Ek twyfel of godsdiens die oorwegende faktor was dat amper helfte van die VSA vir die Christelike dweep Romney gestem het. Natuurlik was te wagte dat die “Bible Belt” state vir hom juis vir hierdie redes sou gestem het, maar ek is van mening dat vir die res, was dit hoofsaaklik rasgedrewe gewees.
Die demografie van die VSA is besig om te verander. In die verlede was die Amerikaanse bevolking hoofsaaklik WASP (White Anglo Saxon Protestants). Nou is hulle vinnig besig om ‘n minderheidsmagsblok te word. Die Roomse Kerk is reeds die grootste enkele godsdiens in die VSA, alhoewel gesamentlik vorm die honderde Protestantse sekte steeds ‘n meerderheid.
Die WASP-bevolkingsaanwas kan nie tred hou met die vinnige swart en Hispanic gesamentlike bevolkingsaanwas nie, asook die onwettige instroming van honderde-duisende Suid-Amerikaners oor die Meksikaanse grens. Daar is voorspellings wat meen dat reeds oor 25 jaar, die WASP ‘n minderheid in die land gaan vorm, en dat Spaans die oorwegende taal gaan wees.
Miskien was die Gays in hierdie spesifieke verkiesing die deurslaggewende faktor gewees waar ‘n amperes 50/50% ondersteuning voor die verkiesing, by die stembus in die guns van die Demokrate geswaai het. Gays in Amerika is tradisioneel 50/50% verdeel tussen Demokraat en Republikein. Met Romney se publieke homofobiese uitinge, sou dit heel onwaarskynlik wees dat enige noemenswaardige gay vir hom sou gestem het.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco
Ek stem saam met jou. Ek het so bietjie na die ontledings gekyk en ras het beslis ’n groot rol gespeel.
Die ooglopende blindheid vir Romney se onwetenskaplike en selfs belaglike geloof en gewoontes, deur bykans die helfte van die kiesers, kan egter net aan godsdiens toegeskryf word.
Thomas