Hello
Na aanleiding van Boer in Beton se opmerkings oor die Weste se ekonomiese ineenstorting, die volgende nuus, wat nou al ’n ou item is en dalk bevestig dat daar grootskaalse ongelukkigheid met die ekonomie is op ’n internasionale vlak.
Die beplande optog van Malema en die groep wat hom steun is op ons, die "economic war" wat verklaar is teen “the monopoly capital”. Die massas mobiliseer.
Die opstande in Griekeland is welbekend en gaan nie op uitgebrei word nie.
Wat dalk minder bekend is, is die betoging in Israel ’n maand gelede waar 250 000 mense van die bevolking betoog het teen die ekonomiese toestande.
In die konteks van bogenoemde voorbeelde kan daar verwys word na die beleg van Wall Street wat nou nog aan die gang is. Hoe moet die groep gelees word.
Burgermeester Bloomberg van New York beskryf die betogers as hoogs frustreerd.
Geithner probeer dit wegpraat.
Obama verwys na die betogers se frustrasie oor hoe die sisteem werk.
Daarom optogte en besetting van Wall Street in die VSA. Hier te plaatse, die optog na die JSE, gekompliseerd deur die erfenis van Apartheid. In London betogers wat saamkom te St Paul en ook ontevredenheid verkondig.
Hoe moet dit gelees word en wat gaan daar gedoen word om hierdie eise die hoof te bied. Daar is werklike swaarkry en antwoorde word gesoek.
Baie dankie
Wouter

