Die Bybel se verbode voedsel

  • 2

Nogal 'n oulike antwoord Jacobus, maar wat van die ander diere, ook wildsbokke en die "voëls van die hemel", hulle kan ook siektes dra weet jy, en almal het parasiete?

Dan wonder ek hoe weet julle hoe warm en goed gaar die ou jode hulle vleis gemaak het in die woestyn en later in Israel en omgewing?

Ook die "heidense" nasies wat Petrus wou gaan werf vir die saak? Waarom is hulle nie sommer instruksie gegee om dit behoorlik gaar te maak nie, dan was dit dalk onnodig om dit te verbied?

Ewenwel, ek is nou al moeg vir die speletjie en wil vir 'n rukkie vedwyn.

Jammer as ek jou gevoelens seergemaak het toe ek geskryf het van jou as 'n moontlike bordeelbestuurder of daggahandelaar. Dit was eintlik om te beklemtoon dat, sonder die vrees vir 'n hel, enigeen dalk heel anders sal optree en hul vroomheid agterlaat.

Groete,

Heiden

  • 2

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Die antwoord is baie eenvoudig, Heiden.

    Eerstens wil ek jou te kenne gee dat daar 'n spesifieke rede is vir elke verbod wat in die Mosaïese wette voorkom - ons kan dit skaars almal hier individueel bespreek.

    Tweedens moet jy daarop let dat nie alle parasiete en dieresiektes n ewe groot gevaar vir die mens inhou nie, vanweë die mens se besondere immuunstelsel. Byvoorbeeld, varke kry masels wat mense ook kan besmet. Dan is daar ook 'n reeks parasiete wat oordraagbaar is aan mense. Wildvleis veral, kan maklik met parasiete besmet wees wat die mens kan benadeel.

    Laastens moet jy nie dink dat al die diere soos ons hulle vandag ken, in die Sinai woestyn voorgekom het, nie. Daar was maar relatief min spesies daar te vinde. Die verbod het ook dit in ag geneem.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    God gee nie sommer net instruksies soos aan robotte of idiote nie - God voed op met Sy verrigtinge. Kyk byvoorbeeld na die landboukundige reëls - onthou, in Egipte was die volk veeboere en hulle het nie veel kennis van boerdery met gewasse gehad, nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top