Die beproewing van rugby

  • 2

Ek sien Morné Steyn beweer dat sy god hom beproef en toets deur hom sleg te laat speel. Ek wonder of hy weet deur watter beproewing ek Saterdag na Saterdag moet gaan om na die Bokke se geploeter te kyk.

Ek wil voorstel dat slegs ateïste vir die Springbokspan gekies word sodat hierdie van-die-veld-af beproewings en toetsery nie die span kan beïnvloed nie. Dit sal natuurlik net werk as die ander spanne ook so ’n besluit neem. Dan kan ons nou ware rugbykrag teen rugbykrag meet sonder enige inmengery van buite.

Terwyl ons dan besig is, moet ons sommer die skeidsregters ook uit die a-span kies – net om seker te maak hulle word nie ook gedurende ’n wedstryd getoets nie. Dit het hoeka vir my verlede jaar gelyk of Bryce Lawrence stemme in sy kop hoor!

Groetnis

Thomas

  • 2

Kommentaar

  • Beste Thomas,

    'n Mens moet die arme god jammer kry. Hy is mos nou verantwoordelik vir alles wat met altwee spanne gebeur: die driee, die strafskoppe, die inmekaarsak van skrum, die aanslane en die bloedneuse. Hy voel seker netso goor soos ek soos wanneer ek myself met skaak wen.
     
    Groete 
    Angus 
  • Thomas,
    Ek kyk nou een aand na ’n boksgeveg op TV wat deur die skeidsregter beëindig moes word nadat dit in ’n bloederige gemors ontaard het. Soveel bloed het ek laas in MeadCo se abattoir gesien. Nadat die “oorwinnaar” se hand omhoog gehou is en hy behang is met verskeie toekennings, word ’n mikrofoon voor sy mond gedruk en al hortende gebruik hy die geleentheid dan ook om vir Jesus te bedank wat hom gehelp het om sy teenstander so  oortuigend te klop.
     Laat my toe dink aan die tyd toe daar tussen Piet Uys en Dawie de Villiers kwaai gekompeteer is vir die posisie  van skrumskakel in die Springbokspan en nadat Piet vir die soveelste keer oor die hoof gesien is, kla een van sy vurige jeugdige ondersteuners uit Pretoria se kontrei teenoor ’n maatjie, maar die kon hom darem troos met: “Dis so dat Piet baie beter is jong – maar die Sinode sal nooit toelaat dat die keurders vir Dawie die trekpas gee nie”
    Ek wonder of iemand dalk lig kan werp? Hoekom skud so baie Suid-Afrikaanse rugbyspelers die een wysvinger in die lug na hulle ’n drie gedruk het. Is my afleiding reg dat hulle vir een of ander god erkenning gee dat dié hulle sou help om die drie te druk?
    Groete
    Panda

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top