Ek wonder elke dag waar die duisende skoolverlaters op eindig, wat nie uiniversiteitsopleiding kan bekostig nie.
Destyds was die staatsdiens, spoorweë en weermag groot bronne van werkverskaffing.
Omdat my enigste twee kinders na die buiteland moes uitwyk om ‘n heenkome te vind, het ek die vlg paar versreëls saamgestel om die onreg wat deur die jare die Afrikaner aangedoen is, uit te lig.
Ongelukkig is my brief nie deur Die Burger Oos-kaap gepubliseer nie (seker nie polities-korrek na hulle sin nie)
Mev Marais PE
DIE AFRIKANER-KIND
'n Elegie van Protes deur Issie Marais
(met apologie aan Ingrid Jonker)
1 Die Afrikanerkind is dood, hy slaap nie
sy oorskot le by Cuanavale, Gundgundlovu
en in moordkampe in Transvaal
sy bloed voed die aarde by Holkrans
en by Roodewal en Doornkraal
verniet die Tol betaal
2 Die kind wat eens met reuse tred
en bloed en krag
sy plek gekoop het, word verag
op eie grond verkrag
en verban na vreemde vlag
3 Ja, die Afrikanerkind is dood
hy vlug voor regstelkrag
voor traanrook van selfbemag
en teenwig is bedrog vir ander dag
Die Afrikanerkind is dood, Hy slaap nie
(Opgedra aan my kinders in die Vreemde)


Kommentaar
Ek lig my hoed vir jou Issie. Hiervoor sal jy natuurlik verguis word; dis net te ongemaklik vir die benepenes om herinner te word aan hulle aandeel in die jag op Afrikanerdom.