Indien Mitt Romney (‘n Mormoon Christen) Amerika se volgende president word, voorsien ek verlies aan ondersteuning van baie van Amerika se bondgenote. Van die sieninge wat hy huldig wat tot wrywing kan lei is:
1. Hy wil die weermag vergroot asook Amerika se arsenal
2. Hy het te kenne gegee dat Rusland bly Amerika se nr. een vyand
3. Hy wil stappe teenoor Sjina neem weens die se sogenaamde “currency manipulation”
4. Hy wil maatreels in werking stel wat vyandiges (terroriste) sonder verhoor en sonder siviele regte onbeperk aangehou word, selfs fisiese “co-ersion” (marteling?) ondergaan
5. Hy wil Amerika se omgewings-beheerligaam se magte inkort, sodat omgewings onvriendelike mynwese nl. “fracking” kan voortgaan
Van sy uitgesproke maatreels wat hy gaan poog onder andere om ingestel te kry is die doodstraf; verbod op aborsies; en gay gelyke regte inkort.
(Inligtingsbron Wikipedia – Political Position)
Ek hoop Obama wen die verkiesing.
Jaco Fourie

