Die Avontuur
Ek neem my hart op ? avontuur
? Reis wat dit gaan skaaf en skuur
Vol gelaai om die lang tog aan te durf
Sal tien teen een die meeste langs die pad afskud
Onsekerheid lê om elke draai
Soveel drome wat my hart kan verraai
Maar ek weet wat vir my aan die anderkant wag
Oop arms en ? warm glimlag
REFREIN:
Die reis het my gebreek, maar ek het oorleef
En hier staan ek nou en het net oë vir jou
Die belofte is afgelê en jy het ja gesê
Die koeël is deur die kerk
dit was als die moeite werd
Die bitter is weg en ek proe die soet
toe jy my met jou lippe groet
Ek wou telkens terugkeer, want die pyn was so seer
maar elke dag was ? ander stryd waarmee ek my hart kon slyp
Ek het so baie van myself geleer
en hoe om alles te waardeer
Soveel verkeersligte, padblokkades, ompaaie en doodloopstrate
Opdraande en slegte weer, afdraande en digte verkeer
Maar ek het geweet wat wag wanneer ek arriveer
? Oop hart en ? oop deur
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


