Here, dit sal altyd by my bly –
dat ek aan boord was op die vlug terug
vanaf Lusaka, laat in die middag,
dat ek my vrese aan U weg kon gee
reeds met die vliegtuig se aanloop na die sware lug
waaruit onweer krys soos verskrikte voëls,
hoe U die donderwolke se koers verander het
om bestemming elders te vind
en ons gewigloos deur U skanse kon gly
hóóg bo krans en gure wind
meer nog,
die sonsondergang deur die kajuit se ruit
het U oor die westekim vuurveld gemaak
die gloed diep versink soos fakkelende bome
en later,
hoe weerloos die bloue maan was
soos ’n swael wat vlerke na somer uithang
ons aankoms, ’n landingstraat van vér verskiet
tussen die lyne van U hand.