Die boek van herinnering – vir Tant Alie et al

  • 5

Beste Tant Alie

Tegnologie het die Bybel moontlik gemaak.

Tegnologie maak dit nou moontlik dat jy jou eie unieke Bybel kan maak.

Kies jou eie boeke, en jou eie woorde deur "find en replace", en maak jou eie Bybelvertaling. Het jy nog nie?

Die blanke Bybel se naam is: Die boek van herinnering. Dis ’n mooi en unieke Bybel, net soos vele ander Bybels.

Génesis 1:25: "En Elohim het die wilde diere van die Aarde gemaak volgens haar spesie en die vee volgens haar spesie en al die diere wat op die Adamah[adamiet se Aarde] kruip, volgens hulle spesie. Toe sien Elohim dat dit suiwer was."

Groete

Ran Doodt

 

  • 5

Kommentaar

  • Mundi Jordaan

    Goeie middag. Waar kan ek 'n leesplan of studiemateriaal kry om deur Die Boek van Herinnering te gaan in een jaar?

  • Hallo Ran - Ek sien dat die mense nie een verstaan wat jy skryf nie. Dis jammer. Hou asseblief aan met die tipe skrywe!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top