Die ateïstiese agnostikus se werklike perspektief

  • 44

Mens wonder of agnostici soos Jaco dink dat iemand, veral gelowiges, hulle steur aan die agnostiese snert oor God en Godsake. Is hul werklik so bot ?

Daarom moet hulle nie verwag dat ware gelowiges deur hul twisgierige snert ingetrek sal word, nie. Bona fide wanopvattings en opregte soek na Waarheid, word graag deur ons ontmoet - maar ’n obsessiewe ateïs se proses van selfbedrog wat hy gedurig in die openbaar wil uitstort, is baie maklik uitkenbaar en is Jaco, die nuutste voorbeeld, absoluut insigloos as hy meen dat ware gelowiges daaraan sal meedoen.

Daar is niks sinvol aan Jaco se obsessie met God en SY Woord, nie – en Jaco weerspieël maar net die deursnee ateïstiese agnostikus se dilemma in daardie verband.

Kyk, Jaco wéét en besef dat hy in die wind in praat soos kaf wat uitgestrooi word, en dat niemand anders behalwe juis die paartjies wat soos hy is, enige ag slaan daarop, nie, maar hy kan homself net nie help, nie. Hy is, as agnostikus in sy uiterste ateïstiese manifestasie, in ’n proses vasgevang waaraan hy net nie kan ontsnap nie. Hoeveel keer het ons, oor die jare heen op hierdie forum alleen, dit nie al opgemerk en gesien manifesteer, nie?

Dus, daar ís dinge wat ons bereid is om aan Jaco en ander soos hy te verduidelik - naamlik die rede vir sy sinnelose, inhoudlose uitlatings wat weens die obsessie waaraan hy ly, by hom uitpeul. Nie net om vir hom self perspektief te verleen aan wat met hom aangaan, nie, maar ook om ander wat twyfel, perspektief te gee aan die malle doolhof wat die ateïstiese agnostikus oorval - en weereens dien hy as ’n les.

Jaco se obsessie is om die brandende vuur wat in sy binneste woed, weens sy gekose agnostisisme, te probeer paai, soos iemand wat verskriklike sooibrand het omdat hy hom vergryp het aan uiters ongesonde gemorskos, en dan ’n Rennies tabletjie kou om die ergste sooibrand die hoof te bied, net om onmiddellik agterna weer daarmee voort te gaan en die proses te herhaal.

Hierdie is dus maar net nóg ’n faset van die fatale dosis selfbedrog waaraan die ateïs mank gaan. Jaco en party van sy mede-ateïste op hierdie forum alleen, byvoorbeeld, besing dikwels die uitwerking en impak van spiritualiteit in hulle eie lewens, asook in die omgewing waarin hulle lewe. Spiritualiteit is die terselfdertyd die fondament van Godsdiens want dit is direk uit die spirituele dimensie afkomstig. Hulle eet dus die brood, maar sê dat hulle die meel waarvan die brood gebak is, verwerp – net nóg ’n manifestasie van daardie onmoontlik onlogiese selfdesepsie van die ateïs – ’n ware egte psigose. Tog kan diegene van hulle wat bereid is om die spiritualiteit te besing en beskryf, al is dit op ’n sekulêre manier, dit nie ontken nie – dit is te sterk. Die selfbedrog is nie-effektief daarin nie, maar juis as gevolg van die psigose waaraan hul ly, sal hulle irrasioneel die oorsprong daarvan, wil ontken. Hulle erken die spirituele brood, maar ontken die spirituele suurdeeg en die meel – hoe irrasioneel!

Waarom is agnostici nie in staat om kennis te neem van die werklikheid van God en SY Woord nie? Om mee te begin, omdat hulle nié beskikbare bronne oor die onderwerp van religie raadpleeg nie, maar slegs bronne wat die oppervlakkige woordspel saamspeel, soos ons Jaco sien doen, dit wil sê – onkundige maar woord-getafereelde referate deur ander agnostici wat ewe vreesagtig vir die ware Jakob is, en dus óók nie die beskikbare bronne raadpleeg nie. Hierdie “bronne” word dan onderling aangehaal en oor en weer uitgeruil, om mekaar só te “ondersteun” en te “bemoedig” en só voed hulle dié sisteem van maniese selfdesepsie van onkunde-put na onkunde-put – baie soos vlermuise blindelings van spelonk na spelonk heen en weer gaan, en onderweg baie dikwels die sig-bemagtigde roofdiere ten prooi val… so in die siglose, basies-instinkgedrewe verbygaan.

Die denkpatroon van die ateïstiese agnostikus vergelyk ek met ’n klein vierkantige kamertjie met ’n lae plafon waarin die ateïs homself opsluit. Hierbinne is daar heelwat kort leertjies en stellasietjies, amper soos in ’n muishok, maar steeds ingeperk deur die plafon, die onmiddellike sigbare en waarneembare omgewing waarmee die ateïs homself op en af tot satwordenstoe spartel – die ateïs se klouterraam. Die massiewe ruimte en volop ryke lewe – die Spirituele dimensie - buite dié kamertjie met die lae plafon, bestaan vir hulle nie. Hulle het vir hulself ’n labirint gebou binne-in dié bedrukkende kamertjie waarmee hulle doelloos skarrel by hierdie klouterraam op en af, en vertel mekaar oor en weer van wat hulle hier en daar tydens die trippelgang heen en weer verneem het, al dieselfde ou inligting, soms net op ’n ander manier opgedis volgens die verteller wat aangehaal word, se eie styl. Hulle besef ‘instinkmatig?!’ dat hulle in sirkels, spirale, konkoksies beweeg, en bemoedig mekaar so in die verbygaan deur te vertel hoe intelligent hulle is, en hoe dom en onnosel diegene (ons, die ware gelowiges) daarbuite, is, maar wie hulle inderwaarheid van buite af dophou, en hulle innig bejammer oor hulle psigotiese gevangenis van selfdeseptiewe ateïsme.

Pouveer, ’n spirituele vrou (hoewel nie ’n Christen nie) wat menige gevatte bydraes in die verlede op hierdie forum geskrywe het, het indertyd hierdie rondomtalie maneuvers van die ateïs wat binne die ingeperkte beknoptheid van sy klouterraam skarrel, as volg beskryf: “… en kyk jy (die agnostikus) na bewussyn as ‘n geskiedkundige ondersoek van idees oor fenomene, sonder dat jy werklik die fenomene sélf ondersoek. Dis soos om te beskryf hoe gevaarlik bungee jumping is sonder dat jy self ooit aan die rekband gehang het, of om vir iemand te beskryf hoe koffie smaak al is jy ‘n geswore teedrinker wat nooit sy mond aan koffie sit nie.” – hoe raak is dié beskrywing nie van die Jaco’s van hierdie ou wêreld, nie.

Intussen kan nie één van hulle tussen Lig en duisternis onderskei nie … terwyl juis dít die onderwerp van hulle talle obsessiewe gesprekke is met of sonder aanmoediging deur gelowiges, soos hulle mekaar “oortuig” dat daar nét duisternis is … daardie blinde vlermuis in die spelonk-sindroom. In die proses sal hulle selfs vir hulle “intelligensietoetse” ontwerp – pasgemaak – om dié sisteem van selfbedrog tot nuwe laagtes te laat daal. Jaco, byvoorbeeld, wat gedurig oor die Lig skrywe asof dit duisternis, is – omdat spirituele duisternis sy enigste verwysingsraamwerk, is.

Vir die gelowige om dié oppervlakkige interaksies gade te slaan, is enersyds amuserend, en ook die bron van groot dankbaarheid teenoor God dat die gelowige nie met dié vloek van selfdesepsie en onkunde – ateïsme - opgesaal sit nie, in die wete dat die ateïs nóóit op die skerp innerlike sintuiglike ontwikkelingsvlak in ál sy fasette sal kán wees, as die gelowige, nie, maar aan die ander kant ook, wetende wat vir die ateïs uiteindelik voorlê, ’n onderliggende droefheid dat mense hulle kosbare lewens só verspil. Die Woord waarsku nie verniet, dat die mens ten gronde gaan weens di gebrek aan kennis, nie (Jesaja 5:13; Hosea 5:6).

Die ateïs sal móét uitbreek uit sy kokon van selfdesepsie – meeste sal (hopelik) tóg kan, want hulle het so geword weens innerlike rebellie oor iets wat jongtyd in hulle persoonlike lewens skeefgeloop het en bly groei het soos ’n kanker – daardie onvolwasse en dikwels geheime rebellie teen God (en nou selfs beweer na buite dat God nie bestaan nie...), waaruit hulle nog nooit self mondigwording en emansipasie kon bewerkstellig nie – en vir die intelligent normale gelowige is dit tragies om te aanskou, bepaald ’n hartseer saak – soos ’n diereliefhebber wat toesien hoe ’n verminkte, gewonde dier probeer voortstrompel, en as jy naderkom om hom te help, dan wil hy jou vermorsel, weens sy eie kortsigtigheid en onkunde …

Om God te probeer bewys as nie-bestaande, terwyl hulle voortdurend vir gelowiges aansê om te bewys dat God bestaan. Ongeag die oorweldigende getuienis waarmee hulle gedurig gekonfronteer word, sal hulle dit dan eenvoudig, om dit sagkens te stel, probeer afmaak as meme en dergelike uitspattige maaksels.

Dit is juis hierdie realiteit, die werklikheid van God se bestaan, aan die eenkant en die onverpoosde poging van die agnostikus om dit te probeer ontken, aan die ander kant, wat gou-gou ’n situasie skep dat die agnostikus hom in die obsessiewe labirint van onkunde bevind waar hy homself daagliks moet probeer oortuig dat God nie bestaan, nie.

Kyk na Jaco – hy is ook ’n sprekende voorbeeld. Ons, die ware gelowiges, dié met kennis, wil nie aan sy obsessiewe ritueel meedoen nie. Normaalweg sal só ’n mens dan laat begaan en oor ander dinge praat, of ten minste sinvol probeer kommunikeer oor dieselfde onderwerp. Nie die ateïs (Jaco) nie- hy is só obsessief dat hy selfs bereid is om ’n monoloog te voer, solank hy net die verterende psigose van selfdesepsie, wat die obsessie meebring, kan probeer voed – dit is baie duidelik dat dié obsessie besig is om hom van sy sinne af te dryf.

Maar al gaan die ateïste hoé aan, bly die besef aan mens knaag – Ateïste manifesteer ’n eienaardige vorm van obsessiewe gedrag as dit by God kom, want watter mens by sy rasionele denke sal sóveel tyd, aandag en energie bestee aan iets wat hy kwansuis glo is “niks”? Nie bestaan nie? Mense soos Richard Dawkins die ateïs, byvoorbeeld, spandeer ’n baie groot deel van sy lewe daaraan - om te bewys dat “niks” nié bestaan nie? Dit kan tog nie. Dit is net nie rasioneel nie, wat nog te sê, wetenskaplik. Maar dit is daardie inherente bewustheid dat hulle vir hulself lieg, dat die werklik van God, hulle nie met rus sál laat nie, wat hulle só na buite laat manifesteer.

Een van die baie bekende hedendaagse ateïste, die naturalis professor van New York, Thomas Nagel, só blyk dit, is ’n mens wat fundamenteel ernstig en eerlik is oor sy sielsweë rakende God. Hy het die drumpel oorskry van ateïstiese selfbedrog. Hy het uitgekom daarmee, dat ateïste eintlik mense is wat nie werklik God se bestaan ernstig kán ontken nie, vir ’n verskeidenheid van redes, maar dat hulle God eintlik wegwens en met gekunstelde proposisies en argumente, wat hulle aan die wetenskap wil ontleen, wil wegredeneer. ’n Mens soos Nagel, hoewel hy steeds gebuk gaan aan die debiliteit wat sy agnostisiteit veroorsaak, moet vir daardie openlikheid en eerlikheid aangeprys word, omdat hy ten minste eerlik is in verband met die grondslag vir die bestaan van die irrasionele psigose en selfdesepsie waaraan die ateïstiese agnostikus ly. Hier is ’n aanhaling van wat hy gesê het :

“I believe that this is one manifestation of a fear of religion which has large and often pernicious consequences for modern intellectual life. In speaking of the fear of religion, I don’t mean to refer to the entirely reasonable hostility toward certain established religions and religious institutions, in virtue of their objectionable moral doctrines, social policies, and political influence. Nor am I referring to the association of many religious beliefs with superstition and the acceptance of evident empirical falsehoods. I am talking about something much deeper—namely, the fear of religion itself. I speak from experience, being strongly subject to this fear myself: I want atheism to be true and am made uneasy by the fact that some of the most intelligent and well informed people I know are religious believers. It isn’t just that I don’t believe in God and, naturally, hope that I’m right in my belief. It’s that I hope there is no God! I don’t want there to be a God; I don’t want the universe to be like that. My guess is that this cosmic authority problem is not a rare condition and that it is responsible for much of the scientism and reductionism of our time. One of the tendencies it supports is the ludicrous overuse of evolutionary biology to explain everything about life, including everything about the human mind. Darwin enabled modern secular culture to heave a great collective sigh of relief, by apparently providing a way to eliminate purpose, meaning, and design as fundamental features of the world.”

Só het die bekende destydse ateïstiese (gewese) Britse digter en skrywer, Francis Thompson, in aansluiting met wat Nagel ook sê oor hierdie obsessie - daardie psigose van selfdesepsie - sy verbete stryd as ateïs beskrywe in een van sy bekendste gedigte, The Hound Of Heaven, wat eindig in die feit dat hy toe wél gelowige geword het, omdat hy die realiteit van die Goddelike teenwoordigheid nié kon afskud, nie:

“I fled him down the nights and down the days;
I fled him down the arches of the years;
I fled him down the labyrinthine ways
Of my own mind, and in the mist of tears
I hid from him, and under running laughter.”
En, soos Thompson eindig “he (God) found me”…
So, net met God, Wie jy irrasioneel probeer wegwens en wegredeneer se hulp, Jaco…

En so sal jou verdere manifestasies wat Jaco beloof om te laat manifesteer, net die klem plaas op wat ek hierbo verduidelik, het. Hy is dus in sy eie hande (met die satan wat hom orkestreer). Mense weet wat om van hom te verwag - meer van die insiglose, inhoudlose, sinnelose obsessiewe snert wat hy deesdae in obsessiewe sarsies kwytgeraak het. Dit is so duidelik waarom hy en ander soos hy, ’n ateïs is - omdat hy net nie oor begripsvermoë - Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie, gawes van God - beskik nie.

In jou stryd teen God en SY Gelowiges, is jy totaal uit jou liga uit, Jaco … en te insigloos om dit te besef. Maar almal anders, wat nie soos jy is, nie, kan dit sien.

Kobus de Klerk

  • 44

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Hel nee, net die opskrif is genoeg om van naar te word: "Die ateïstiese agnostikus se werklike perspektief".  

    Na soveel jare en onderrig weet die ou grote Kobus steeds nie wat 'n ateïs en/of wat 'n agnost is nie.  

    Ek nooi enige taalwetenskaplike, in watter taal of kultuur ookal, om die begrip "ateïstiese agnostikus" te verklaar.  

    Cornelius

  • Lesers!

    Moenie se julle het dit reggekry om die geweldige “warra, warra,warra_te kon deurlees het nie.  Ek moes myself forseer om dit te kan doen, weens die feit dat sy skrywe teenoor my gemik is. Ons listige en giftige slang wat Satan vir God aansien, se die volgende oor my: “Om mee te begin, omdat hulle nié beskikbare bronne oor die onderwerp van religie raadpleeg nie, maar slegs bronne wat die oppervlakkige woordspel saamspeel, soos ons Jaco sien doen,”  (Kwoteer voorbeelde ou maat, moenie met veralgemene stellings lieg nie).

    HeHe. Die insiglose Kobus darem.  Ek het die BYBEL ALLEENLIK vir sy doeleinde as bron gebruik.  Wie sal dit betwis dat die Bybel (my uitsluitlike bron), nie die volgende verskille tussen Ou en Nuwe Testament bevat nie?  Goddelike opdrag tot besnydenis, Nuwe Testament dit is oorbodig;  Tien Gebooie se 7de dag is Sabbat, Christene onderhou die 1st dag sonder goddelike opdrag; Ou en Nuwe Testament dag word gemeet vanaf sonsondergang tot sonsondergang die volgende dag,  Christene onderhou die dag van middernag tot middernag;    aanbid een God in die Ou Testament, aanbid drie-eenheid God alleenlik in die Nuwe Testament vir die eerste keer gewaar;  om net ‘n paar voorbeelde te noem.

    Bv.  Hy daag my uit met:  “Gee nou vir ons 'n bewys dat die Sabbatdag, wat deur God ongeveer 3500 gelede ingestel was, by wyse van die Tien Gebooie, op 'n Saterdag geval het, en waar God bepaal het dat Saterdag, die sewende dag is en nie die sesde dag is, nie. Dus, wys ons waar God 'n naam toegeken het aan die sewende dag - die naam Saterdag. Wys vir ons waar God bepaal het watter dag die eerste dag is, en wat die dag se naam sal wees,”  Hy rond nogal af met bravado: “Ek kan maklik vir jou die teendeel aandui”.  

    Ek antwoord: “Dat die God van die Ou Testement ‘n spesifieke dag vir die sewendedag uitgekies het en nie enige dag nie, kry jy waar die manna in die woestyn na elke dag, behalwe na die sesde dag, verniel het en kon nie vir die volgende dag oorgehou word nie. Die manna wat op die sesde dag geval het en tot die volgende dag oorgehou was, dws die Sabbatdag, het nie verniel nie. Jou Jood is bewys watter dag die sewende dag is. Hy hou ononderbroke sedert Sinai die sewendedag, in vandag se terme vanaf sonsondergang Vrydag aand tot sonsondergang Saterdag aand.”

    “Maar as jy self nie weet watter dae van die week die sewende en eerste dae uitmaak nie, dan toon jy jouself omtrent onnosel. Kyk na jou almanak. Vra jou dominie. Lees die Bybel konkordonante. Watter dag vier Jode as Sabbat, en watter dag vier Christene as Sabbat, beslis nie op dieselfde dag nie? Maar gesien jy alwetend is, vertel vir ons watter dae die sewende en die eerste dae is?  (Ek wag steeds op ‘n antwoord op die laaste sin).   Toe Kobus my nie die teendeel kon bewys soos hy manhaftig belowe het, se hy: “Kyk, jy mors mos my tyd.”   

    In ‘n vroer brief het Kobus ‘n stelling gemaak dat die Levietiese wette nie afgeskaf is nie en dat God nie verander nie.  Nouja, my respons was om my vrae aan hom rakende die verskille in die Ou en Nuwe Testament te be-antwoord.  Is dit dan onbillik?  Hy kon toe nie, die dat hy wanhoping rondstrompel.  

    Hy kan nog kredietwaardigheid met die leser bekom indien hy vir die leser kan uitwys dat hy antwoorde op my vrae en stellinge het, eerder as om rookskerm taktiek te gebruik om my ‘n dwaas, aap, homo en ateis te noem sonder ophou om aandag van sy onvermoe te ontduik   

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco, ek het ook probeer om die man se goed te lees, maar dis eenvoudig onmoontlik om by te hou met al die feitefoute, wanaanhalings en totaal skewe vertolkings.

    'n Mens kan nie debat voer met sulke mense nie. 

     
  • Ek sien met sy respons oor Die Sabbatdag, (die het ek vir eers gemis) noem Kobus die Joodse Sabbat as ’n menslike tradisie en Joodse oorlewering. maw. hy beweer die Jode onderhou nie die ware 7de Sabbat nie. Hy skryf: "dus Saterdag as die sewende dag te stipuleer, is natuurlik nie ’n Goddelike reël nie, maar ’n tradisie van die Jode". Kan jy nou meer! Heel duidelik is dit sy eie opinie.

    Maat bewys jou stelling vanuit die Bybel. Indien dit so is, my verdere vraag is, is die Christen Sabbat ook maar net ’n tradisie van die Christene, en indien nie, bewys dit ook vanuit die Bybel? Dit wil vir my voorkom dat Kobus se God dit toegelaat het dat Sy uiterste belangrike Sabbat van die 4de Gebod in vergetelheid moes vergaan het. Indien wel, dan skort sy God lelik met betreffing tot sy eie Heilige Tien Gebooie! Indien dit so is, dan verskaf Kobus my verdere munt om te kan sê: siedaar, die Bybel kan jy nie ernstig opneem nie, want dit wil voorkom niemand weet eers watter dag die Sabbat van die Tien Gebooie is nie, wie is nou daar om te sê wat in Levitikus of Romeine geskryf is, nie ook fabelagtig is nie. Glo my nie? Lees enige betroubare Bybel Konkordanans, vra enige dominee wat se kerk deel van die Hervorming was soos bv die NG kerk watter dag is die 7de dag, en hoekom Christene die 1st dag as Sabbat vier. En soos die Mohommedane, was en is, is die Jode tot die letter gesteld oor sodanige dinge soos die Sabbatdag, om ’n fout te begaan oor die dag.

    Die Nuwe Testament sê dat Jesus, soos dit sy gewoonte was, het in die sinagogas op die (Joodse) Sabbatdag (of was dit toe ookal op ’n onsekere dag?) vir die Jode geleer. Met die Kruisiging, wat almal aanvaar op Vrydag geskied het, sê die Bybel die Sabbat wou aanbreek (sonsondergang Vrydagaand) en was daar versoek dat die liggaam van die kruis afgehaal word, die dat sy hart met ’n spies deurboor is om seker te maak hy is dood. Verder, dit word vandag soos die Nuwe Testatment sê,  algemeen aanvaar dat Jesus op die 1st dag opgestaan het, en niemand wat ek ken sal betwyfel dit op Sondag geskied het nie. Wonders van wonders.

    Met die manne voorbeeld het ek uitgewys vanuit die Bybel dat die Bybelse God ’n spesifieke dag uitgekies het vir Sy Sabbatdag, en nie enige dag nie. Met my voorbeeld van Jesus wat die Joodse Sabbatdag onderhou het en uit oudergewoonte op sodanige dag in die Singagogas geleer het, asook van die kruis afgeneem was want die Sabbat wou in aanvang neem (Vrydag middag) en dat hy op die eerste dag (Sondag) opgestaan het, daar nie twyfel bestaan watter dag die 7de dag is nie.

    Daar het jy dit weereens.  My alleenlike bron die Bybel.  Kobus se uitlatings, persoonlike menings, met geen bewyse vanuit die Bybel om sy menings te staaf nie.

    Dit neem ’n ateïs soos myself om Kobus sy Bybel vir hom te leer.

    Jaco Fourie

  • Jy is reg Cornelius, daar bestaan nie so iets soos ateistiese agnostici nie.  Maar jy kry wel agnostiese ateiste - volgens my vriend Armando Pellencin. In sy boek " Ateisme: die saak teen God"  definieer hy al die begrippe baie mooi en verduidelik dat "agnostisime" baie vertolkings het, maar as dit behoorlik op die Griekse grondwoorde ontleed word verwys dit na die "onmoontlikheid van kennis". 

    Die agnostiese teis (gelowige) glo in 'n god, maar voer aan dat die aard en natuur van so 'n wese nie "kenbaar" is nie. Die agnostiese ateis se^ dat die "bestaan" van so 'n wese nie kenbaar (bepaalbaar) is nie en dat sy aard en natuur dus ook nie kenbaar is nie.

    Dit klink dalk ingewikkeld, maar dit maak nogal sin.
    Juis as gevolg van hierdie teenstrydighede en veral oor die misbruik van die begrip ateisme deur gelowiges (soos De Klerk ook al gedoen het) om aan te voer dat dit ook maar net 'n vorm van "geloof" is, bestempel ek myself al geruime tyd as 'n "empiriese non-teis" - maw  daar is geen empiriese aanduidings, metings of enigiets van 'n godheid nie - beslis ook nie eens 'n "skeppende" een wat geskep en toe alles net so gelos het nie (die ou deistiese siening).
    Armando se baie deeglike en akademiese boek is helaas nie in boekwinkels te vind nie - ons sukkel selfs om biblioteke in Pretoria te kry om eksemplare wat ons aan hulle geskenk het op hul rakke te plaas!
    Enigeen wat belangstel kan my kontak by thyshuman@gmail.com en ek sal hulle in kontak plaas met Armando.  
    Ek sal graag die aanhaling heel voor in sy boek aan veral mense soos De Klerk wil opdra: "Die mens se verstand is soos 'n valskerm. Dit werk eintlik net as dit oop is".
  • Jaco,

    Jy weerlê nie een van Kobus se redenasies in sy skrywe hierbo, en elders, nie, en tóg probeer jy eerder die “lesers” weglei van dié Feite, met jou gebabbel van jou eie onvermoeë en dwaasheid - en probeer hulle aandag vestig op jou eie selfgeskepte en self-ge-oortuigde “triomtog” (na nêrens)!? Ironies, dat dit presies is wat ateïste doen volgens dít wat Kobus hierbo skryf – maar jy het dit gemis of kan jy dit nie sien nie?

    Weer stel ek die vrae aan jou: Van watter “ware Christene” praat jy? En na watter “God” en “satan” en “Bybel” verwys jy? Dié wat jy nie erken, glo en geen kennis van het nie óf dié wat jy nie erken, glo en geen kennis van het nie óf dié wat jy nie erken, glo en geen kennis van het nie!?
    Wanneer gaan die ligte aan gaan?

    Dolf

  • Ek het so pas teruggekeer uit die land waar Darwin eens kennis gemaak het met die Kangaroe en die Eendbek  platipus; dus het ek nie al die argumente en Kobuslike skryfsels hier gevolg nie. Dit sal my ? tydjie neem om weer in te haal.

     
     Vir my ou vriend, Cornelius, wil ek voorlopig darem reghelp. Kyk, ? ateïstiese agnostikus is wel moontlik, maar slegs in die menslike verbeelding. Die menslike verbeelding vermag alles: daarmee kan jy vierkantige sirkels, vuurspuwende drake, gode, engele, en selfs mooi meisies uit ribbebene skep. Selfs ? hallusinasielose Kobus is ook nie onmoontlik nie. Die vent is so vasgegryp deur die Joods-Christen mitologie dat ek nie verbaas sal wees as hy al sy kinders met klippe doodgegooi het nie. 
     
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Wys vir ons uit die Woord, Jaco, dat die dag voor die Sabbat in die woestyn, ongeveer 3500 jaar gelede,  'n Vrydag was, en nie 'n Saterdag, nie... so sal jy self mettertyd agterkom hoe sinneloos jou twisgierigheid is.

    Ek sal jou intussen so van tyd tot tyd daarop wys...

    En, nog iets. Vertel tog ... jy sê hierbo "Dat die God van die Ou Testement ‘n spesifieke dag vir die sewendedag uitgekies het en nie enige dag nie," - Die God van die Ou Testament het 'n dag uitgekies, sê jy self? Maar hoe dan nou, toe ek vir jou elders vra "Gee nou vir ons 'n bewys dat die Sabbatdag, wat deur God ongeveer 3500 gelede ingestel was, ... op 'n Saterdag geval het, en waar God bepaal het dat Saterdag, die sewende dag is en nie die sesde dag is, nie" - dus, gedurende die Ou Testamentiese tyd waarna jy hierbo self verwys- toe antwoord jy so onsinnig soos ons van jou soort kan verwag "Kobus ou maat.  Hoe kan enigiemand bewys God het enige dag geskep, aangesien daar geen God is om dit te kon gedoen het nie."

    Dit is dus jou eerste onoorkomelike probleem - jou inkonsekwentheid wat deur jou innerlike stryd oor God manifesteer.

    Nou erken jy die bestaan en lewe van God, want HY kies, volgens jou self, in die Ou Testamentiese tyd 'n spesifieke dag toe as Sabbat? Maar net voor dit het jy gesê dat HY nie bestaan, nie?!

    En daarmee demonstreer jy natuurlik vir ons eerstehands daardie inherente tweestryd wat 'n jou ateïs-agnostiese siel woed, daardie onderliggende wete dat God wel leef en bestaan. - en dat jy sinneloos twisgierig is om jou psigotiese selfdesepsie daarmee te probeer voed.

    Nou sit jy ook boonop met die ander probleme - jy moet nou bewys dat God in die woestyn, ongeveer 3,500 jaar gelede in die Ou Testamentiese tyd, aan die Sabbat , 'n dagnaam toegeken het, synde Saterdag - veral in die lig daarvan dat ons wêreldbevolking vandag (jy steun op hedendaagse kalenders) meer as 40 kalenders in gebruik het en dat die mees algemene, die Juliaanse en die Gregoriaanse kalenders, wat vandag gebruik word, eers dateer sedert 1582 (Gregoriaans) en 1923 (hersiene Juliaans).

    Jy sal ook moet bewys watter kalender die volk in die woestyn, ongeveer 3500 gelede gebruik het en dat daardie kalender 'n dag genaamd Saterdag, bevat, welke naam deur God toegeken, is as naam vir die Sabbat. Veral ook, in die lig daarvan dat selfs die Hebreeuse kalender, heeltemal verskil van die hedendaagse Juliaanse of Gregoriaanse kalenders en hoegenaamd nie dieselfde nomenklatuur vir hulle dae bevat, nie Ooreenkomstig die Hebreeuse kalender, is ons nou in die jaar ongeveer 5772. Maar hierdie kalender is ook al verskeie male sedert die Tannaim periode (ongeveer200 v.C.) en veral sedert die vernietiging van Pompeii in 63 v.C. aangepas.

    En  as jy enige van die bogenoemde nie kan bewys nie, en jy sal nie kan nie, val jou hele storie  gewoon  plat - maar jy weet dit. Jy is net twisgierig.

    Jy soek maar net aandag en jy weet nie wat aangaan nie - terwyl jy maak asof jy weet, dat jy my tyd mors.

    Ek moet sê, jou selfdesepsie is van die ergste wat ek nog teëgekom het.

    Ek het dit mos duidelik gemaak - jy is uit jou liga uit. En so sien ons jou maar net weer desperaat manifesteer.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Die kwessie van watter dag die Sabbat moet wees, is maar hoofsaaklik ’n twisvraag met géén edele Spirituele grondslag, nie. Die Woord waarsku dat ons diesulkes wat wil bedrywe, nie hul sin moet gee, nie, want hul bedoeling kán eenvoudig nie edel wees, nie (Titus 3:9-11; 1 Timoteus 1:3-9; 6:3-5; 2 Timoteus 2:23-26; ). Dit is eintlik baie voor die hand liggend, want mens hoef mos nie te wonder, waarom die ateïstiese agnostikus sou belangstel in die Sabbat en wat mens mag eet en kwansuis nie mag eet nie, terwyl hy (só beweer hy) nie eens erkenning wil verleen in die bestaan van die HERE van die Sabbat en die Goddelike Reëls, nie, behalwe net om twisgierig daaroor te wil wees, nie.

    Tog het Dolf al lánkal vir Jaco verwys na die Skrifverwysings (Romeine, Hebreërs, Johannes, 1 Johannes en Galasiërs), die betrokke hoofstukke in die Woord, wat in antwoord en weerlegging staan op al sy (Jaco) se twisvrae en daarmee saam het ek vir Jaco daarop gewys dat menslike instellings, oorlewerings en tradisies (soos byvoorbeeld, om ’n bepaalde dag by name uit te sonder as Sabbat, terwyl God dit nie Self nodig geag het om dit só te doen), nie die regskrag van Goddelike Reëls het nie en inderdaad vir God tot aanstoot is waar dit gepoog gedoen te word (Jesaja 29:13; bevestig in Markus 7:6-9). God gee nie te kenne watter dag spesifiek ’n sewende dag is, nie, maar steeds is Jaco ateïs werklik net nie in staat om die som te maak, nie.

    Ek het Jaco probeer lei deur aan hom vrae te vra wat, as hy hulle kon begryp en antwoord, die antwoord op sy twisvrae sou verskaf sónder om met hom in die getwis daaroor betrokke te raak. Maar tevergeefs of hy die insig sou hê om te begryp wat ek hom vra en waarheen dit dui. Sy sinnelose antwoorde waarin hy homself weerspreek en waaruit sy totale gebrek aan insig in sy eie probleem duidelik blyk, het my opnuut weer laat besef dit is ’n vermorsing van tyd, want dié dinge is gewoon bokant sy twisgierige agnostiese vuurmaakplek en hy is totaal buite sy liga – syne, die liga van onkundiges wat ten gronde gaan weens gebrek aan kennis (Hosea 4:6; Jesaja 5:13).

    Dit word grafies gedemonstreer deur Jaco wat self verwys na die Woord oor wat die HERE oor die Sabbat sê (Markus 2:27-28) maar het nie die vaagste benul of begrip wat dit beteken en hoe dié Woord in praktyk inslag vind in die ware gelowiges se lewe, nie (Romeine 14:6-8). Hy is nie instaat om te besef dat die Jode tradisies omtrent die Sabbat geskep het, wat nooit Goddelike inslag had, nie en dat enige pogings om dit tot Goddelike Reël te verhef, God tot ergernis strek, nie. Die Jode van destyds het al ’n lang rekord van Sabbat perversies waarvan God Homself al eeue voor die HERE Jesus Christus se geboorte as Mens, gedistansieer net en waaroor HY Homself uitgespreek, het (Jesaja 56:1-8; Jeremia 17:19-27; Esegiël 20:12-26; 22:8, 23-31; 23:38; Hosea 2:10-11; Amos 8:4-9) en kan húlle tradisies kwalik kwalifiseer as verhewe tot Godgegewe – juis hierdie manier van hulle is deur die HERE sterk veroordeel (Mattheus 15:9)

    Die Goddelike doel van die Sabbat word in Jesaja 58:13 uiteengesit – en dit het niks, hoegenaamd niks, te make met die naam van daardie dag, nie, behalwe net dat dit elke sewende dag (Eksodus 20:8-11) moet geskied, welke deurgebring moet word in toewyding aan God en barmhartigheid teenoor mens en dier (Jesaja 58:13 g.m. Mattheus 12:11-12; Markus 2:27-28). God laat dus toe dat die Sabbat ’n dag is wat volg op ses werksdae en welke dan spesifiek as Sabbat uitgesit word deur die Godsdienstige tradisie van gelowiges (Romeine 14:6-8).

    Die ateïs Jaco kan ook nie onderskei tussen die Godsdienstige geloofstradisie aan die eenkant en hul ongebondenheid aan die sekulêre instelling van die Juliaanse kalender, wat ongeveer 46 v.C. ingestel is deur die Romeine owerheid van die tyd, aan die ander kant, nie.

    Dus, die pre-Juliaanse sekulêre Romeinse kalender het ’n agt dag week geken ooreenkomstig die Nundinale stelsel en het Sondae (bekend as Markdag) as die eerste dag van die week gestipuleer en dié is in die Juliaanse kalender opgeneem, wat dan Saterdag, as die laaste dag van die week, laat. Maar stééds staan God se opdrag dat elke sewende dag, as Sabbat sal dien. Dit is eers met die Juliaanse kalender, dat die 7 dag week ingestel, is en die Sabbat dan weereens konsekwent op dieselfde dag van die week, sal val. Dus, diegene wat dit op ’n Saterdag herdenk, sal dit só bly herdenk en diegene wie dit op Sondag herdenk, sal dit só bly herdenk. Daarom, voor die Juliaanse kalender, as gevolg van die Romeinse kalender met sy agt dae week, het die Godsdienstige Sabbat elke keer op ’n dag met ’n ander naam geval, ongeag, maar solank daar elke sewende dag, Sabbat gehou, word, want dít is wat God beveel.

    Tewens, nêrens in die Woord, het God bepaal of beveel, dat die sewende dag, die laaste dag van ’n week moet wees, nie, of selfs, dat ’n kalenderweek, net sewe dae lank móét wees, nie. Wat God wel bepaal, is dat die Sabbat elke sewende dag sal herdenk word as ’n ewige instelling (Eksodus 31:16-17). Die sewe dag week is ter herdenking van en in navolging van die 7 dag Skeppingsweek.

    Die dag se sekulêre naam waarop die Sabbat herdenk word, het dus hoegenaamd niks te make met Goddelike stipulasie, nie, want elke sewende dag is by Goddelike stipulasie, die Sabbat. Ook die andersluidende benaming van dae vanuit sekulêre kalenders uiteraard géén effek op of bindende krag ten aansien van Godsdienstige gebruik nie en dit is maar net die keuse van die Jode van die tyd gewees om ook hul Sabbat in te ruim volgens daardie Juliaanse kalender, sodat hul Sabbat óók op die laaste dag van die Juliaanse kalenderweek val, naamlik Saterdag.

    Wat ateïs Jaco ook nie besef, nie, is dat ‘Shabbath’ juis die dag se Spirituele naam is en geen ander naam had (Eksodus 16:23) maar daar is géén bekende kalender daaraan verbind, nie! As God ’n bepaalde sekulêre dag van die week by naam daarvoor wou uitsonder, sou God gewoon daardie bepaalde dag by die naam, spesifiseer – maar God het slegs gespesifiseer dat elke sewende dag, as Sabbat geheilig (opsygesit vir God) en herdenk, word.

    Let op - al die dae van die Juliaanse kalender, wat in die Nuwe-Testamentiese tyd gegeld het, is na planete vernoem en dit is bepaald nie God se opdrag, nie. Só is Saterdag na Saturnus vernoem! Wat op aarde het dít met die werklike Sabbat te make? Sondag het egter Goddelike relevansie, want op die Sondag (in die Woord na verwys as die ‘eerste dag’ ooreenkomstig die heersende Juliaanse kalender van die tyd, bloot ter wille van identifisering van die dag) het die HERE uit die graf uitgekom en is Godsdienstig hernoem na “Dominicus Diei” en “Hemera Kurios” - die dag van die HERE, oftewel, die Sabbat, ongeag die stand van die Juliaanse kalender van die tyd en ook verwysende na die dag van die HERE se wederkoms wanneer die opstanding van mense ook sal plaasvind asook die finale oorwinning oor die ewige Dood deur die opstanding van die HERE wat ook die finale Oordeel oor die sonde, wat die dood meebring, simboliseer  (2 Korintiërs 1:14; Handelinge 2:20).

    Trouens, daar is in die Woord – die Nuwe Testament (wat nog te sê, die Ou Testament), juis géén verwysing na die kalendernaam van die dae, nie. Die sekulêre kalender het geen outoriteit oor die geoorloofde Godsdienstige gebruike, nie.

    Maar elke mens met net die geringste insig in sake Gods, weet dat die Godsdiens vir sy Godsdienstige geloofstradisie nie gebonde is aan sekulêre kalenders nie. Dus, God het nóóit die Saterdag as sewende dag ingestel nie, maar Julius Caesar het wel!

    Die betekenis van die woord Sabbat, of “Shabbath”, is ‘dag van rus’ en gaan oor die viering van bevryding van verdrukking – spiritueel en andersins. Daar is egter géén Goddelike voorskrif dat dit op ’n Saterdag moet wees, oftewel, dat Saterdag, juis die sewende dag moet wees, nie. Ten spyte van my herhaalde versoeke aan die arme ateïs dat hy soiets uit die Woord moet aandui, kon hy nie en hy spring om die bos met allerlei vertellings oor die manna en dies meer, sónder dat hy ’n enkele keer kan aandui dat dit God se bepaling is, dat dié dag, ’n Saterdag is! Natúúrlik sal hy nie kan nie, want Saterdag, soos dit bekend is, is deur Julius Caesar in die Juliaanse kalender benoem! Wat hy wél aanhaal, is dat dit bloot ’n Joodse tradisie is, maar hy self kan dit nie insien, nie.

    Die ateïs kan dus nie onderskei tussen die feit dat God die Sabbat op elke opvolgende sewende dag ingestel het, nie maar nié voorskriftelik was watter dág van die sewedaagse siklus, as die sewende dag gereken sou word, nie. Die benoeming daarvan is dus ’n Godsdienstige geloofstradisie om Godsdienstige sewende dag status vir Sabbat-doeleindes aan ’n betrokke dag toe te ken, en kan vryelik genomineer word (Romeine 14:6-8). Onder Jode en sommige Christen groepe, is dit wel Saterdag en ander weer, Sondag, omdat die HERE op Sondag opgestaan, het – ook genoem die Dag van die HERE. Solank die Sabbat geëer  word, want die Sabbat gaan nie oor die dag se naam nie, hoegenaamd nie, maar oor die feit dat daar op dié dag eer gebring word soos deur God voorgeskrywe - want elke Godsdienstige week, het inderdaad ’n sewende dag, wat dié dag se naam nou ook al op die sekulêre kalender mag wees. Christus het dus – en dit staan in die Woord - soos die gewoonte was volgens SY opvoeding (in teëstelling met soos die Wet voorgeskrywe het want dit is nie ‘’n wetsvoorskrif nie – Lukas 4:16) die sinagoge besoek op die tradisionele Joodse Sabbat.

    Dit is die beginsel wat ek heeltyd by Jaco die ateïs wil tuisbring, maar wat hy weens sy twisgierigheid en die gevolglike onbegrip, net eenvoudig nie kan insien nie. As hy in staat was om my vrae te verstaan, sou hy hierby uitgekom, het.

    Maar, om met onbegrip vir en insigloosheid oor die Woord aan te gaan is maar die spirituele vuilput waarin die agnostikus hom nou ten ene male bevind – en dit  by keuse!

    Maar natuurlik, om vir ’n ateïs na die Woord te verwys, is so goed soos om aan ’n blinde ’n legkaart voor te lê om op te los – ons sien dit gedemonstreer met Jaco – hy krap net die legkaart vir homself meer deurmekaar. Tog, die Woord (die HERE) verskaf uiteraard SY Eie oplossings uit Homself – en natuurlik ook vanuit die opgetekende Woord soos dit in die Bybel voorkom (2 Timoteus 3:13-17). Dus, Dolf het absoluut reg gedoen en ook tereg aan Jaco verduidelik dat hy wat Jaco is, mos nie sal begryp wat aangaan nie, want Jaco het nie begrip vir die Woord nie, omdat hy nie begrip het vir die HERE van die Woord, nie en ook nie begrip wíl hê vir die Woord en die HERE van die Woord, nie.

    So, waaroor raak die ateïs steeds histeries in die een sinnelose brief en kommentaar na die ander, die een langer en meer inhoudloos as die vorige? Hier is sy uitsluitlike motief - hy soek uitsluitlik twis omdat hy géén begeerte het om tot inkeer of bekering te kom nie, en twis is gewoon onaanvaarbaar en gaan hy nie kry, nie.

    Die antwoorde lê dus vir hom by die Woord, uit die Woord, oor die Woord – maar van Wie hy niks wil hoor, nie.

    Net maar nóg ’n demonstrasie van die verskriklike frustrerende posisie waarin die tipiese agnostikus hom bevind – daardie knaende en immer dringende kwelvrae oor God waarvan die oplossing dáár lê waar hy verseg om te soek daarna – by God Self.

    En ten spyte van die bogenoemde, sal die ateïs Jaco steeds nie kan insien, nie. En, al wat hy ons uitgewys het, is nie kundigheid oor die Woord nie, maar juis sy onvermoë en onkundigheid jeens die Woord en die God van die Woord – en natuurlik, die geskiedenis.

    Kobus de Klerk

  • Angus,

    Jy skryf: “Die menslike verbeelding vermag alles: daarmee kan jy vierkantige sirkels, vuurspuwende drake, gode, engele, en selfs mooi meisies uit ribbebene skep.” Soos dit vir my lyk, val jy saam in die “apie-sindroom” liga van jou pêl “ongelowige”  Thomas, wat met sy/julle verbeeliding selfs oupa en ouma uit sop uit kan skep – en daarby kan julle selfs uit diéselfde sop ook ‘n akasia boom, of ‘n wilgerboom, of ‘n roosboom, of ‘n moerbei boom, of ‘n krokodil, of ‘n kameelperd, of ‘n leeu, of ‘n slang, of ‘n blou aap’ of ‘n gorilla, of ‘n nagapie, of ‘n arend, of ‘n vink, of ‘n haai, of ‘n tuna vis, of,of,of…… skep – ongelooflike verbeeldingskrag as jy my vra en dít nogal alles eensklaps per toeval!?

    Jy moet net vasbyt (alhoewel vir miljoene-der-miljoene jare), dán gaan jou boeties en sussies wat huidiglik in die bome rondswaai, eendag eerder die bome snoei – én dalk, net dalk, vlieg jou kinders, se kinders, se kinders, se kinders, (ens.) eendag nét soos superman omdat hulle longe en mae ge-evoluseer het in een-of-ander turbine enjin tipe wat lug agteruit forseer teen een geweldige spoed!

    Nee wat, jy moes eerder in Aus. gebly het. Net soos Jaco, voeg jy nie waarde toe nie!

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Hallo Angus... ek's bly jy's veilig tuis... wat onse infernale en onnutsige witbroodjie pastorieseun betref en al sy onhebbelike afknouerigheid van weerlose inwoners in die aftreeoord, wel, jy't daar ook nie veel gemis nie... behalwe, Jaco sien helder deur sy ware Christengelowigheid hom aan vir die goddelose proselietemaker wat hy is.

  •  Lesers.

    Kobus het uiteindelik reageer soos ek hom oorspronklik versoek het. Hy lig 'n mening oor die sekulere kalenders, maar ons weet die Jode het nooit die sekulere kalenders van die Romeine onderhou nie, en dit kom nerens in die Bybel voor, veral in die Nuwe Testament dat hulle enige agting daaraan geslaan het nie. Inteendeel die Bybel het vele voorbeelde van Joodse harstarrigheid in weerwil van Romeinse invloede in die middeooste. Die geskiedkkundige Masada is ‘n skreiende voorbeeld.  

    Kobus het my versoek om vanuit die Bybel te bewys, die doen ek uitsluitlik, maar hy bewys niks vanuit die Bybel dat die Jode van die Nuwe Testament die Julian of enige ander “heidense” kalender gebruik het nie, en dit is ‘n buiging vir eie gerief om te beweer dat die Julian kalender die sewende dag wat die Jode onderhou geskep het, en nie God nie.  Inteendeel, hy laster teen die Bybel.

    Die Jode was genee om geskiedenis en tye te meet volgens die aanvang en einde van ‘n huidige heerser.  Bv.  In die soveelste jaar van die genoemde koning of heerser, het dit of dat gebeur.  Voorbeelde: OT =  1 Kon. 16:29 “Agab seun van Omri het koning van Israel geword in die agt en dertigste regeringsjaar van koning Asa van Juda.  NT = Lukus 3:1 “Dit was die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius …..”  (geen Julian of ander “heidense” almank datums gebruik nie)..

    Met betrekking tot weeksdae.  Die Jode van beide die Ou en Nuwe Testament het ‘n sewedae week onderhou, en was nooit met die Julian of enige ander “heidense” almanac aangepas soos Kobus beweer nie.  Die Bybel het benamings vir net twee dae van die week, nl. die voorbereidingsdag (die  sesdedag ter voorbereiding vir die aanvang van Sabbat), en die Sabbatdag.  Nerens het ek beweer God of die Bybel het die benamings Vrydag, Saterdag of Sondag gegee nie.  Ek het dit in ons modern konteks genoem vir gerieflikheids onthalwe vir die leser om te kan verstaan dat ons huidige Saterdag val op die Joodse Sabbatdag, en Sondag op die Joodse eerste dag en Christene se Sabbatdag.  Die sewedae weeksdae is ter herinnering aan die skepping van Gen 1. met die Sabbatdag ter viering van die sewendedag waarin God gerus het van sy skeppingswerk, en word sodanig in die 4de gebod van die Tien Gebooie duidelik genoem.   

    Kobus het dit dat enige sewende dag na enige ses werksdae vir die betrokke person ‘n Sabbat is, en skryf af as onbenullig die Bybelse voorbeeld in die woestyn waar die manna elke dag verniel het, behalwe dit wat vir ‘n spesifieke dag, nl. die Sabbat bedoel was, wat nie verniel het nie. Daardeur beklemtoon God ‘n spesifieke en geen ander of enige dag, as Sabbat nie.  Kobus in sodanige stelling maak in werklikheid die Tien Gebooi ongedaan, want dan het die Tien Gebooie nou net Nege Gebooie geword.

    ‘n Bybelse dag het begin vanaf sonsondergang tot sonsondergang die volgende dag. Voorbeeld. Ter viering van die Versoendag, word die betrokke maand en dae uitgestippel en hoe die dae gemeet moet word. Lev.23:32 “Dit moet vir julle ‘n plegtige rusdag wees (in hierdie geval die Versoendag) waarop julle vas.  Julle moet rus vanaf sonsonder af op die negende van die maand (7de maand Lev. 23:32) tot sononder op die tiende (dag).” Ure word gemeet volgens aantal ure sedert die aanvang van sonsondergang of die aanvang van sonsopkoms. Bv. Die gelykenis van die arbeiders in die wingerd Matt..20:5 (Engels. KJV) “Again he went out about the sixth and ninth hour and did likewise.” Die Afrikaanse vertaling het dit in ons modern tyd omskryf en lees: “Teen twaalfuur en teen drieuur het hy weer uitgegaan”

    Jesus (die Christen God) het die Joodse Sabbatdag onderhou en in die Joodse sinagogas uit oudergewoonte vir die Jode geleer. Mark 1:21 “Toe die Sabbatdag aanbreek, het Jesus reguit na die sinagoga gegaan en die mense daar geleer”. Hy is Heer van die Sabbatdag Matt. 12:8 “Die Seun van die Mens is immers Heer oor die Sabbat.” Dit in sigself bedoel ‘n Sabbatdag wat Jesus onderhou het as ‘n Jood.  Paulus soortgelyk. Hand. 13:14. (Paulus en metgeselle het) op die sabbatdag na die (Joodse) sinagoga gegaan.”  Hand. 13:42. “And when the Jews were gone out of the synagogue, the Gentiles besought that these words might be preached to them the next sabbath.”  (Die Afrikaanse vertaling is nie so duidelik nie.  Oor die algemeen is die Engelse KJV meer na aan die oorspronklike as die Afrikaanse vertaling).  Nerens in die Bybel word genoem dat die Joodse sabbatdag ‘n oorlewering, ‘n tradisie is nie.  Met Paulus se preek en kastyding van die Jode in Hand 13:14 tot 41. uiteengesit, waar hy die hele geskiedenis van die Jode vir die Jode uiteengesit het, het hy nerens genoem dat hulle die verkeerde sabbatdag vier nie. Dit sou toe ‘n idiale geleentheid gewees het.  

    Die feit dat ek God en Jesus in respekvolle wyse skrywe is geensins ‘n aanduiding dat ek in hulle goddelikheid enigsins glo nie. Die teendeel eerder.  Wanneer  ek die Bybel aanhaal, haal ek dit aan in die gees waarin dit deur die skrywer geskrywe is.  Die Bybel is ‘n ope boek vir almal, nie net vir Chrisene nie.  Omrede ek ‘n uitgesproke ateis is keer nie my reg om dit te studeer en eie gevolgtrekkings daaruit te vorm nie.  Jode  en Christene is selfs nie eenders in hulle vertolking van die Bybel nie.

    Ek vat Christene aan wat my aanvat, veral wanneer hulle self nie die Bybel uitleef soos duidelik in die Bybel geskryf is nie.  Ek word beskuldig dat ek die Bybel selektief kwoteer om my lewenstyl te regverdig.  Dit is ‘n blatante leuen.  Ek self het geskryf. Gays wat die goddelikheid van die Bybel aanvaar, moet die gevolgtrekke van Lev en Rom ook aanvaar.  Dit tas my geensins aan nie, want ek as uitgesproke ateis aanvaar nie die goddelikheid van die Bybel geensins nie, dus het ek geen rede om die Bybel selektief te kwoteer om myself enigsins vanuit die Bybel te regverdig nie.  Maar ek bieg, ek is verstom oor die huidige debat waar die Bybel deur uitgesproke Christene verdraai word om selektief in te pas by hulle lewensbeskouinge wat met die Bybel bots.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    En o ja Angus... jy't dalk nog nie van Dolf geweet nie... hy ken jou egter al baie jare lank... dis een van Kobus se stemme wat besluit het om solo te gaan (nes 'n paar ander voorheen)...

  • Kobus de Klerk

    Jaco, nou ja, ek hoef nie weer myself te herhaal nie – alles staan daar en jy moet maar besef, dat gelowige lesers sal begryp wat ek sê alhoewel jy weens jou agnostisiteit, dit nie kan regkry, nie. Wat jouself aanbetref, verstaan jy negentig persent van wat ek geskrywe het nie, want jy het nie insig daarin, nie.

    Jy is nou behoorlik die loef afgesteek omdat jy van die Woord niks verstaan of kan insien, nie en ook nie wat ons as ware gelowiges vir jou skrywe nie - en die rede daarvoor en ook die redes vir jou obsessiewe omgang met die Woord en gelowiges, is in die hoofartikel bespreek en uiteengesit – en dit is opmerklik dat jy hoegenaamd niks daarvan kon weerlê nie maar die rookskerm van die kamstige verskille tussen Ou en Nuwe Testament, wat jy ook nie kon substansieer nie (vir dieselfde redes), opgewerp het, maar ook nou soos mis voor die oggendson weggevee is.

    Net een ekstra voorbeeld benewens dié wat alreeds genoem is, van jou onsinnige hantering van jou eie bewerings –

    Ek vra jou: “Gee nou vir ons 'n bewys dat die Sabbatdag, wat deur God ongeveer 3500 gelede ingestel was, by wyse van die Tien Gebooie, op 'n Saterdag geval het, en waar God bepaal het dat Saterdag, die sewende dag is en nie die sesde dag is, nie. Dus, wys ons waar God 'n naam toegeken het aan die sewende dag - die naam Saterdag. Wys vir ons waar God bepaal het watter dag die eerste dag is, en wat die dag se naam sal wees”;

    Jy antwoord: “Maar as jy self nie weet watter dae van die week die sewende en eerste dae uitmaak nie, dan toon jy jouself omtrent onnosel. Kyk na jou almanak.” – Jy verwys my na my almanak? Die Juliaanse/Gregoriaanse almanak van die sestiende eeu, wys vir my watter nomenklatuur vir dae 3,500 jaar gelede – 1500 v.C. - in die woestyn deur die volk gebruik is? Dit hou jy uit as die bewys van wat in die woestyn met die benaming van dae plaasgevind, het en dat die sewende dag op ’n Saterdag geval, het?

    En toe ek vir jou, jou totale wanpersepsie van die almanakke en die ontoepaslikheid daarvan vir doeleindes van die vasstelling van die Sabbat op Saterdag in die destydse woestyn gemeenskap  uitwys en dat die almanakke en derhalwe die benaming Saterdag,  juis nie van toepassing is nie, omdat die benaming Saterdag eers in die Juliaanse almanak eeue later sy verskyning gemaak het, kom jy so wrintie en jy skrywe in jou laaste kommentaar hierbo:

    “Die Jode van beide die Ou en Nuwe Testament het ‘n sewedae week onderhou, en was nooit met die Julian of enige ander “heidense” almanac aangepas soos Kobus beweer nie.  Die Bybel het benamings vir net twee dae van die week, nl. die voorbereidingsdag (die  sesdedag ter voorbereiding vir die aanvang van Sabbat), en die Sabbatdag.  Nerens het ek beweer God of die Bybel het die benamings Vrydag, Saterdag of Sondag gegee nie.” –

    Jou feite is weereens nie korrek nie, maar kom ons bepaal ons net by die Saterdag-is-Sabbat kwessie.

    Dus, jy beweer “Nerens het ek beweer God of die Bybel het die benamings Vrydag, Saterdag of Sondag gegee nie” Dit is presies wat ék sê, waarna jy my toe aan die almanak verwys (die aanhaling van jou woorde is hierbo) beweer, maar, nou is jy só deurmekaar dat jy vergeet het dat jy in jou aanvanklike twisgierigheid  geskrywe het:

    Sabbatdag op die 7de dag (Saterdag - opdrag)     -     Sabbatdag op die 1st dag (Sondag – sonder opdrag)” en ook in ’n kommentaar hierbo “Maar as jy self nie weet watter dae van die week die sewende en eerste dae uitmaak nie, dan toon jy jouself omtrent onnosel. Kyk na jou almanak”.

    Sien jy wat met jou gebeur het oor jou twisgierigheid, insigloosheid en onkunde? En dit is maar een voorbeeld van jou selfvernietigende sirkelargumente. Jy is so verward en deurmekaar en skarrel rond soos ’n rot op ’n warm plaat sonder dat jy die vaagste benul het van wat die werklike issues is.

    Jy verneder jouself. Jy gee blykbaar nie om nie en dit ondersteun my punt in die hoofartikel dat julle alles sal doen, solank julle net daardie psigotiese obsessiwiteit oor God en SY Woord kan voed.

    Ek het jou vroegtydig gewaarsku – jy is heeltemal uit jou liga uit. Meer nog - jy sal dit nie met honderde woorde kan verdoesel nie, want hoe meer jy skrywe hoe meer vererger jou alreeds hopelose situasie in hierdie gesprek.

    Ek gaan nie eens die moeite doen om die res van die snert wat jy opdis in jou verwardheid, te ontleed en uit te wys soos wat ek hierbo gedoen het met betrekking tot die almanak nie. Mense lees en sien, dit.

    Hopelik sal jy ook nou kan besef waarom ek van die begin af gesê het – jy mors my tyd. My kommentaar hierbo is om eens en finaal aan jou uit te wys hoe hopeloos jou situasie is in die gesprek wat jy weens twisgierigheid self begin, het – en dat jy dit nie eens self kan begryp, nie.

    Jy verstaan nie die Woord nie, jy verstaan nie wat ek en Dolf vir jou geskrywe het, nie. Jy is só deurmekaar weens jou eie insigloosheid dat jy nie eens besef dat jy my eintlik ondersteun en jouself weerspreek nie!

    Ek wil my werklik nie vêrder aan jou twisgierigheid steur nie – as mens daarop moet reageer kan dit net gedoen word om jou te lei om jouself te verneder – soos nou gedoen is - op jou eie aandrang - terwyl jy nie eens die implikasies daarvan vir jouself  begryp, nie..

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Arme Kerneels - die outjie met probleme.  Vir hom is dit blykbaar so belangrik om stories te neem, dit sy eie te maak, en dan vir die waarheid op te dis. Soos nou met die nuwe 'pastorieseun' storie. Waar op aarde kom hy aan die goed wat hy vir die waarheid  kwytraak? En net so ook met my en Dolf se identiteit. Dis asof Kerneels homself nie kan verhelp nie.

    Arme Kerneelsie. Wil jy nie maar liewer die dinge van jou laat staan, nie, Kerneels? Kan jy ooit?

    Kobus de Klerk

  • Kobus

    Jy skryf:  "Ek wil my werklik nie vêrder aan jou twisgierigheid steur nie" Dit pas my goed.  Ek sal voortaan my monoloog aan die lesers lewer.  Ek verwag voortaan geen kommentaar van jou kant soos deur jou hierbo belowe.  Maar ek belowe nie ek gaan nie op jou skrywes nie kommentaar lewer nie.

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    Jou monoloog voortaan aan die lesers lewer, Jaco? Sien? Nes ek gesê het - lees weer die artikel hierbo sorgvuldig - jy demonstreer die psigotiese obsessiwiteit waarvan ek melding maak en beskrywe,  juis daarmee, perfek.

    En, wil jy weer gelei word tot die punt waar jy jouself verneder, omdat jy steeds niks geleer het, nie?

    Ag, is dit nie jammerlik, nie.

    Besef jy dan nie wat jy jouself aandoen nie? Of kan jy nie meer daardie gesonde oordeel baasraak nie.

    Terloops, jy het nog nie vir ons uitgeklaar nie - ek het dit hierbo vir jou in jou eie woorde, verbatim - uitgewys.  Eerstens het jy deurgaans daarop aanspraak gemaak dat jy net jou inligting uit die Bybel kry - uiteraard ook nie waar nie, maar nietemin jou aanspraak. En so, toe dit jou pas, toe sê jy dat daar geen God bestaan om dae toe kon skep, nie. Staan dit ook in die Bybel?   En toe die teendeel jou pas, toe sê jy dat God (die Een Wie kwansuis nie sou bestaan om dae te kan skep, nie) wel die Sabbat op die sewende dag ingestel het (die waarheid) - en uiteraard - ingeval jy dit ook nie kan insien nie - om dit te kon doen, moet God tog, volgens jou eie erkenning, leef.

    So weerspreek jy jouself in die sirkelargument en breek jy jou eie argumente tot in hulle uiters wankelrige  fondasies, af. Jy weet natuurlik hoekom... want daar was in die eerste plek geen meriete in nie en jy het dit aangepak uit pure twisgierigheid en vir die doeleindes soos in die artikel hierbo vermeld - ter voeding van daardie psigotiese obsessie oor God en Godsdinge.

    Toemaar, moenie eers probeer verduidelik nie, want hoe meer jy probeer, hoe erger ontwikkel dit vir jou.

    So, ons besef dat jy nie hierdie teenstrydigheid uit jou eie siel rasioneel kan verklaar nie, maar ook dit, is juis die demonstrasie van daardie smeulende verwarring in jou ateïstiese siel waar jy innerlik besef God lewe, maar uiterlik probeer voorgee dat HY nie lewe nie en dan dit wat jy diep innerlik weet - dat God verseker Lewe - kunsmatig  te probeer onderdruk met al die snertstories waarmee jy juis voornemens is om oor monoloog voer, as dit moet., want julle kan maar net nie anders, nie.

    Wanneer sal jy ophou om die Goddelike Waarheid te probeer onderdruk?

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Hahaha... Dolf se identiteit?... hahaha... hel nee ou Kobus, Dolf is niks behalwe 'n leë dop beset deur jou nie...  maar wat het jy nou weer verkondig oor jou pa se beroep?... ek meen - ek kon dalk 'n fout gemaak het, of so iets...

  • Ek dog jy het belowe jy gaan nie meer met my praat nie. Woorde skaars koud en siedaar 'n antwoord op my skrywe.  Ek dink jy is bang jou skrif gaan in 'n monoloog ontwikkel, want dit wil vir my voorkom dat niemand anders meer, behalwe fiktiewe Dolf nie, en daarin prys jy jou eie stert, wil meer met jou praat nie.

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    Kom Cornelius - almal het werklik genoeg gehad van wat jy versin en as waarheid verkondig - skaars 'n dag gelede het jy elders ewe driftig bevestig dat alles wat jy op die forum 'deel' wat jou betref (nogal veelseggend) die waarheid is ...

    Dus, waar het ek te kenne gegee dat  ek 'n pastorieseun is of my vader 'n predikant?  Wys dit uit, of neem verantwoordelikheid vir nog 'n storie van jou af, wat jy vryelik as waarheid verkondig, totdat jy daarmee gekonfronteer word.

    Kobus de Klerk

  • Cornelius en Jaco,

    Luister manne (Jaco?), ek weet julle sukkel verskriklik met begrip van die FEIT dat ek en Kobus NIE dieselfde persoon is NIE! Cornelius, jy noem my ‘n leë dop - ek is so min ‘n “leë dop” as wat jy ware geloof het! Jaco, jy weer, noem my fiktief – ek is so min fiktief as wat jy “straight” is! Maar ek lag elke keer heerlik vir julle en hoe julle eenvoudig moet aanhou met jul idee dat ek en Kobus, een en dieselfde persoon is! Dit bly ongelooflik hoe ware geloof in Christus, ware gelowige christene saamsnoer  en hoe dié feit julle tweetjies bly uitboul en baffle. Julle sien, indien julle moet erken dat ek en Kobus twee verskillende mense is - dan moet julle ook erken dat ons deur die Een Ware Heilige Gees gelei word en dat ons beide broers ín Christus is - ons skrywes ondersteun dit ook (selfs julle erken dit, alhoewel onwetend só), en daarvoor sien julle nie kans nie!

    Maar dan weet ons mos julle begripsvermoeë van enigiets laat veel te wense oor – dié het julle al oor-en-oor bewys.

    Sterkte manne (Jaco?).

    Dolf

  • Kobus de Klerk

    Wat 'n  reaksie, Jaco. Besef jy wat dit van jou getuig? Ek twyfel. En, terwyl jy daaroor kopkrap, kyk maar of jy kan verstaan en begryp wat hierdie beteken:

    "Ek wil my werklik nie vêrder aan jou twisgierigheid steur nie – as mens daarop moet reageer kan dit net gedoen word om jou te lei om jouself te verneder " ... want dit is wat ek gesê het... begryp jy wat aangaan?

    Kobus de Klerk

  • DAAAG, DOLF !!

    Dag Dolf,
    Dag ou Dolfyntjie, man!
    Welkom hier by ons. 
    My ou taanta Koba praat al lank nie meer met my nie ..... van die dae toe sy haar gesensor gesien het met die parallaks. Nou stoot sy jou maar voor om die vuilwerk  (lees: 'slegsêwerk') te doen, terwyl sy ewe rustig  haar koffie met die grootttoon sit en omroer. 
     
    Ou Dolfie, man. Jy stem seker saam met my dat  die Bybel 'n skepping van die menslike verbeelding is, nes die Koran of enige ander  geskrif soos bv. Homerus se Ilias en Odyssee. Kom, nou, Kobussie, ag ek bedoel, Dolfie, erken man, erken.
     
    Groetnis
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Dolf,

    Die onvolwasse benadering van Angus is nie vreemd, nie. In die verlede het hy baie selde iets meer as die tipe van onvolwasse benadering getoon.

    So, kom ons hou maar die gesprek op die vlak waar hy dit kan begryp.

    Maar dit lyk of hy daar in die Australiese dorre middelland nog baie meer agteruitgegaan het, boonop. Op die manier wat hy sukkel om te praat en jou naam uitgespreekte kry en deurmekaar raak met ons twee se name, lyk dit kompleet hy het waarskynlik 'n hou teen die kop weg tydens 'n onderonsie met 'n rooi Kangaroe toe hy homself ewe voorbarig wou gaan voorstel as vêrlangse familie, so in sy soeke na sy oom Darwin. Rooi Kangaroes duld blykbaar nie sulke vrypostigheid en familiariteit nie.

    Wys jou, nie eens die kangaroes wil vir arme ou Angus hê, nie.

    Maar ek is bevrees, as jy iets meer sinvol as die tipe van gesprek met hom wil hê, gaan jy baie teleurgesteld wees. Hy is gek na fabels - hy sê oom Darwin se fabels is beter as die van die beroemde broers Grimm, en ook die ou Griekse fabels waarop hy versot is, want hy is 'n selferkende entoesias van oom Darwin se fabels.

    Blykbaar het oom Darwin juis sy inspirasie vir goed wat sommer so in ander goed kan verander en dan sommer mens word, by die beroemde eerste fabel van die Grimm broers, 'der Froschkoenig' (Die Padda Prins) gekry.. Hulle was ook op hul kruin juis toe oom Darwin sy boekie van fabels gepubliseer, het - maar oom Darwin se skryfvernuf was glad nie so goed soos hulle s'n nie, en hy kon toe nie sy fabels so kleurryk verwoord soos die broers Grimm, nie en was sy poging tot fabels maar baie vervelig. Jy sien, toe oom Darwin moes klasdraf en iets leer by die universiteit, toe het hy eerder sy klasse gebank en agter torretjies en goggas gaan aanhardloop.  Nou ja, ons weet dat veral kinders, met sterk verbeelding bedeeld is. Die dat hy nie so mooi kon skrywe nie. Een ou wat hom gesien het, het blykbaar heel profeties opgemerk 'small things amuse small minds'. Met die gevolg, natuurlik, dat ander ouens wat ook so versot op fabels soos oom Darwin was, soos oom Huxley, toe sommer verkeerdelik oom Darwin se vervelige fabels as wetenskap aansien. Net wetenskap van die tyd was so vervelig soos oom Darwin se fabels. En dit is toe hoe die fabels verkeerdelik in die skole en universiteit beland het onder die vaandel van wetenskap.

    Van toe af, is net ouens wat ook versot is op fabels, toegelaat by die universiteite, sodat hulle oom Darwin se fabels in die wetenskapklas kan doseer. Hierdie ouens kan vir jou met hulle fabels in 'n ommesientjie van 'n stukkie kakebeen of 'n paar tande, sommer 'n hele spesie diere en mense, optower. Dan vat hulle dit en verander dit sommer in heel iets anders - en dan hulleself agterna glo, boonop!

    Wie't nou kon dink dat fabelleer vir 200 jaar lank so sou floreer - maar ek sê jou wat - hierdie ouens beskerm hulle fabelbou kultuur en nering, met aggressie en passie, hoor, amper erger as die tradisionele Japanners se Katana (swaard) makers!

    Jy kan jou ook net indink, hoe ware natuurwetenskap in die proses bykans totaal ineengestort het - as 'n ding nie fabel potensiaal het nie, word dit summier uitgegooi deur die klomp. Dis of fabel of niks!

    Dis hoeka die dat hy wat Angus is, ook dink dat selfs die Bybel fabels is. Dit is sy hele verwysingsraamwerk en wil dan ook alles daarin inpas.

    Ook die dat ek my  regtig nie aan hom steur, nie.

    Groete,

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Soos reeds elders uitgewys moet jy sekerlik die mees onkundige regskundige wees (al is dit met 'n para vooraan deesdae).  

    Jou veronderstellinge en fabrikasies oorskry lank reeds die absurde.

    Derhalwe het jy geen saak waarin jy jouself as 'n held teenoor my kan voorhou nie.

    Gegewe jou nimmer eindige en ongrondwetlike anderhaat; om in openbare belang en vertroosting 'n regter se beslissing oor jou oneervol doen en late bekend te maak is hoegenaamd nie 'n misdaad nie, inteendeel.     

    Ja, en soveel meer vir jou boewery op die werf.  

    Ek't eerlik gedink dat jou pa 'n predikant was ('n indruk van waarheid wat my iewers verkeerdelik oorgekom het).  

    Maar, ek besef ek kan hierdie keer verkeerd wees en vra byvoorbaat verskoning sou dit wel die geval wees.  

    Met alle respek aan hom; wees trots op jou vader en vertel jy self wat sy nering was!    

    Of, wees 'n lafaard en speel jou verskuilde speletjies met jou vader se eer nes jy joune vir ydelheid verkwansel het.  

    Die punt is dat jy in jou duiwelse kul jou hier kul jou daar die aandag van jou besetenheid weglei deur my op jou vlak verdag te laat...  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Dolf... Kobus het darem nog 'n bietjie persoonlikheid al is dit gesigloos (darem 'n paar 'volledige bydraes' onder sy private profiel en al)... jy slaan net in woernale uit ... jou gedagte is nie eens 'n armlengte van die ou grote weg nie... siestog, karring maar aan nes dit jou behaag...

  • Angus

    Is jy 16 of is dit maar net die “apie” in jou wat na vore kom? Jou bravade en arrogansie is so duidelik, dat jy jouself nou so kan aanmatig om my welkom te heet “hier by julle”, só asof jy Litnet besit - of is jy die “hoof” nar hierond!? Dalk is jou IK gelykstaande aan dié van jou vêr-langse neef, die eensellige amoeba, of roer jy nog dié “sop” met jou groot toon om?
    Wat jy moet erken is dat jy (en jou “apie sindroom” trawante) júis julle eie verbeelding volg en die godsdiens van evolusie aanhang en jul afgod, Darwin dien! Kom nou erken man, erken (om jou woordjies te gebruik)!

    Terloops, julle (dis nou jy, Jaco en Cornelius) kort nog net een mannetjie in jul spannetjie – dan is julle ‘n aflos span wat heeldag om-en-om die baan van “jy en Kobus is dieselfde mens” kan hardloop en só julle verbeeldings veldtog op pad na nêrense kan voortsit.

    Sterkte

    Dolf van Loggerenberg (aka Dolf), (aka Dolf), ens.

  • Kobus de Klerk

    Jy 'dink' baie dinge wat jy as waarheid voorhou, maar wat glad nie so is, nie, Kerneels. En jy hou daarmee vol ten minste totdat jy uitgevang word, maar meestal ook daarna.

    Nou vra ek jou weer - waar kom jy daaraan dat jy 'dink' ek is 'n pastorieseun. Toe, uit daarmee. Waarin is die basis van jou 'dink' geleë?

    Terloops, eintlik gee ek glad nie om wat jou opinie van my is, nie.

    Kobus de Klerk

  • Cornelius,

    My maggies, ou Amigo, wat vertel jy my nou – het die realiteit tot jou deurgedring dat jy UITEINDELIK agtergekom het dat ek en Kobus toe nou nie dieselfde persoon is nie!

    Dit laat die vraag ontstaan – as jy só kortsigtig is in jou vermoeë om so iets eenvoudig te begryp, hoe kan mens enige waarde heg aan jou gebabbel oor enigiets, wat nog van sake God’s en ware geloof?

    Troos jou daarin dat jy wel ‘n hanetreetjie voor Jaco en nou ook, Angus, is met betrekking tot begrips vermoeë en natuurlik die “wakker skrik” faktor!

    Dolf

  • Wow! Overkill!  Angus maak 'n kort humoristiese stelling, en Kobus reageer met amper 'n boekdeel beledigings.  Ek kan my verbeel hoe die spoegsels vanuit sy mond in woede spat.  Nou waarom was Kobus so sensitief oor Angus se kommentaar rakende Dolf?  It's obvious for all.  Kobus vat dit so persoonlik op asof wat van Dolf gese word hom persoonlik raak. En dit doen wel, want ons weet Dolf is einlik Kobus. 

    Jaco Fourie

     

  • CorneliusHenn

    'Overkill' omtrent enigiets wat van die werf se infernale haagprediker kom is 'n geringskatting... lyk my ek is in die hoek oor die arme ou Kobus se vader... wat kon my begeef om te dink die besete proselietemaker was 'n pastoriekind?

  • CorneliusHenn

    Dolf... net omdat jy uit die ou grote se kop kon ontsnap het beteken sekerlik nie dat jy sommer so maklik jou ou vurkie hier gaan kan kom rondswaai nie...

  • Kobus en fiktiewe Dolf se briewe volg binne minute op mekaar,  Wat se die wet van gemiddeldes oor sodanige toeval, diekeer, binne dae 'n herhaling van "toeval".  Die antwoord.  Dis in nie meer toeval nie.

    Jaco Fourie

  • Kobus,

    Ek moet seker probeer ophou, maar ek geniet ou Jaco en nou ook Angus, se penarie waarin hulle sit (en boonop het hulle dit self geskep – veral Jaco en sy pêl, ou Cornelius), van hul aanhoudende wanbegrip dat ek en jy dieselfde persoon is. Wat ek ookal probeer doen, val net op dowe ore – veral van Jaco se kant af! Dit wil voorkom asof ou Cornelius (aka Amigo) uiteindelik wakker geword het van sy eie verbeeldingsvlug en so sku-sku en amper-amper erken dat hy toe nou tog die spreekwoordelike “pot” misgesit het, al die tyd - dít nadat hy juis daarop aangedring het, ter ondersteuning van sommige van sy redenasies! Lyk my ook dat ou Cornelius nou in sy kombuis laaie rondgrawe – seker dié dat hy van vurkies praat.  

    Dankie ook vir jou skrywe rondom Angus en sy evolusie afgodsdiens aanhangery –  ek het ook lekker gelag vir jou Rooi Kangaroo verduideliking oor hom.

    Cornelius,

    En ...?

    Jaco,

    Jou redenasie vermoeë word lelik die loef afgesteek deur jou eie skrywe “Kobus en fiktiewe Dolf se briewe volg binne minute op mekaar,  Wat sê die wet van gemiddeldes oor sodanige toeval, diekeer, binne dae ’n herhaling van "toeval".  Die antwoord.  Dis in nie meer toeval nie”. Nou, gebaseer op jou redenasie, moet ek seker dan ook aanneem dat die feit dat jy en Conelius se skrywes in twee gevalle hierbo “enkele minute” uitmekaar is (en kyk na die “toeval” van hierdie feit ook onder ander skrywes), dat daar ’n kans is dat julle dieselfde persoon is? Is jy werklik ernstig? Of is dit maar deel van jou desperaatheid om nog darem ietsie te probeer sê – nadat jy al vir die soveelste keer pakslae gekry het – veral by Kobus! Dit sê baie van jou vlak van intelligensie en “sinvolle” redenasie  – veral as ons kom by jou self-opgelegde “besonder kennis” van die Bybel. Watter deel van, "ek is net so min fiktief as wat jy "straight" is" verstaan  jy nie?

    Sterkte

    Dolf van Loggerenberg (aka Dolf), (aka Dolf), ens.

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Jy is al lankal in die hoek met jou versinde eie 'waarhede' - en jy kom dit nou eers agter?

    Ek vra weer - waar kom jy aan die 'idee' dat ek ’n 'pastorieseun' is? Kom, ek wag vir jou verduideliking - want ek sê jou jy het dit sommer net versin om op ’n perverse manier my te probeer diskrediteer daarmee (jy skryfwerk is mos op rekord). Dus, ek wag dat jy verduidelik.

    Jaco,

    Jy tree pateties op. Jy het met jou eie twisgierigheid ’n wafferse pak slae gekry, en nou glip jy maar glibberig met sulke onsinnige praatjies rond. Kry jy nie skaam, nie?

    Natuurlik was dit nog nooit toeval dat ek en Dolf kommentare skrywe, nie.

    Jy is glibberig - jy probeer Dolf ontsenu - maar jy ken gelowiges maar sleg ... Al wat gebeur is dat jou en Kerneels se absolute onvolwasse reaksies die klem laat val op julle onvermoë om sinvol met my en Dolf se kommentaar en briewe te handel.

    Julle getjommel is sinneloos en verg nie verdere aandag nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Dolf,

    Nee, wat, man, speel hulle - hulle vra daarvoor. Jy sien mos nou - hulle ou arsenaaltjie was hol en dolleeg voor hulle begin het - toe spook ou Jaco dat dit bars, en delf die onderspit. Al wat nou oorbly, is hierdie geneul oor ek en jy - asof dit nou die feit sal versteek dat hulle nie raad het met wat ons sê, nie. 

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus en fiktiewe Dolf.

    Pakslae gekry!   Dit is jy wat die pakslae gekry het en probeer verwaand voorkom as oorwinnar hierbo.  Maar toemaar,  ek gaan nog baie oor die Bybel skrywe, en indien jy my weer wil teenstaan, sal ek jou weer  'n pakslae met die Bybel toedien.  Indien jy beledigings ;n pakslae noem, het ek jou 'n pakslae gegee met Bybelse antwoorde wat jy nie kon antwoord of teestaan nie, net 'n wanhopige gewarra, warra.

    Jaco Fourie.

  • CorneliusHenn

    Dankie JIRRE ek's verkeerd!...   Die duiwel alleen weet waaruit die infernale kragdadige ou grote Kobus de Klerk kom (baie erg eufemisties gesteld)...   ek vra nederig om vergiffenis aan elke pastoriekind op aarde...  diep in die modder, Ekke...

  • CorneliusHenn

    Dolf, daar is werklik geen verskil tussen jou en die kragdadige ou grote Kobus de Klerk se helse boogskiet nie... jy herinner sterk aan Kobus de Klerk se  "Christenmoeder" destyds en haar twee seuns ...

  • CorneliusHenn

    Dis Kobus de Klerk ... hy het balans en perspektief verloor... die punt is egter dat die ou grote (soos hy graag na homself verwys), sy kragdadige dwalinge soos byvoorbeeld dat "Jesus Christus is nie ons Hemelse Vader nie maar die Woord - daarom aanbid ware gelowiges Jesus Christus as ons Ewige Vader", gedurig poog te begraaf in sy kul jou hier kul jou daar aandag weglei deur andere wat hom nie eer nie...  Mag Jesus Christus onse HERE ons almal verlos...

  • Kobus de Klerk

    Ag, Kerneels, wil jy nie maar probeer om end te kry met die stortvloed snert wat jy so onbeheers uitstort,  nie?

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Jy is natuurlik vry om weer te skrywe oor die Woord, waarvan jy op jou eie getuienis (die selferkende ateïstiese agnostikus), niks weet nie, maar voorgee om te weet.

    Wat jy self dink van jou inhoudlose gebabbel oor die Woord, vanuit die insiglose perspektief van 'n ateis, en wat jy dink van ons, die ware gelowiges se kommentaar daarop, is mos van geen waarde nie, behalwe net om die ateïstiese insigloosheid betreffende sake Gods en sake Spiritueel, uit te wys.

    Dus, ek is baie openlik met jou daaroor - as jy jouself wil kasty om weer so insigloos oor die Woord te skrywe, staan dit jou vry om dit te doen. Ons sal jou gebruik vir ons doel.

    Wat egter verbysterend is, is die onvermoë wat jy demonstreer  om insig te verkry in die feit dat jy,  juis omdat jy 'n ateis is, niks kan weet van die Spiritualiteit in die Woord, nie, en dat die Spiritualiteit juis die kruks van die Woord, is (1 Korintiërs 2:13-14 g.m. Mattheus 11:27; Lukas 24:49; Johannes 14:26;15:26).

    Lees gerus baie aandagtig en met ontvanklikheid die Skrifgedeeltes wat ek hier aan jou gee - jy wat so op die Bybel steun en openlik verklaar hoe jy die Bybel as gesag voorhou en aanwend, wat dan noodwendig beteken dat jy mos die Bybel en die Woord daarin as gesag erken (hoewel jy dit nie kan begryp nie omdat jy oor geen Spirituele Intelligensie beskik, nie) - dan sê jy vir ons, gesien dat die Woord, die HERE Jesus Christus,  dit onbetwisbaar duidelik maak (sien die aangehaalde Skrifgedeeltes) dat die Woord deur die Heilige Gees van God ingegee word,  en dat die betekenis van Woord deur die Heilige Gees verklaar en geopenbaar, word... maak jy dus aanspraak daarop dat jy kontak het met die Heilige Gees van God dat jy weet wat die Woord in die Bybel, beteken? Hmmm?

    Kom, vertel vir ons. Ek meen te sê, jy sal darem sekerlik nie in die onhoudbare posisie wil wees, siende dat jy self op die Woord, en uitsluitlik die Woord, steun (ek herinner jou graag aan jou eie mededelings hierbo), dat jy uitgevang word waar jy selektief die Woord soos in die Bybel opgeteken, aanvaar en as gesag gebruik en elders, waar dit jou nie pas nie, weer die Woord soos in dieselfde Bybel opgeteken, verwerp, nie?

    Tja! Jy sal darem seker nie as so opportunisties en inkonsekwent en twisgierig (wat jy is) wil uitstaan, nie? As jy darem mos die Woord in die Bybel as gesag gebruik en jy sê dit onomwonde so - dan is die ganse Woord in die Bybel mos ewe gesaghebbend, ook die gedeeltes waarop ek nou vir jou gewys het hierbo, wat dan noodwendig sal beteken dat jy jouself sal moet erken onderworpe te wees aan die Heilige Gees van God, Wie die Woord vir jou uitlê, om te weet wat die Woord in die Spirituele uitleg daarvan beteken, sodat jy vir ons kan vertel jy weet wat die Woord beteken, dat jy 'n 'kenner' is?

    Toe, kom ons kyk hoe probeer jy om hierdie werklikheid bokspring passies uithaal. En so sal ons lekker met jou speel. Of gaan jy ons verras deur te bely dat jy tot besinning en bekering gekom het?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Kerneels, jy weet nie eens waar ons ware gelowiges se Spirituele Intelligensie begin nie, wat nog te sê, waar dit 'eindig'.

    Lees bietjie terug op jou tussenwerpsels. Kry jy nie skaam oor die nutteloosheid en inhoudloosheid daarvan, nie? . Ek versoek weer - 'wil jy nie maar probeer om end te kry met die stortvloed snert wat jy so onbeheers uitstort,  nie?

    Dit lyk werklik asof jou op negatiwiteit floreer, veral die groot hoeveelhede daarvan wat jy self genereer - soos byvoorbeeld die massamoord, waarvan jy praat - moet ek jou weer herinner dat dit jy self is? Dit is tragies.

    Ek gaan dit maar oorweeg om jou vir eers aan jouself oor te laat. Kan mens jou 'n groter onguns aandoen?

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top