Meeste van die ateïste hier rond het met my gestry toe ek sê dat hulle ateïsme, wat noodwendig die Darwinistiese evolusieleer as skeppingsverhaal insluit, eintlik ’n alternatiewe religie is. Ek het alreeds tevore die Engelse definisies van religie gegee, waaruit duidelik blyk dat ateïsme –cum- darwinisme wél as religie kwalifiseer. Die Afrikaanse definisie lui as volg:
gods´diens
1 (geen mv.) Verering, aanbidding van God of ’n god. 2 (-te) Gesamentlike plegtighede en leerstellings waardeur ’n groep of ’n kerkgenootskap sy God of god vereer; belydenis, geloof. 3 Gesamentlike godsdiensoefeningiens. 4 (fig.) Iets waaraan buitengewoon baie waarde geheg word, wat ’n sterk invloed in iemand se lewe vorm. - Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die eerste gedeelte van die definisie ondervang die diens aan God, ens., en die laaste gedeelte (4 hierbo) sluit baie duidelik die ateïstiese oortuiging in en dui duidelik daarop dat dit ook ’n religie is.
In ’n gesprek nou die dag met een van die residensiële ateïste, Chris “Gilgamesh” Dippenaar, stuur hy vir my ’n skakel wat hy versoek dat ek na moet kyk - duidelik stel dit die saak van die ateïs in perspektief. Lees gerus hierdie skakel. Daar is ook ’n gedrukte weergawe wat vinnig afgelaai en gelees kan word. Die interessante en insiggewende aspek daarvan is dat dit ’n preek (sermon) is… gelewer in die All Souls Unitarian “kerk” – ’n plek wat alternatiewe religieë (niks met God te make nie) bevorder. Veelseggend, of hoe?
Darwinistiese ateïsme is ’n volbloed religie en nié ’n wetenskap nie. Absoluut onbewysbare en onwetenskaplike aansprake oor die ontstaan van lewe word beide deur die darwinisme én die ateïsme gemaak.
Die ateïs-agnostikus lewer ’n preek in die ‘kerk’ om sy religie te bevorder…
Let op:
“Nature never asks us to take things on faith--she implores us to look beyond mere appearances, to investigate deeply into her innerworkings and to see the truth for ourselves … In the beginning all the atoms that make up your body were once in heart of a star. Inside that solar furnace nuclei of hydrogen atoms fused to make the heaver elements required for life. When that star died those elements were released into the open vastness of space. Over time gravity brought those elements together again to form new stars and planets. And on at least one of those planets a handful of those atoms began to do something quite amazing. By no other force but the laws of physics they formed long chains of macromolecules, determined by their chemistry to make crude copies of themselves. The first cells formed and began to divide. Some cells stuck together after dividing and began to differentiate their functions leading to the first multi-cellular organisms. Some evolved limbs and antennae, patches of cells sensitive to heat and pressure--and suddenly the universe could feel… Some of these organisms evolved the ability to use concepts and language and suddenly the universe could communicate, it look upon itself with wonder and ask "who am I?”
En só gaan dit aan.
Wat ’n absolute klug - onbewysbaar, onkontroleerbaar… wilde, woeste vergrype aan die krag van verbeelding… karige, báie karige, feite in ’n kosmos van mites en fabels omgetower – dít is die religie van die ateïs. Daar is nie eens die vooruitsig om dit óóit te staaf nie – mites en fabels versin uit ’n paar natuur-feite op aarde, terwyl almal wéét… die aarde is uniek in alle opsigte daarin wat die mens van die ruimte weet. Daarom ís dinge elders in die ruimte juis nié soos dit op aarde is nie – veral nie lewe nie - maar die ateïs se religie is geduldig en dáármee stort die klug-aanspraak van die ateïs “investigate deeply … Nature never asks us to take things on faith” totaal ineen.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Ek sien jy se die eienskappe van 'n religie is dat dit onbewysbaar en onwetenskaplik is. Hoekom ruk jy dan jou kabouterhoed in 'n krul as ons kla dat godsdiens 'n spul snert is wat onbewysbaar en onwetenskaplik is?
Die skakel deur jou verskaf kan deur enige een gevolg word om te sien dat jou weergawe 'n karikatuur is van Jeremy Beahan se "sermon" is.
Ek tref deurgaans die onderskeid tussen die religiee van die wereld, wat in hoofsaak menslike versinsels is, en die ware Godsdiens, welke komende is van God Self – die aansprake van die Woord is maklik verifieerbaar (mits jy dit kan begryp en verstaan) – veral die skepping van plante, diere en mense. – Daar is niks wat julle kan aanbied, om dit te weerl? nie – daarom soek julle bewyse. En julle verstaan nie die Woord nie.
Bewyse? Maak oop jou oe en kyk na die Woord (alreeds meer as 4000 jaar gelede so opgeteken) en sien alles wat daar staan (vandag nog in die verskeie soorte soos God dit beplan en geskape het, algar uit grondstowwe/aardelemente, nees die Woord 4000 jaar gelde al daaroor opgeteken is), en vergelyk dit met julle onlangse darwinistiese fabels. Daar is g??n manier hoe julle die kruks van die darwinistiese evolusieleer ooit kan bewys nie, terwyl die Woord meer as 4000 jaar gelde alreeds die basiese biologiese feite daaromtrent gegee het en wat Darwin ’n skamele twee eeue gelede in fabels gaan probeer omskep het.
Maar bewyse is onnodig – ons sien dit gebeur soos die Woord se en julle moet fabelagtige teoriee probeer saamflans om dieselfde resultaat te probeer bewys. Op jul eie erkenning, weet julle nie wat aan die begin gebeur het nie, soos ek al tevore uitgewys het, maar ons weet, want ons ken God en Hy Lewe en Hy het vir ons vertel dat di? dinge gebeur het en dat Hy die Skepper daarvan is.
Wat die wetenskap aanbetref, is daar niks besonders aan nie. Dit verg gewone intelligensie, wat almal het, om dit baas te raak. Niemand onderdruk hulle parate intelligensie nie en meeste van ons oefen dit gereeld. Enigeen wat belangstel, kan dus die wetenskap eenvoudig gaan opswot. Nie so met sake Spiritueel nie. Daarvoor het jy Spirituele vermoens en intelligensie nodig – en die onderdruk julle doelbewus. Daarom is dit logies dat julle analfabete en insigloos in daardie veld is.
Chris, ek het die skakel geplaas juis om dit vir ander maklik te maak om dit te lees – ek sal dit verwelkom. Wanneer hulle dit lees, sal hulle agterkom hoe onwerklik, fabelagtig en versukkeld julle ateistiese religieuse fondasie is. Dit is dus nie ek wat die karikatuur optower nie, maar ek maak maar net die spul bekend – dit is jou geloof wat ’n karikatuur is – jy eien die kernbegrippe daarvan klaarblyklik as sodanig, vandaar jou benaming daarvoor.
Groete,
Kobus de Klerk