Die bevryding van die swartman en die Afrikaner

  • 0

Zuma wil dit hê dat die swartman nie die witman (westerse) se kultuur aanleer nie, en betreur die feit dat swartes besig is om ‘n voorliefde (soos westerlinge) vir honde aan te kweek. Dan het ons Afrikaners (gelukkig ‘n minderheid) wat wil hê Afrikaners moet konformeer aan ‘n tradisionele beeld hoe ‘n Afrikaner hoort te heet, nl tradisionele Afrikaanse name vir hulle kinders gee; hulle kinders uitsluitlik na Afrikaanse skole toe stuur; ‘n sekere kleredrag en haarstyl patroon handhaaf; die taal puristies praat en skryf; aan Afrikaanse kerke behoort met ‘n goddelike verering van die dominee en sy vrou; ens ens.

So was dit pre-1994. Die indiwidu, beide Afrikaner en swarte was onderhewig aan die druk van sy groep. Selfs ten tye van Kodesa, was daar deur sekere Afrikaner-onderhandelaars gepoog om groepsbelange bo die van indiwiduele belange te stel, gelukkig sonder sukses.

Vandag is ons werklik vry. Vry om uiting aan indiwiduele geluk te gee, sonder afbreuk aan Afrikanerskap, en in die geval van swartes hulle indiwiduele belange.

Ek sou dit nie anders wou gehad het nie.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top