
Foto: Canva.com
Die besemmaker
Hoekom is die besemmaker
se huis dan so vuil?
Hy maak dan elke dag
vir ander mense besems.
Die meeste stof lê veral
voor sy voordeur.
Hoekom gebruik hy dan nie
een van sy besems
om sy huis uit te vee nie?
Veral daar voor sy voordeur.


Kommentaar
Hou baie van hierdie gedig. Sal goed wees as daar 'n voortsetting sal wees van hierdie een. 😊
Jy het dit Perly🤗
Ek hou van hoe jy basies vir mense (die besemmaker) sê hulle moet hulle bepaal by hul eie besigheid in plaas van andere se besighede bespreek. Die gedig spreek regtig baie uit van die mentaliteit wat sommige mense mee deur die lewe gaan. Dankie vir die gedig.
Ek is bly om te sien julle geniet my gedig. Baie dankie
Vee voor jou eie deur.
Perlin dis pragtig.