nie.
Nadat ek met die godsdienstige debat hier klaar is, is dit onwaarskynlik dat ek weer 'n behoefte het om vanuit die Bybel enigsins weer te kwoteer.
Jaco Fourie
Deur die genade van God is die oorgrote meerderheid van mense wat hier lees en jou ‘jurie’ uitmaak (watter snert), nie insiglose ongelowiges soos jy en ‘n paar ander hier nie, Jaco.
Dus, wat die mense sal insien (met die uitsondering van die paar wat net soos jy is, natuurlik), is die volgende -
Dit is jý wat integriteitloos staan. Dit is jý wat die Woord probeer verdraai. En in jou poging hierbo, gaan jy maar net daarmee voort.
As jy integriteit had en eerlik sou wees, sou jy sien dat ek uitdruklik sê dat daar géén getuienis in die Woord is dat God die doodmaak van ‘non-jode’ soos jy na hulle verwys, bloot omdat hulle ‘non-jode’ is, nie, Kan jy die verskil nie agterkom nie? Dit verbaas my glad nie en ek het nie beter insig van jou verwag nie. Maar, die ander lesers waarop jy jou beroep (soos ’n dwaas) is tot beter in staat. Jou aanhalings laat jou dus dieper in die penarie beland want jy het steeds nie jou punt kon bewys nie en sal ook nooit kan, nie.
Wat jou eunuchs aanbetref, is dit ook tipies jou leuens wat jy probeer verdoesel deurdat dit jý is wat sal voorgee dat die konings van Israel en Juda die eunuchs (hofdienaars) as ’n reël gebruik het, terwyl dit inderwaarheid slegs 'n paar vreemde en Godslasterlike afvallige konings is, wat so gemaak het – hier is jou bewering daaromtrent, woordeliks
“Kastrasie van slawe was wel verbied, maar nieteenstaande, was eunuchs algemeen in die Joodse koningshuise te vinde gewees”.
Sien jy jou leuen? Dáárop het ek reageer. Mense, jou kamstige ‘jurie’, is nié so onnosel soos wat jy hoop, nie… Hulle kan onderskei. Die voorbeelde van eunuchs wat jy noem, is uitsonderings en is boonop dié van die berugte heks-koningin Isebel, vrou van die afgodsdienaar koning Agab en dié van die ewe afvallige Sedekia wat God se profeet, Jeremia, in ’n put laat gooi, het - mense wat hulle berugtheid bekom het omdat hulle hul teen God verset het en hulle verteenwoordig beslis nie die algemene koningshuise van Israel, soos jy lieg, nie. Hulle het juis die walglike gebruike van die heidennasies, wat deur God verbied word, nagevolg wat juis tot hulle straf deur God gelei, het. Daar was ’n paar ander afvallige konings ook wat daaraan skuldig was en van hulle is ook in gevangenskap weggelei. Beide gevalle verwys boonop ook daarna dat die eunuchs buitelanders (Etiopiërs/Kusiete) was en nié Israeliete of Judeërs, nie en dus só geword het in hul tuislande. Nou kom jy en jy maak asof dit algemene gebruik in Israel en Juda was om mans ter wille van diens aan die koningshuis te kastreer (eunuchs) en dít is jou leuen wat ek uitgewys het en wat jy nou met jou reaksie daarop, net beklemtoon het (insigloos soos wat jy is).
En dan maak jy boonop die verstommend kwaadwillige en insiglose insinuasie dat God dit só geïnspireer het? Dit staan daar, juis om te wys op die talle dade van afvalligheid wat tot die val van die volk gelei het! Dit is ’n onderrig, ’n waarskuwing ’n voorbeeld van hoe dinge nié gedoen moet word, nie waarvan daar talle voorbeelde in die Woord voorkom – ter onderrig. Maar hoe sal jý met jou insigloosheid dít nou kan insien?
Al waarin jy geslaag het met jou bewerings en aanhalings, is om jou kwaadwilligheid en vooroordeel en insigloosheid wééreens te demonstreer. Dus, jy kon steeds nie aantoon met jou aanhalings, dat dit, soos jy geïnsinueer het, die gebruik in Israel en Juda was, nie.
God het nie prokureurs en advokate nodig om Sy Saak te stel nie. As jy oor énige insig in die Woord en oor die Godheid beskik het, sou jy die onsinnigheid van jou bewerings kon insien. Maar, in teenstelling met wat jy sê, is die HERE Jesus Christus juis die mens se Advokaat/Middelaar voor God die Vader (1 Timoteus 2:5). Daarom is dit ons, Sy dienaars, se voorreg en plig, om aan die hand van Sy Woord, te leer, te onderrig, teregte wys en te weerlê (2 Timoteus 3:16). Ons herhaal dus maar net wat rééds deur die Woord, die HERE, ons Advokaat, ingegee is.
En só is dit maar net weereens jý, die antagonis teenoor die HERE en Sy dienaars, wat met die eier van insigloosheid in jou gesig staan.
Terloops, kyk bietjie na jou benadering deesdae met jou gesprekke teenoor my. Kyk hoe het dit verander. Aanvanklik was dit besadig en daar was soms van jou kant af komplimente van my kennis, ens. in die Woord maar deesdae is dit die een nuttelose aanval op die ander en sê jy weer die teenoorgestelde van hoe ek kamstig nou skielik niks weet, nie, ens.
Maar dié ommeswaai is omdat ek die komplimente sien vir wat dit is - komende van ’n gesplete tong en dit dus vir daardie rede in die eerste plek nie aanvaar nie (geen Godslasteraar en Godloënaar soos jy, is opreg in sy ‘komplimente’ teenoor ’n ware gelowige nie, want hulle het, spiritueel gesproke, hoegenaamd niks in gemeen, nie want álles wat jy op spirituele vlak doen, is waarskynlik deur die satan geïnspireer – en hy is die vader van die leuen – Johannes 8:44). Daar is altyd 'n versluierde motief met die 'komplimente' - die verklikker is juis die feit dat die gelowige se raad of lering in dieselfde asem as die sogenaamde kompliment, met minagting verwerp word en ontbloot dit dus die sogenaamde kompliment as vals. Ek weet dat jy dit aanvanklik gedoen het sodat ek ter wille van my eie ego, jou nie teëgaan in jou leuens en snert nie.
Maar soos jy sien, is daardie onopregte en vals fineer van jou vinnig afgekrap, want ek het ten spyte van die 'komplimente' steeds voortgegaan om jou leuens, vooroordeel en valsheid teenoor die HERE uit te wys en het nié my HERE en Sy integriteit (Wie jy so tussen jou ‘komplimente’ aan my deur, steeds bly aantas het) ter wille van my eie ego en gemaksone prysgegee nie – nee, my HERE se integriteit kom áltyd eerste – dit is deel van die Eerste Gebod (Mattheus 22:37).
Miskien moet jy dit nou maar onder die knie kry – jy kán nie die ware gelowige met vals komplimente tot verloëning oorreed nie, want die ware gelowige wéét dat komplimente komende van die Godloënaar vals is, omdat dieselfde lippe wat die skepsel kamstig 'komplimenteer', die Skepper van die skepsel in dieselfde asem met dieselfde lippe belaster. Onthou, die ware gelowige is nederig voor sy Skepper.
Ek sien jy is nou weer op daardie koers met Tant Alie. Jy komplimenteer haar, maar in dieselfde asem verwerp jy wat sy vir jou probeer aan die hart bring… nes wat jy aanvanklik met my gedoen, het - en dit spreek vir my die boekdele. As jy haar regtig geag het, soos jy valslik komplimenteer, sou jy ten minste probeer het om haar raad te volg of dit met haar te bespreek verál in die lig van haar deernisvolle uitnodiging, aangesien jy haar kamstig so respekteer… maar dié het jy uit die staanspoor summier verwerp, wat jou ware kleure van valsheid wys. Moenie jou te veel waag nie. Jy sal jou rieme styfloop. Jou sielsgenoot Johan Wiese het presies dieselfde truuk probeer en is ook uitgewys vir wat hy werklik is.
Mooi woorde en verál die HERE se wonderlike almagtige Naam, maak ware gelowiges week, omdat hulle die Liefde as grondslag het. Mense soos julle weet dit en misbruik dit, soos ons al talle kere met jou, Wiese, Cornelius, ens. gesien en ervaar het, waarmee julle aanvanklik gelowiges se mond wil snoer en as julle sien dít werk nie, dan trek julle met persoonlike beledigings, skeltaal, slegmakery, verdagmakery en pogings tot karakterskending, los – want teen die Woord wat deur die gelowiges gebring en getuig word, staan julle absoluut magteloos.
Maar, julle taktiek werk nie, soos julle kan sien - ons het lankal deur julle valsheid en planne gesien – ons het, na alles die Gees van God Wie ons lei en bewaar dat ons nie in julle vangkuile val, nie, maar julle in jul eie vangkuile laat val.
Nou ja, Jaco, die slinkse laggie wat jy gee in jou brief hierbo, was toe na alles vir die ou wat jy in die spieël voor jou sien – met al die eier op sy gesig. Dus, in stede van om vir jouself te lag in die spieël voor jou, probeer eerder om Aletta (Tant Alie) se pragtige, opregte en deernisvolle uitnodiging aan jou, met erns op te neem. Op háár deernis vir jou, kan jy werklik staatmaak want die HERE lei haar daarin. Dít sal jou báie beslis baat…
Kobus de Klerk
Jaco,
Ek is ‘n ware gelowige christen en ook ‘n baie energieke een daarby. Dikwels misgis mense my energieke deelname aan ‘n forum soos díe een as veroordelend, aanvallend, dat dit in woede geskiet, en dies meer. Dit is glad nie die geval en/of bedoeling nie. Wanneer dit, egter, by die eer van God, Sy Woord en Sy genade in ons Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus ons Here kom, is my energie vlakke soveel hoër – bloot omdat ek ‘n baie groot en tasbare liefde en ‘n absolute eerbiedige respek vir God en Sy Woord het. Hierdeur verdedig ek (en ek glo ander ware gelowige christene) nie ons geloof nie – Nee-nee, wat ons wel doen is om die Waarheid in en deur Jesus Christus te verkondig en te onderstreep (in en met ons lewens) tot Sy eer en verheerliking alleen - dienooreenkomstig die Lewende Woord van God – en baie dikwels onder minder goeie omstandighede. Ons kan (wil) God nie verdedig nie – Hy is Sowerein en Almagtig en heers oor als en almal en het nie ons verdediging nodig nie - maar eis wel ons liefde vir, en ons gehoorsaamheid aan, Hom - asook liefde vir ons naaste. Ons sit daarom nie agteroor, sing “Jesus liedjies” en “laat gods water oor gods akker loop” waar ons sonde en laster teen God ons Vader, Sy Woord en Waarheid in en deur Jesus Christus, teëkom nie. Dit is ons verantwoordelikheid, as ware gelowiges, om in liefde, sagmoedigheid en nederigheid, maar ook met beslistheid en direk (sonder om doekies om te draai), sondige dinge (sonde dan) wat teen die gesonde leer en waarheid van die Lewende Woord van God is, uittewys en aantespreek Juis tot voordeel van díe wat dit hoor. Ons versprei die waarheid en goeie nuus van die ware redding wat God ons Vader bewerkstellig het in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons Here. Daarvoor maak ons ook geen verskoning nie. Waaraan ék wel soms skuldig is, is die Hoé waarmee ek partykeer díe boodskap oordra en ek erken dat dit party mense dwars in die krop steek omdat hulle my energieke deelname sien as aanvalllend en veroordelend. Weereens is dit nie die bedoeling nie en daarom - aan almal wat dit só ervaar - vra ek nederig om verskoning.
Om hierby aan te sluit, sê ek ook beslis nie dat ons, ware gelowige christene, díe boodskap uitdra met die veronderstelling dat ons sonder sondes is nie – nee glad nie – maar ons sondes bind ons nie meer nie (ons is nie meer gevangenis daarvan nie) – in díe sin dat ons God se heerskappy erken En Sy versoening en redding in en deur Jesus Christus aanvaar het. Daarom erken ons juis dat ons sondaars is EN bely ons sondes (elke dag) met díe wete dat Christus klaar vir al ons sondes (verlede, hede en toekomstige sondes) betaal het (Sy offer is deur God aanvaar) en ons ontvang - deur Sy verdienste aan die Kruis en Opstandings oorwinning - vergiffenis. Ons maak ook nie misbruik van God se genade deur aante hou sondig nie – dit is juis deur bekering en die krag van die Heilige Gees dat ons sondes probeer vermy en eerder konsentreer op goeie werke – nie uit verdienste nie – maar uit liefde vir God en ons medemens. Dit kan ook nie as arrogansie gesien word dat ons, as ware gelowige christene, opstaan vir die Enigste Ware Evangelie – die Evangelie van Jesus Christus ons Here volgens die genade van God ons Vader en die Waarheid in Sy Lewende Woord - nie! Ons moet opstaan - die Heilige Gees dring ons daartoe! Dus kan ware gelowige christene, nie die feit dat hulle ook sondes het, as verskoning en/of rede gebruik, van hoekom/waarom hulle nie sondes kan uitwys en aanspreek by hul medemens nie! Dit is nie ware liefde vir ons medemens nie – Nee-nee – dit is oop oë kyk hoe ons medemens op die pad van verderf na die ewige verdoemenis loop sonder om enigiets daaraan te doen! Ja-ja ons lewe moet ook getuig van ons geloof - natuurlik moet dit!
En dan moet ek jou in een van jou vorige skrywes aanhaal: “Inteendeel ek het een ateistiese vriend, al my ander vriende is Christene, selfs onder my gay vriende” en dan verder: “Ek erken die bestaan van ware Christene deur hulle ooglopende liefde vir hulle medemens, en hulle liefde vir God, en huldig die hoogste waardeering en respek vir hulle. Ek haat beslis nie opregte Christene nie.”
Ek stel dit onomwonde aan jou dat dit net eenvoudig ‘n totale “heuning om die mond” smeerdery is en dat jy ‘n valse “vriend” en leuenaar is, met Geen respek en waardeering vir jou sogenaamde christen vriende en/of hulle geloof nie. Nou hoekom sê ek so? In die eerste plek – as jy werklik respek en waardeering vir jou Christen vriende het – hoekom is dit dan dat jy juis die Woord van God, waarop hul geloof gebasseer is en wat hulle – as ware gelowige christene ( neem ek aan) - as die volle Waarheid van God erken en in sy volheid aanhang - so beswadder en tesame met die feit dat jy God (wat hulle lief het) so belaster en Sy genade versoening so bevraagteken – in kort, jy vervloek die Woord van God en natuurlik God self ook. Noem jy Dít respek en waardeering vir jou christen vriende, hul geloof en hul liefde vir God en hul medemens? Maar hoe dan anders? Jy het geen gewete meer oor nie - jy meet hul geloof, optrede en liefde aan jou eie mismaakte menslike (en vleeslike) selfregverdiging en jy is wêrelds ingesteld (self erkend so) met jou verdraaide opvattings wat jy so naarstigtelik op hierdie forum verkondig – en soos telkemale deur jou bewys - en ware gelowige christene uitgewys – jy verstaan Nie die Woord van God Nie! Al wat jy doen is om jou ware valse kleure oor-en-oor te bewys.
Verder wonder ek of hulle (jou christen vriende) jou vriende is omdat hulle jou sê wat jy wil hoor en dít wat jy behoort (en moet) hoor vermy en jou so streel en bemoedig in jou dwaallinge. Weet hulle van jou geskrewe lastering, vervloeking en wêreldse afkrakery van God se Woord? Of doen jy as “vriend” dit agter hul rue? Indien jou sogenaamde christen vriende wel van jou lastering en dies meer weet – maar hul sit met hul hande gevou – en doen niks omtrent dit nie – Dan moet ek sê, ek bevraagteken hul geloof en christenskap! Of – dan tot hul verdediging – het hulle dalk alles al probeer met geen resultate nie en het dood gewoon moed met jou opgegee – en duld jou maar net. Ek wil geen vriend wees van enigiemand wat doelbewus en met bose intensies -my geloof in God en Sy Woord en my redding in en deur Jesus Christus ons Here - belaster, vervloek en afkraak nie! Dit is waarna verwys word as die kring van spotters. Aan die een kant erken jy nie God en Sy Woord nie – en aan die ander kant het jy respek en waardering vir jou christen vriende en hul liefde - wat op die Woord van God gebasseer en in Christus is? En dan praat jy van gesplete persoonlikheid, geveinsdheid en leuenaars!
Hoekom kan jy nie God en Sy Woord uitlos nie? Loop weg daarvan af – jy erken mos nie God en Sy Woord nie – dus los Hom mos nou uit! Maar, ou Jaco - jy kan nie – hoekom nie? – want jy is soekend – iets bly krap – jy is soekend na die Waarheid en ware Hoop – jy kry dit nêrens nie – daarom dat jy die Woord van God (die enigste plek waar jy dit kan kry) so deurkruis – jy soek antwoorde (ontkennend so natuurlik) – ongelukkig met heeltemaal die verkeerde bose intensies en maniere - dit terwyl die Ware Antwoord vir al jou soeke - Jesus Christus ons Here, reg voor jou staan – maar jy is siende blind en horende doof. Jy lok ware gelowige christene uit – jy probeer die Woord van God verkeerd bewys (jy sal nooit hierin slaag nie) - met die bedoeling (hoop?) dat daar dalk een ware gelowige – of enigiemand dan – jou anders kan (moet) oortuig – dan kan jy dalk van jou dwaalweë verander – as iemand jou tog net kan oortuig! – met logika dalk? – maar net oortuig! Maar, helaas, jy verstaan nie die Woord van God nie – jy benader dit heeltemaal verkeerd – jy klap God se genade versoening in en deur Jesus Christus weg – jy ontken Sy Woord - daardeur verbeur jy sy Liefde - Ware Liefde -dit tot jou eie ondergang!
Aan die ander kant, natuurlik – put jy dalk net verwronge vergenoegdheid en bose plesier uit jou belastering teenoor God en Sy Woord en hou daarvan om ware gelowige christene uittelok (en te probeer mislei) met die bose en duistere rede(s) om jou gekose wêreldse lewenswyse te regverdig (verkeerdelik so) – net soos die valse profete waarteen die Woord van God ons waarsku. Hierin faal jy liederlik en jammelik en ongelukkig dryf dit jou dan net tot meer-en-meer lastering!
Ek weet nie of daar hoop vir jou meer is nie! EK hoop werklik daar is nog – al is net so bietjie hoop!
Dolf
Kobus.
HeHe! Ek sien jy backpedal alweer.
Jaco Fourie
Jaco
Wat meer kan mens sê wat al reeds vir jou gesê is.Jou doelbewuste besluit om nie n’ mitiese God te dien (soos jy dit stel), dien jy daardeur onbewustelik die god van die wêreld of dalk tog doelbewustelik, maar in elk geval dis jou keuse.Jy sê onder die opskif: Neem balk uit eie oog alvorens splinter uit ander s’n.” Ek is ‘n ateis as gevolg van intense godsdienstige studies.”Jesus sê “Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. “Jaco terwyl ons op die onderwerp van “Eunuchs” (hofdienaars) is ,hier is n’ verhaal waar n’ hofdienaar met opregte hart intens na God gesoek het en "godsdienstige' studies gedoen het in skrif Jesaja.Die hofdienaar had n’ onversadigde honger en dors na God .Die verhaal kom uit Handeling 8:27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ‘n man van Ethiópië, ‘n hofdienaar, ‘n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. 28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. 29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. 30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit. 32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. 33 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.34 En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. 38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.
Die Hofdienaar het nie verander van sleg na goed nie, maar wel van dood na lewend.
Ons almal hier is maar net Hofdienaars, party Jesus Christus sn, party nie.
Groete
Henry
Net ter wille van opheldering:
Jaco het voorgegee en geïnsinueer dat die konings van Israel as gebruik mans gekastreer het om van hulle eunuchs te maak, terwyl dit 'n verfoeilike praktyk onder die heidennasies was. My uitwysing aan hom is dus om aan hom te wys op sy valsheid met daardie bewering, een van verskeie, waarmee hy God en Godsvolk verdag te probeer maak. My kritiek was dus hoegenaamd nie teen die eunuchs gerig nie, maar teen die verfoeilike gebruik wat van hulle eunuchs gemaak, het en Jaco se leuen om dit aan God se volk te probeer toedig asof dit algemene gebruik, was en as sulks deur God gesanksioneer was.
Soos Henry tereg uitwys, was die arme eunuchs wat in kontak met die volk, en met die gelowiges gekom het, dikwels mense wat hulself graag tot God wou bekeer - soos ook in die een geval wat Jaco na verwys het, die Kusitiese hofdienaar Ebed-Meleg waarna in Jeremia 38:6 verwys, word. Dit is juis hy wat Jeremia goedgesind was.
Die punt wat ek verder ook gemaak het, en wat ek net volledigheidshalwe hier herhaal, is dat dit juis die afvallige konings was wat eunuchs gebruik het, dikwels uit vreemde nasies. Dit was glad nie 'n gebruik in Israel of Juda om van mans eunuchs, oftewel gekastreerdes, te maak, nie. God het enige vorm van liggaamlike mutilasie verbied en spesifiek so, kastrasie - sien gerus weer Deuteronomium 23:1. So sterk het God oor die gruwelike praktyk gevoel, dat Hy ook selfs die offerande van sulke diere aan Hom, verbied het - sien gerus weer Levitikus 22:23-25.
Maar mens kan niks beter as insigloosheid van Godloënaars verwag nie - waar sal hulle ware wysheid en insig vandaan kry? Dit is 'n geskenk van God, en vir God verwerp hulle mos... Kennis en wysheid begin by die dien van die HERE, en dit is net dwase wat daardie wysheid en kennis gering ag (Spreuke 1:7) en is slegs van God te kry (Jakobus 1:5-8)
Kobus de Klerk
Henry
Ek is bewus van die bekering en doop van die Ethiopier. Wat jy miskien nie van bewus is nie, is dat daar 'n tradisie (tradisie = vermoedens wat nie bewys kan word nie) is dat die einste Ethiopier instrumenteel was vir die volskaalse bekering van Ethiopiers na die Christendom en die tot standkoming van die Koptiese Christelike Kerk in Abisinie (Ethiopie).
Dit was juis deur middel van die Kopiese Bybel, dat die Evangelie van Thomas herontdek was. Daar is derhalwe 'n skaduwee oor die einste kerk, vir eeue was die ook veratwoordelik van die menseroof van jong seuns, hulle algehele kastrasie (penis en testes verwyder), om aan die Arabiere en Turke als eunuchs te verkoop, 'n groot bron van inkomste vir die kerk. (Laasgenoemde nie 'n tradisie nie, maar 'n feit).
Oor die geestesaspek van die Ethiopier se bekering, skeel dit my min. Ons sal kan lekker oor feitlike sake soos hierbo genoem kan praat, maar ook geestelike sake mors ek nie my tyd nie (nie om jou te beledig nie).
Beste wense
Jaco Fourie
Kobus
Gaan terug skooltoe. Jy kan blykbaar nie Afrikaans ordentlik lees nie, of is dit weer daardie "Spirituele Intellegensie" van jou wat jou die begaafdheid gee om weereens tussen die lyne te lees wat nie daar staan nie.
Jy sê: "Jaco het voorgegee en geïnsinueer dat die konings van Israel as gebruik mans gekastreer het om van hulle eunuchs te maak".
Wat ek in der waarheid gesê het was: "Kastrasie van slawe was wel verbied, maar nieteenstaande, was eunuchs algemeen in die Joodse koningshuise te vinde gewees." Hoe jy daarin kan lees ek het gese of ge-insinueer die Jode het gekastreer waar ek spesifiek gesê het kastrasie is verbied, slaat my dronk. Maar ja. Met KdK kan 'n mens enige vorm van onlogika verwag.
Weereens 'n wanhopige poging om te "back-pedal" op jou ge-openbare onwaarhede.
Jaco Fourie
Nee, wat Jaco, dit is maar jy wat sukkel met die lees en verstaan, selfs jou eie skryfwerk, wil dit voorkom. Dit sal jou nie help om dit op my te probeer projekteer, nie. G'n wonder jy erken self dat my skryfwerk jou verstand te bowe gaan, nie... Of dit egter sal help dat jy teruggaan skool toe, betwyfel ek, want insig kan jy nie voor gaan leer of studeer nie... nee, dit is 'n gawe van God en ons weet mos wat jou en 'n paar ander wat soos jy is, se houding teenoor God, is.
Nou kom ons probeer die lepelvoer - metode.
Jy skrywe soos jy in die kommentaar hierbo, aanhaal. Jy vermeld dat kastrasie deur God verbied was, maar dan sê jy dat NIETEENSTAANDE eunuchs ALGEMEEN die koningshuise te vinde was - nou, hoe word mans van die tyd eunuchs, as hulle nie ten minste gekastreer was, nie (terloops - in die heidennasies het die kastrasie nie net die verwydering van die testikels behels nie, maar dikwels ook die verwydering van die penis)? Dus moet mens die noodwendige afleiding maak en beteken jou sinsnede, dat mans gekastreer was om van hulle eunuchs te maak om oor die ALGEMEEN in die koningshuise te dien, NIETEENSTAANDE God se verbod.
Dit is immers jy wat die verband probeer maak tussen die sogenaamde 'algemene' ('n leuen wat ek uitgewys het) voorkoms van eunuchs in die volk se koningshuise en die feit dat God dit verbied, het - wat jy daarmee probeer te kenne gee, is dat die volk se konings oor die algemeen hulle nie aan God gesteur het nie (soos jy doen).
Jou eie woord is vir jou 'n vangkuil, want jou woorde is as strik vir die gelowige gestel, maar die gelowige gaan daar verby, want hy word deur die Gees van God gelei, maar jy self val daarin (Psalm 141:9-10).
Kobus de Klerk