Die begin en einde van die wêreld – vir Francois

  • 0

Volgens Boeddha selwers was daar daar geen begin, en dus noodwendig kan daar ook geen einde wees nie!

Boeddha was ’n diepdenkende Hindoe van die Nepal-Indiese hoe kultuur.

Boeddha was geweldig geniaal om te glo dat daar geen begin was nie, want dit los die mees fundamentele vraagstuk op, soos die oorsprong van tyd.

Dis egter vir ewig onaanvaarbaar vir Westerse filosofie en Westerse wetenskap. ’n Westerling wil alles weet en weier om soos Boeddha die "buck te pass".

Al was dit ’n ewigheid gelede, ’n ewig-oue multiversum noodsaak ’n verklaring so seker soos ’n eindig-oue een, want tyd self moet vir die Westerling verklaar word, kom hel of hoogwater.

’n Westerse teorie moet van sy aanvanklike kondisies rekenskap kan gee, al was dit ’n ewigheid gelede.

’n Ewige tydperk moet op dieselfde manier geskep word as ’n nie-ewige tydperk. Aldus Westerse wetenskap.

Groete

Ran Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top