Hello
Die video van die eensame diktator het betrekking.
Nooit het Mugabe so verwese gelyk nie of daar soveel nostalgie vir die ou groot krokodil gewees nie. Hierdie video gaan perfek saam met die video van die ander diktator wat al deur Oom Daan hier aangebied is.
Dit is werklik moeilik om ’n diktator op jou eie te wees in ’n tyd vol van die moderne tegnologie. Wie bel jou om ’n bietjie te gesels?
Kan ’n mens begin simpatie voel?
In ’n vorige brief is daar verwys na Richard Dowden, se Africa: Altered States, Ordinary Miracles as ’n boek wat gelees kan word om die korrekte oorsprong van die mislukking van demokrasie in Afrika te ondersoek. In Dowden se boek word die verskynsel van die “Big Man” bespreek en gaan soos volg:
His face is on the money. His photograph hangs in every office in the realm. His ministers wear gold pins with tiny photographs of the Big Man on the lapels of their tailored pinstriped suits. He names streets, football stadiums, hospitals, and universities after himself. He insists on being called, “doctor’, or “conqueror”, or “teacher”, or the “big elephant”etc.
He shuffles ministers around without warning, paralyzing policy decisions as he undercuts pretenders to the throne. He scapegoats minorities to shore up popular support. He bans all political parties except the one he controls. He rigs elections. He emasculates the courts. He cows the press. He stifles academia (Cornelius Henn). He goes to the church.
Hoe waar dit is word aan die leser oorgelaat om te besluit. Nelson Mandela blameer armoede vir die bestaan van die “Big Man-sindroom”.
Richard Dowden ondersteun nie Mandela se argument nie.
Hierdie beskrywing, die video, vind aansluiting tot Bruce Bueno de Mesquita en Alastair Smith se The Dictator’s Handbook: Why bad behaviour is almost always good politics wat die groot man probeer vaspen en hoekom hy oorleef.
Die redes vir sy oorlewing word aangevoer te wees, die nominale bevolking wat nie geld nie, die wat werklik ’n stem het en nie die nominale bevolking is en die met wie die diktator in vennootskap is om sy mag in stand te hou en die houvas wat dit impliseer op die weermag, die polisie en die regbank.
Die ondersteuning wat die diktator aan bewind hou, is dus gebaseer op die vrygewigheid wat die diktator aan sy naaste ondersteuners betoon en word die argument aangebied dat dit is waarheen die geld wat as skenkings aan arm lande gegee word gaan.
Daar kan egter aangevoer word dat dit nie die geval is met Rusland of Iran nie, wat onafhanklik welvarend genoeg is en daarom kan “bekostig” om ’n diktatorskap te wees. Dit word weereens aan die leser oorgelaat om te besluit maar die skrywers van The Dictator’s Handbook voer aan dat Apartheid tot ’n einde gekom het aangesien dit nie meer moontlik was om ondersteuning te koop van die wat die onderdrukking moes doen nie.
Net soos hierdie brief se veronderstelling ook nie is dat dit net Afrika is wat onder diktatorskap gebuk gaan nie, maar soos die boek se titel aandui, waar die diktator ook al mag gevind word. Putin is sekerlik ’n kandidaat. ’n Slinkse een, wat die onderdrukking toelaat, maar stop by die voordeur van die land se inwoners.
’n Nuwe tipe van onderdrukking?
Baie dankie
Wouter

