die avatar-harwar ontwar?

  • 0

“die avatar-harwar ontwar?”

Internet se gesig verander
gedurig, vanweë – ander insig.

Internet se gesig verander “skryf
slegs woordetaal” na onder andere:
dig digitaal – visueel-verbaal;
dig digitaal – oudio-verbaal;
dig digitaal – visueel-musikaal.

Internet se gesig verander gedig
van sologeskrif na foto-gerig,
streng in akkoord met meeloper,
verrykend verwoord. 

Internet se gesig verander vinger
se merk vanaf – “og, só krimineel” –
tot “volgens godsoordeel, steel
hierdie kuns-dig-werk in kuber
se swerk oë en speel daarmee,
want dit bedeel ’n ja-nee-idee
deur foto’s gegradeer in fotons
wat die grootste genoeë gee”.

Internet se gesig verander na
vinger se merk bo-oor gelaat
(wat nes selfie) e-geskiedenis
as spoor agterlaat.

Internet se gesig verander gebruik 
van vinger se merk en beperk
slimfoon en rekenaar se werk
tot eienaar.*

Internet se gesig verander, maar
stel aan vingermerke nuwe perke wat
die avatar-harwar ontwar?

Internet se gesig verander in
www.Sigbundel.yolasite.com
–  aldaar –  bekom jy ander insig oor
loop mee wat vertel hoe maak twee
in internet se digtaal, een verhaal:
visueel-verbaal.

* nakedsecurity.sophos.com2013/09/22chaos-computer-club

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top