Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging: aktiwiteite en pryswenneraankondigings

  • 0

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging het Saterdag 23 Augustus 2014 hul jaarlikse BSV-Slypskool vir Ontluikende Skrywers olv Chanette Paul gehou. Tydens hierdie geleentheid is die wenners van die Nasionale BSV-Skryfwedstryd, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, wat van oor die hele land na Bloemfontein gekom het vir die geleentheid, bekroon.

Voor, van links is Dave Lubbe (beoordelaar en UV-verteenwoordiger), Corlietha Swart (voorsitter van die BSV en ook UV-verteenwoordiger) en Meisie Smits (moeder van Ope: Poësie-wenner Hilda Smits van Nashville, VSA). Middel, van links: Izel van Zyl (Skole: Prosa, eervolle vermelding, Oranje Meisieskool), Marize Meyer (Skole: Prosa 3de plek, Oranje Meisieskool), Jemima Meyer (Skole: Poësie, 1ste plek, Hoërskool Jim Fouché), Handré Jankowitch (Skole: Poësie, 2de plek, Hoërskool Jim Fouché), Karen van Vuuren (Ope: Poësie, 2de plek, Woodland Hills), Elize Hoffman (Skole: Poësie, Aanmoedigingsprys, Universitas Primêr). Agter, van links: Fred Charly (Ope: Ongepubliseerdes, 2de plek, Lichtenburg), Jan Beyers (Ope: Ongepubliseerdes, 1ste plek en eervolle vermelding, Bloemfontein), Coen Basson (Ope: Gepubliseerdes, eervolle vermelding, Oudtshoorn) en Leunis van Rooyen (Ope: Poësie, eervolle vermelding, Brixton). Die ses skole-wenners van Hoërskool DF Malan, Elize Zeeman Olivier van 's-Gravenzande, Nederland en Dunes van der Merwe van die Strand kon nie die verrigtinge bywoon nie.

Hier is die bestuur van die BSV in ligte luim saam met die skrywer en LAPA-manuskripkeurder, Chanette Paul na afloop van die slypskool (geborg deur AfriForum) wat deur slypskoolgangers van oor die hele land, asook die pryswenners van die landswye skryfwedstryd (geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV), bygewoon is. Van links: Douwlina du Plessis (BSV-ondervoorsitter), Lelani Fourie (sekretaresse/ penningmeester), Corlietha Swart (voorsitter), Chanette Paul (skrywer/keurder en slypskoolaanbieder 2014), Joe Mynhardt (bestuurslid) en Ronelle Meyer (bestuurslid).

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se Slypskool vir Ontluikende Skrywers geborg deur AfriForum is op 23 Augustus 2014 in Bloemfontein deur die gewilde spanningsromanskrywer en manuskripkeurder by LAPA, Chanette Paul, aangebied. Slypskoolgangers van oor die hele land het dié geleentheid bygewoon en wenners van die Nasionale BSV-Skryfwedstryd, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV, is ook tydens hierdie geleentheid vereer. Hier is Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, by Dave Lubbe, beoordelaar en UV-verteenwoordiger, Chanette Paul (skrywer, keurder en slypskoolaanbieder) en Jacques Louw, BSV-Beurshouer vir 2014.

Hier is die skrywer, keurder en BSV-slypskoolaanbieder Chanette Paul by die NALN-uitstalling van haar 40 boeke tydens die BSV-slypskool op 23 Augustus 2014 in die Noorderbloem-aftreeoordsaal.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top