Agnostici soos Jaco en sommige ander mense, sien die dier waarna in die Woord verwys word, as ’n enkele persoon, na aanleiding van die beskrywing in Openbaring 13:18 en 2 Tessalonisense 2:3-4.
Openbaring 13:18 “Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.”
Dus, die berekening van die getal 666 om sy ekwivalente naam-betekenis te kry, is ’n blote berekening deur iemand wat genoegsame kennis van antieke Grieks en Hebreeus het. Irenaeus, na wie ek reeds verwys het, was só ’n man – hy het gelewe toe dié tale nog gepraat is en vars in die mond gelê het en hy was boonop ’n oortuigde Christen.
Tog maak die Woord in die aangehaalde gedeelte dit baie duidelik dat, benewens die berekening van die getal om ’n naam-betekenis te verkry, daar ook wysheid en verstand benodig sal word om die naam-betekenis van die getal in die korrekte konteks en betekenis te verkry - Spirituele wysheid en verstand, want ons het hier te make met Spirituele sake. Die 666 is dus ’n naam met spirituele betekenis – ’n simboliese verwysing na die werklikheid in die gees sowel as in die vlees. In Openbaring 19:7 word daar in dieselfde verband weereens klem gelê op die belang van die wysheid en verstand wat benodig word en dáár word ook ’n aanduiding gegee van die verband tussen die naam-betekenis en die lokaliteit daarvan en in 2 Tessalonisense 2:3-4 word dit voortgesit.
2 Tessalonisense 2:4 het deur en deur spirituele simboliese verwysing na werklikhede wat mettertyd spiritueel en fisies afspeel, waar die metafoor aangewend word om gebeure in geestelike dimensie te beskrywe – die verwysing na die teëstander en die tempel. Ons weet dat die satan en sy demone na verwys word as teëstanders en vyande (1 Petrus 5:8; Efesiërs 6:10-17).
Daarom, om die naam aan ’n mens te koppel, is maar net die begin van die ontrafeling. Vir die verdere ontrafeling is wysheid en verstand nodig. Dus, dít wat deur die wysheid en die verstand geopenbaar moet word, staan nie uitdruklik geskrywe in die betrokke Woordgedeeltes, nie, maar die uitgebreide betekenis en identiteit moet verkry word deur die aanwending van wysheid (insig) en verstand. Waar kry mens dít? By God alleen – sien Jakobus 1:5-8.
Die Woord daaroor is vol uitgebreide metafoor en simboliek en dít is waarvoor wysheid, insig en verstand nodig is – só word oënskynlik na ’n mens verwys as ’die dier’ – volkome simbolies. Dit is nie vreemd nie, want die profesieë van Daniël, byvoorbeeld (sien Daniël 7:1-12, byvoorbeeld), maak uitgebreid van dié simboliek gebruik om na politieke heersers en hul volke te verwys. Dit verwys dus nie net na ’n enkele persoon nie, maar ’n leidende persoon waarop ander sal volg in dieselfde gees as die leidende persoon. Tewens, daardie profesieë sluit aan by die profesie oor die 666 dier.
Dus, die ‘dier’ is ’n lyn van leidende manifesterende mense wat deur die gees van die dier gelei word in hul optrede, wat begin het by die 666 mens – Lateinos – en steeds vandaar voortgesit word soos die dier aan sy werke deur die betrokke mense waardeur daardie gees werk, uitgeken word.
Daar is dus geen verwagting dat ’n agnostikus wat selfs die bestaan van Spiritualiteit en God betwyfel en selfs ontken, hierdie spirituele werklikhede soos dit in die spirituele simboliek en metafoor bekendgestel word, sal kan uitlê, of selfs al word dit vir hulle uitgelê, sal kan begryp, nie. Hulle beskik gewoon nie oor die wysheid en verstand – die noodsaaklike voorvereistes daarvoor, soos die Woord baie duidelik maak, nie.
Tragies genoeg, die agnostici is juis die gevalle prooi van die dier en hulle manifesteer in wat hulle sê en doen betreffende God, lasterlik soos dit is, presies soos die Woord beskrywe, hulle sal doen. As hulle instaat sou wees om te besef waarmee hulle te doene het, sou hulle van die dier wegvlug want die dier is juis hulle ondergang - weens hulle assosiasie en omgang met die gees van die dier, is hulle spiritueel feitlik dood want die dier maak hulle so. Spiritualiteit is die gees van die dier se vyand want dit ontbloot hom vir wat hy is. Daarom sien ons hoe agnostici te velde trek teen al wat Goddelik en Goddelik-Spiritueel is. Vandaar dat agnostici ’n absolute obsessie met God en SY Woord, het in wanhopige pogings om die Spiritualiteit daarvan te probeer beveg - Jaco is in die laaste tyd, ook die sprekende voorbeeld daarvan. Niemand hoef hom aan te moedig nie - die bose gees van die dier doen dit self en ons sien maar die resultaat.
En so sien ons dit op hierdie forum telkens deur hulle gedemonstreer.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Die Kobus darem.
Met oudergewone gebruik, lees hy weer tussen die lyne in die Bybel, en volgens sy "Spirituele Intellegensie" waaroor hy so lief is om oor te spog, skryf hy weer snert wat nie in die Bybel staan nie, en natuurlik ook gebruiklik sy geliefde stokperdjie om teen ateiste en homo's te velde wil gaan, kortom gese, wil voorgee hulle is deur die bank poepolle waar dit die Bybel raak. Volgens hom het hy alleenreg tot uitleg van die Bybel. Los tog die homo's en ateiste uit as verweer maat, en lees wat werklik in die Bybel staan, dan moontlik sal jy kredietwaardigheid in die proses bekom.
Die Petrus en Effesiers tekste wat hy kwoteer, staan los van Openbaring, en word buite verband ge-kwoteer. Die boek Openbaring is 'n profesie van die EINDTYD. Ironies kwoteer hy Openbaring 13:18, maar lees iets anders tussen die lyne, eerder as wat werklik daarin staan, nl. “Hier kom die wysheid te pas (NIE SPIRITUELE INTELLEGENSIE NIE). Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier BEREKEN, want dit is die getal van ’n MENS (nie Satan en sy trawante nie); en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.” en in 2 Thes.2:4 wat hy ook kwoteer en weer iets anders tussen die lyne lees word hierdie persoon verder beskyf as 'n PERSOON wat in die Tempel van God sit, en maak asof hy 'n God is en 'n voorwerp van aanbidding is.
Soos reeds voorheen deur my gemeld, is daar verskillende pogings om die mens te identifiseer. Een daarvan is, dat Paulus en die ander Apostels geglo het dat die einttyd nog in hulle leeftyd sou plaasvind, en dit word bespiegel dat die skrywer van Openbaring moontlik aan Nero (bykbaar tel sy naam in Grieks op tot 666) die Roomse keiser verwys het, weens die feit dat Openbaring Rome beskryf as die skarlaken (keiser kleure) gekleede hoer op sewe heuwels, tog kom die tempel nie te pas nie, want dit was reeds vroerer in 70nC, verwoes. Van die protestantse hervormers het tot die slotsom gekom dat dit na die Roomse Pous verwys, wat meer nader aan Openbaring se beskrywing voldoen. Die Pous is in Rome. Hy gee voor dat hy in die plek van God hier op aarde staan (op sy kroon staan die woorde "Vicarius Fillii Dei" God se verteenwoordiger (op aarde). God volgens die Bybel is onfeilbaar. Die Pous se woorde is onfeilbaar wanneer hy "Ex Cathedra" uiter (doctrine of Papal infallibility). Hy is 'n voorwerp van aanbidding en word as Vader (God se titel) aangespreek. "Vicarius Fillii Dei" tel op tot 666. In die Bybel word die rein vrou (die rein kerk) as Christus se bruid beskrywe. Die hervormers het toe ge-ekstrapoleer, dat die Romeinse "hoer" (onrein vrou) die afvallige kerk verteenwoordig.
Dan is daar ander vertolkings dat hierdie persoon nog nie openbaar is nie, maar eers, net voor die koms van Christus uitgeken gaan word.
Ek het oorspronklik die polemiek aan die gang gesit, suiwer om ander gedagtes oor hoe en wanneer die MENS 666 sy verskyning sal maak. Ek is 'n ateis en homo daarby, maar dit het niks met die saak te make nie. Kobus het dit aangegryp en 'n "mud slinging match" nog steeds, daarvan gemaak.
Weereens, sou ek ander menings daaroor wil verneem, nl. oor die MENS wat as die Dier van 666 in Openbaring beskryf word. (Glo die leser werklik dat Jaco onintellegent is soos Kobus dit te kenne wil gee?). Dit wil eerder vir my voorkom dat hierdie 'n onderwerp is wat Christene geneig is om nie oor te wil praat nie.
Jaco Fourie
Trienie
Jy vergelyk Kobus met Petrus, en ou Kobus voel so in sy noppies daaroor dat dit eintlik lagwekkend is. Jy se Kobus is soos Petrus wat die soldaat se oor met ‘n sward afgesny het om Jesus te probeer verdedig (onthou Jesus het hom daaroor betig).
Petrus was ‘n impulsiewe man wat vir Jesus innig lief gehad. Baie maal het hy impulsief opgetree alvorens hy gedink het. Hy was een van die eerste Apostels, en toe gevra was om Jesus te volg, sonder aarseling, opgetree. Na die kruisiging het hy impulsief uit vrees vir arrestasie, vir Jesus verloen, en onmiddelik daarna spyt gekry. Hy was genooi om op die water te loop, dit impulsief gedoen, en toe het sy geloof gefaal en begin te sink. Dit was nie vir Johannes die “geliefde” apostel, maar vir Petrus aan wie Jesus die leisels oorhandig het.
Kobus? Nee ek sien nie ‘n Petrus in hom nie. Eerder soos Jesus beskryf het; die selfgeregverdigende Farisseer wat in die Temple met uitgestrekte hande en kop omhoog, staan en eerder om te aanbid, die Here te dank dat hy nie is soos die sondaar, ook in die Tempel, wat op sy kniee om vergifnis vir sy sondes bid nie.
Jaco Fourie
Regstelling
Keiser Nero is dood voor die verwoesting van die Tempel in Jerusalem in 70nC wat die vroer vertolking van die profesie moontlik maak.
Jaco Fourie
Ja nee, die snaar by Jaco-ateis is behoorlik getokkel. Sommer drie kommentaar aflewerings agtermekaar...
Maar, dit sal jou steeds niks help om jou vorige insiglose snert en dom-astrante arrogansie te herhaal nie, Jaco, want dit is steeds ewe irrelevant omdat jy steeds geen vordering kon maak,nie, ten spyte van 'n magdom inligting. Nou begin jy al domastrant aan gelowiges voorskryf hoe hulle jou moet antwoord oor die dier en in jou visier is die arme Trienie!. Probeer gelowiges teen mekaar afspeel. Jy sien haar sagmoedigheid aan as swakheid... terwyl dit 'n lieflike gawe vol krag is - Tipiese skaamtelose, arrogante ateis.
Dan sê jy ook dat die feit dat jy 'n ateis is, niks met die saak te doen het nie? Wys jou watter ingrypende afmetings jou insigloosheid aangeneem het. Dit het alles daarmee te doen - jou onvermoëns om jou as gelowige te kwalifiseer is juis wat van jou 'n ateis maak en is juis die rede dat jy nie verstaan wat ek en ander gelowiges sonder moeite verstaan, nie - lees gerus hulle kommentare elders.
En dan het ek alreeds gesê - as jy, in jou insiglose hoedanigheid as Goddelose, as ateis, my profiel as gelowige 'goedgekeur' het, sou ek baie ontsteld wees - want ek het met jou spirituele (en gebrek daaraan) disposisie en jou insigloosheid as ateis niks in gemeen nie - daarom is die teenoorgestelde van wat jy van my sê hierbo, waar, want ons is spirituele teenoorgesteldes. Maar jy is natuurlik ook nie instaat om dit in te sien, nie.
Dit baat jou dus niks om slim te probeer voorkom soos met jou pogings hierbo en elders nie. Net jou dom arrogansie blyk daaruit en natuurlik die insigloosheid wat dit as so uiters dom tipeer. Ek het jou reeds gewaarsku dat jy jouself en jou soort nie 'n guns bewys met jou pogings nie maar eerder net meer skalde aanrig vanweë die oppervlakkige, onsamehangende en insiglose uitlatings oor sake waarvan jy niks weet nie, en ook niks wil weet, nie anders sou jy mos kers opsteek by diegene wat weet, by ware gelowiges - maar jy is nie bekwaam daarvoor, nie. Babbel liewers oos 'n dwaas, 'n opperste sot, soos die Woord jou en jou soort noem (Psalm 14:1; 53:2), voort met jou snert. Vir die korrekte posisie daaromtrent kan jy gerus weer my artikels en die ander gelowiges se byvoegings daaroor lees - maar jy het mos al en kan dit nie begryp nie en dit het ons nou al weer vir die soveelste keer gesien.
Soos die dwase bewering dat dei Woordgedeeltes wat ek aanhaal los taan van Openbaring - watter sotheid. Niks in die Woord staan los van mekaar nie want die Woord vorm 'n groot geheel - dit is presies die rede vir julle ondergang en dwaasheid - daardie onvermoë van julle om insig aan die dag te lê wat julle in staat sou stel om die Woord te begryp of te verstaan.
Weet jy ook nie wanneer is genoeg, genoeg, nie? Maar nou ja, daardie obsessie laat jou nie toe om op te hou om jouself vir vernedering bloot te stel, nie. Die put wat jy vir Gods Woord grawe, het jou eie graf geword!
Weet dit ook nou maar - anders as oor ander aangeleenthede wat met die God en SY Woord niks te make het, nie, is jou ateïstiese disposisie van oorheersende belang, die oomblik as jy jou snipneusig oor die Woord uitlaat, want dit diskwalifiseer jou per se om enige opinie daaroor uit te spreek - en dit sal jou elke keer ten laste gelê word. Dit is so eenvoudig om die rede daarvoor te verstaan - as jy die Woord kon begryp en verstaan - nie net lees en papegaai soos wat jy en ander van jou soort doen, nie - sou jy mos 'n gelowige gewees het! Maar nou, omdat jy bitterlik dom is daaroor, is jy 'n ateis. Die satan se dier het so met jou gemors, dat jy spiritueel so dom en insigloos is, sien! Verstommend dat jy die eenvoud hiervan nie eens kan baasraak, nie.
Kobus de Klerk
Terloops Jaco - ek het my nie oor jou intelligensie uitgelaat nie - ons weet almal dat alle ateïste aan die intelligensie strooihalm vasklou soos n god - synde die basis vir hulle be-all en end-all afgod, die 'rede'. Dit is ironies, want julle onderdruk 'n besondere groot deel daarvan wanneer dit by Spiritualiteit kom.
Soos jy, beskou julle die vermoë om ander se brein- en sielsvrug te papegaai as 'intelligent' en dit is juis so dom, want dit spreek daarvan dat julle geen insig en begrip van jul eie het oor die saak, nie en as jul probeer, is dit gewoonlik lagwekkend tekortkomend - veral oor sake Gods. Ons sien mos jou papegaaiwerk en dan jou eie pogings om dit te interpreteer.
So is jou ateïsme oor die sake waaroor jy jou hier uitlaat, soos 'n groot merk, 'n etiket - 'EK IS SPIRITUEEL DOMONNOSEL' - op jou voorkop en jou regterhand waarmee jy skryf. Deel van daardie merk wat julle dra.
Maar om dom en onnosel en 'n dwaas te wees, is juis nie die vlak van intelligensie wat aangespreek word nie, maar die onvermoë om die intelligensie nuttig en sinvol aan te wend - soos byvoorbeeld om die dinge wat vir gelowiges soetkoek is op te eet, eenvoudig bokant jou en jou maters as agnostici, se vuurmaakplek, is.
Dus, om dom en onnosel te wees, is om nie te weet wat van jou verwag word om te weet op die peil van ontwikkeling waarop jy as mens veronderstel is om te wees, nie. Baie mens is dom en onnosel weens gebrek aan blootstelling, en dikwels is dit hul keuse om blootstelling te vermy. Soos julle met Spiritualiteit.
Alhoewel julle deur God, net soos enige ander mens, met 'n handige en goeie skeut intelligensie bedeel is, is julle deur die bank dom en onnosel omdat julle verseg om dit ook aan te wend om die Spirituele te begryp en daarom raak julle gewoon die onnoselste goed daaromtrent kwyt.
Kobus de Klerk
DIE MAG VAN DIE TONG
Ek het altyd volgehou dat ek (homo en ateis) baie waardes vanuit die Bybel bekom het, veral met betrekking tot menslike verhoudings onderling. Baie skrywers van die Bybel boeke het wyse gesegdes, onder andere Spreuke; Psalms; Ecclesiastes; Jesus se woorde, en nou ook die sendbrief van Jakobus, veral met betrekking tot die mag van die tong.
Jakobus skryf dat die roer van ‘n skip ‘n klein deel daarvan is, maar besit veel mag om rigting vir die skip te bepaal, so ook die tong. Hy skryf die tong kan vir goede en ten kwade aangewend word. Verder gebruik hy die pragtige voorbeeld van hoe ‘n Christen behoort op te tree met betrekking tot die aanwending van sy tong. Hy vra: kan skoon en vuil water gelyktydig vanuit dieselfde fontein uitborrel. Kan die Christen met dieselfde tong seenwense en vervloekinge uitspreek. Volgens hom behoort dit nie so te wees nie.
Ek los die volgende oor aan lesers, veral Christene, om te besluit of hulle dink Kobus tree op in die gees wat Jesus van ‘n Christen sou verwag. Hy beskryf my in die volgende neerhalende terme, nl:
Insigloos = 6 keer; dom astrant = 2 keer; dom arrogansie = 1 keer; dom = 5 keer; dwaas ‘n paar keer; opperste sot; jou soort; snipneusig.
Dit is ook sy volgehoue styl teenoor ander wat ook van hom verskil
Jaco Fourie
Ek het pas oor Kobus se tong geskryf, voordat sy jongste tirade hierbo verskyn het. Hierbo vat die koek hoe Kobus uitbeeld hoe 'n Christen behoort op te tree. Maar dit toon ook dat ek Kobus goed ontkant gemoker het op sy eie vakgebied, dus sy emosionele uitbarsting. HeHe!!
Jaco Fourie
Die antichris gees wat jy uitstraal, en die valse vroomheid waarmee jy as selferkende en volhardende ateis die Woord van God probeer misbruik om gelowiges wat jou valsheid en Godslastering uitwys, mee te probeer bykom, Jaco, is siek, en nutteloos, want jy het geen maar GEEN, agting vir die God van die Woord wat jy so teen die gelowige wil misbruik nie - presies net so het die satan ook met die HERE Jesus Christus probeer doen, en is die loef afgesteek - sien weer Lukas 4:1-13. En so maak jy ook onder leiding van die antichris, want die satan is die antichris se meester en ook joue.
Ek sê vir jou wat my HERE van julle soort sê - van mense kwalik so lasterlik soos jy het die HERE vir hulle vertel dat hulle kinders van die duiwel is en 'n addergeslag, of strek jou kennis nie so ver nie - jou adder, hoe kan jy goeie dinge praat terwyl jy, die Goddelose Godloënaar, sleg van binne is? Want uit die oorvloed van jou hart praat jou lasterlike en listige lippe - sien gerus weer Mattheus 12:34; 23:33; Johannes 8:34-44. Dat jy 'n opperste dwaas is, kom uit die Woord, van die HERE - sien maar weer Psalm 53:2 om die kort geheue te verfris
Moenie dink dat die Woord van God enige krag in jou Goddelose mond het, nie, want die Krag van die Woord is uit die Heilige Gees en die Heilige Gees is nie by jou nie - want jy maak daarmee soos die satan - jy verag die Gewer daarvan en volg dit nie self nie - jy probeer die gelowige daarmee slaan - jou domastrante dwaas.
Dink jy vir een oomblik jy kan regkry om die ware gelowige met jou dwase misleiding te probeer flous?
Daarom is die gedeelte wat jy uit Jakobus aanhaal, jou eie ondergang, die sweep waarmee jy soos 'n sot oor jou eie rug slaan.
Jaco,
Jy maak, net soos vele ander ateïste en agnostici, die groot fout dat jy die Woord van God as instrument wil gebruik (natuurlik op ‘n selektiewe basis en met bose motiewe) en wil aanwend as wapen om (sodanig dink jy) ware christen gelowiges mee te kasty, om sodoende jou insiglose opinies mee te staaf en jou waninterpritasies – juis van Gods Woord – mee te ondersteun. Wanneer jy dan met jou dwase tirade klaar is, dan klop jy jouself op die skouer van hoe intelligent jy die Woord van God uitgelê en vertolk het en hoe jy (só mislei jy jouself verder) kamstig ware gelowige christene “gemoker” het – in hierdie geval dink jy vir Kobus, dít tewyl die teenoorgestelde die waarheid is.
Ek weet dit beteken vir jou (as ateïs) Niks nie, maar Christenskap gaan oor ‘n intense spirituele liefdesverhouding met God, die aanvaarding dat Hy bestaan, alomteenwoordig is, almagtig is en ons Skepper is. Dit behels verder dat Hy (God) ons, as sy skepsels, innig lief het en juis om hierdie rede Sy enigste Seun, Jesus Christus as versoening met Hom en as Verlosser en Saligmaker vir ons (as sondaars) gestuur het. Dit is dan ook deur die verdienste van Christus aan die kruis en Sy opstanding uit die dood wat vir almal - wat God se versoeningsdaad in en deur Sy Seun, Jesus Christus ons Here, aanvaar en bely - tot redding is (Ja-ja – glo dit of nie – selfs ook vir jou). Daarmee tesaam is die Woord van God die Waarheid en word dit as sulks in sy geheel as Waarheid deur ware gelowige christene aanvaar en verkondig. Die Woord is in sy Geheel die Waarheid en niks daarin staan apart van mekaar nie en vorm juis ‘n eenheid – dit ís die Woord van God! – daarom is jou observasie dat sekere boeke daarin (die Woord) apart van mekaar staan, net ‘n bevesting van jou jammerlike ateïstiese waninterpritasies en insigloosheid daarvan (die Woord). Jy verstaan dit eenvoudig nie.
Jy sien Jaco, as erkende ateïs, het die Woord van God vir jou geen waarde nie. Jy erken nie God nie en daarom aanvaar jy natuurlik nie Sy Woord as die Waarheid nie. Dit is duidelik wat jy probeer doen – jy probeer die argument aanvoer dat jy die Woord van God (wat jy nie erken nie) só kan uitlê, dat jy ware gelowige christene (wat juis ‘n verhouding met God in en deur Christus het en die Woord van God as die Waarheid aanvaar) “die mond kan snoer” en “moker” – dit alles gebaseer op jou eie arrogansie en selfopgelêgde “intelligente” vertolking van Gods Woord. Jy is siende blind en horende doof – jy is oorgegee aan jou eie ek – jy wil nie weet nie. Jaco, jy sal nooit in der ewigheid die rykdom en diepte en betekenis van God se Woord kan verstaan nie – dit is juis die Heilige Gees wat vir ons, ware gelowige christene, die dieper betekenis van God se Woord oopbreek, omdat ons ín Christus is. Spirituele intelligensie is nie uit onsself nie – dit word geïnspireer deur die Heilige Gees! Jy sal dit eenvoudig nie verstaan nie en daarom dat jou sogenaamde selferkende “wysheid” só absoluut dwaas is in God se oë en natuurlik in ons, wat in Christus is, se oë ook. Jy kan nie die Woord uitlê en die insig en diepte daarvan korrek interpriteer nie – want die Heilige Gees staan jou nie hierin by nie – jy erken Hom dan nie! Jy probeer dus op ‘n wêreldse gebasseerde “wysheid” , ware gelowige christene verkeerd bewys – en dit vanuit jou eie insiglose dwaasheid en erkende ongeloof juis ten opsigte van God se Woord. Dít is werklik onnosel!
Verder is dit ironies hoe jy – juis wanneer jy weer as geestelike arme en insiglose dwaas blootgestel word – na ander gedeeltes in die Woord gryp en dit dan so “onskuldig” aan Christene oorlaat om self te besluit oor hoe “intelligent” jy nou alweer was en hoe goed jy nou al weer die Woord interpriteer en jou “moker” houe plant – hoe absoluut lagwekkend! Maar jy kan dit eens besef nie – jy is al heeltemaal afgestomp vir die Waarheid en die Heilige Gees se werking – jy staan hulle dan teen! – en vir wat? Om jou gewete te sus, jou selfgekose lewenswyse en wandade te regverdig en jouself as ‘n brawe en intelligente (“dwase”) stryder vir alles wêrelds ten toon te stel – hoe jammerlik! Jy sien, ware gelowige christene sien deur jou voorgehoude selfregverdiging en sodanige “goeie” bedoelings – jy het dit as motief en bose bedoeling om júís dít waaraan ware gelowige christene waarde heg en wat die basis van ons geloof vorm – te probeer ondermyn, aanteval en as wapen teen ons te gebruik – maar, helaas, hiering slaag jy egter nie! – jy sal ook nooit nie! – jy onderstreep net jou dwaling, insigloosheid en pad na nêrens!
Jy wil hê dat ware gelowige christene jou moet verstaan, pamperlang, vergewe en aanvaar. Verder moet hulle ook jou selfopgelêgde “intelligente” bespreking oor die Woord van God (selektief natuurlik) aanhoor en met jou hulle intepritasies deel in sagmoedigheid en liefde en nederigheid. Hulle moet tog net nie jou durf aanspeek oor jou wandade, insiglose interpritasies en selfregverdiging nie – nee-nee – asseblief tog nie, want dan “oordeel” hulle mos en het geen “liefde” vir hul medemens nie! Hulle is dan mos ook sondaars – hoe durf hulle jou, “slim” Jaco, aanspreek? Nee-nee – jy moet vertel word van liefde en alles mooi van Jesus en hoe jy maar kan aangaan (sonder teregwysing) en dat jy OK sal wees, want Jesus is lief vir ons almal. Jammer, ou maat, alhoewel Jesus die Lam van God is, is Hy ook die Leeu van Juda en wanneer Hy weer kom is dit om te oordeel en nie om Kumba-ja om die vuur saam ons te kom sing terwyl ons almal in “aanvaarding” en “liefde” handjies vashou nie. Dit is hoog tyd dat ware gelowige christene opstaan vir hul geloof – dít tot eer en verheeliking van God. Ons durf nie toelaat dat selferkende ateïste en agnostici neerhalend en smalend ons God en Skepper en Sy Woord afkraak en neersien op ons geloof in Christus ons Here nie – Glad en geheel nie!
Dolf
Jaco,
Jesus is aan die mensdom bekend as eniggebore Seun van God – die geïnkarneerde Woord van God Wie vlees (Mens) geword het en tussen die mense kom woon, het (Johannes 1:1-5, 10-14). Só is HY aan ons bekend gestel en só het HY Homself ook aan ons bekend gestel (Johannes 7:5; 8:18; 16:15, 28; Openbaring 22:13).
Daarom is HY Jesus Christus die HERE en nié net Mens, nie. Jesus die HERE is God. Niemand het vir Jesus leer ken en geken, behalwe as HERE, God, die eniggebore Seun van God – veral diegene, SY apostels, aan wie HY Homself eerste geopenbaar het en ook aan al SY dissipels en die der miljoene gelowiges daarna.
Jesus die HERE getuig Self dat álles wat HY sê, HY nie sê in Sy hoedanigheid as Mens nie, maar as Woord van God – uit en van God die Vader is (Johannes 8:29; 12:49) deur die Krag van die Heilige Gees (Efesiërs 6:17) en dat alles wat SY ware gelowiges getuig, komende van Hom is vanuit die Heilige Gees van God (Johannes 14:25-26).
Nou kom ons kyk wat getuig jy. Jy sê Jesus se Woord het vir jou waarde, dat SY Woord vir jou waardevol is weens beide SY voorbeeldige lewe asook die wysheid in SY Woorde wat universeel logies en sin maak in hoe menslike verhoudinge onderling behoort te wees. Dit is jou eie getuienis.
Ons weet ook mos dat Jesus se Tweede Gebod, die Naasteliefde Gebod, wat vir jou universele waarde het, gebou is op en ter diening van, die Eerste Gebod, naamlik liefde vir en gehoorsaamheid aan God (Johannes 13:34; 15:12 - 17). Dus, die mens volg die Tweede Gebod uit eerbied en respek vanuit die nakoming van die Eerste Gebod – na alles, die HERE Jesus se ganse bediening op aarde gaan juis daaroor om mense die Weg na God te wys (Johannes 14:6-7).
Ons weet ook dat Jesus Self sê dat álles wat HY getuig, uit die God die Vader is (reeds hierbo uitgewys), deur die Heilige Gees (ook uitgewys hierbo)…
Nou die uitdaging aan jou –
Aanvaar jy dus dat die Woorde van Jesus, welke, soos jy self getuig, jy aangeneem het omdat dit vir jou waardevol is (verál die Tweede Gebod), deur Jesus gespreek is uit die Heilige Gees van God en God die Vader en dat jy dit as sodanig en as sulks in jou lewe só aanvaar?
As jy ongekwalifiseerd ‘ja’ antwoord as ’n belydenis, sal ek haastig wees om vir jou hier in die openbaar verskoning en vergiffenis te vra oor wat ek vir jou gesê het waaroor jy so kla.
Maar as jy nie ongekwalifiseerd ‘ja’ antwoord nie, is jy deur jouself uitgewys as die listige, dwase Woordswendelaar en Godloënaar wat met God se Woord rondspeel om ander (gelowiges) mee te probeer sagmaak en mislei terwyl jy self geen waarde daaraan heg, nie, soos die satan dit probeer doen het met die HERE. Want as jy nie die Gees van die Woord aanvaar nie, aanvaar jy ook nie die Woord nie, want die Woord is onlosmaaklik verbind met die Heilige Gees van God.
Ek dink nie ons sal asem ophou, nie... Tragies dat dit so is met jou.
Kobus de Klerk
Daar het jy dit.
Kobus en Dolf is een en dieselfde persoon. Die styl is identies. Die aanvalswoorde soos bv. insigloos en dwase is identies, en keer op keer volg die een se briewe onmiddelik agtermekaar. So Kobus nou weet ons jy praat eintlik met jouself.
Pleks van jou "mud slinging", wil jy jou nie tot die onderwerp onder bespreking bepaal nie, dan kan ons miskien die indruk kry dat jy oor die Bybel praat, eerder as oor my.
Jaco Fourie
Jaco, ek weet nie of jou snert met my laaste kommentaar hierbo gekruis het nie, en of jy net weer die aandag probeer afwentel van die issues af, nie. Dalk wel, maar daar is vir jou die uitdaging - hanteer dit.
Terloops, moet jou glad nie oor my en Dolf se identiteite kwel nie. Ons ken mekaar as persone glad nie, maar die Gees van God Wie ons beide lei, ken ons beide baie goed. Ek het vir jou tevore gesê, dit is vir my 'n bemoediging om met die Dolf's en die Henry's en die ander ware gelowiges vereenselwig te word. Hoewel ons twee verskillende mense is, praat ons uit Een Gees. Maar, jy is te onnosel om dit te sal begryp. Vir ons, daarenteen, is dit wonderlik om gade te slaan hoe die Gees verskillende mense lei om essensieel dieselfde uitleg te verskaf oor sake Gods. As jy nie so behep met jouself was nie, sou jy die fenomeen kon probeer verstaan - jy sal verstom staan.
En as jy bietjie styl- en taalkundige insig had, sou jy ook ons style kon onderskei, maar dit is nie van belang, nie.
Wat die 'aanvalswoorde' (hoe melodramaties) aanbetref, is hulle lekker algemeen bekende woorde wat die posisie mooi verduidelik en toelig en word vry algemeen aangewend. Dit is daarom nie snaaks dat ander mense dan ook daardie woorde ken en gebruik nie - nie net ek en Dolf nie - wat is jou probleem dat jy dink hulle is uniek? Dan weer, jy het baie probleme, nie net met jou gebrek aan spiritualiteit, nie.
Kortom, dit maak nie vir my in die minste saak of jy dink ek en Dolf is een persoon, nie. Jou opinie omtrent my en Dolf, het geen uitwerking of inslag, nie, en hanteer veral nie die dinge wat ons jou meedeel, nie - die bly ongeskonde so staan.
Hanteer die uitdaging aan jou - eintlik 'n uitnodiging.
Kobus de Klerk
Beste Jaco... dankie dat jy die ou grote Kobus se vieslike bedrog uitwys... so het menige karikatuur al onder Kobus de Klerk se gloeiende vingerpunte in 'n "oormag van ware gelowiges" deur die werf gesluip... Cornelius
Jaco,
Ek sien jy en Kerneels is ewe desperaat. Dit is maar hoe dit gaan met julle.
As gelowiges is dit vir ons egter 'n riem onder die hart om te sien hoe die Gees met ons werk, en hoe dit julle, die Geesloses, absoluut verwar.
Dus, hoe meer julle dink ons is een persoon, hoe wonderliker - want, hoewel ons totaal verskillende persone is, ons is uit Een Gees! Fantasties! God LEWE mos, man!!!
Ek is seker Dolf-hulle sal saamstem - ons geniet die getuieniswaarde en resultate van julle verwarring vir die redes genoem, maar ons kry jul jammer omdat julle so bot en insigloos, is.
En ons weet ook dat julle eintlik daar binne iewers weet ons is verskillende mense, maar julle is ook in 'n penarie met julle insigloosheid en onkunde, en dit maak julle opportunisties sodat julle genoop voel om die sinnelose beskuldigings maak omdat julle niks het om te sê nie, en eerder die aandag te probeer aftrek en wil probeer dat ons stilbly weens die swak, insiglose beskuldigings - maar, dit is nie die eerste keer dat dit gedoen word, nie, straks ook nie die laaste keer, nie, Kerneels doen dit en ander dinge gereeld, en niemand steur hul daaraan nie. Dit is beslis nie in jul vermoë om ons die mond te snoer, nie. Dit dui net op jul hulpeloosheid.
Dus, wat jy en Kerneels en ander soos julle, van my of ons dink, maak nie in die geringste saak nie en daarmee is daardie sakie vir my afgehandel. Ons weet wie en wat ons, is, deur die Genade en inwoning van die Heilige Gees van God in ons. Deel maar met wat ons sê, as jul kan...
Ek herinner jou weer aan die uitdaging, of uitnodiging, hierbo.
Kobus de Klerk
Maar, behalwe dat dit vir ons as gelowiges skadeloos en haas irrelevant is, is daar natuurlik ook 'n ander baie handige aspek omtrent Jaco en Cornelius se strawasie oor die identiteite hierbo...
Daar is nou ook vir Dolf en almal wat hom ken en weet wie hy is, persoonlike ervaring van en geleentheid om te sien, van hoe gemaklik Cornelius daarmee is om 'n leuen te vat, en dit as waarheid te probeer voorhou - met sy 'bedrog' storie hierbo, en dan 'n ander, gewoonlik vir my, daarvoor te blameer - waar daar dalk nog twyfel was, is daar nou sekerheid omtrent Cornelius. En so val hy elke keer in sy eie put. Die leuenagtige manier van hom, is ook eerstehands ervaar deur baie mense, insluitende Tant Alie wat soms hier skrywe.
En dieselfde met Jaco, natuurlik, want het dieselfde leuen as waarheid probeer uitmaak met sy valse bewering dat ek met myself praat.
Trouens, dit is blykbaar 'n tendens wat geredelik onder die agnostici voorkom in hul hantering van hul gesprekke met gelowiges - die aanwending van leuens om die oormaat van leemtes in hul siel en argumente mee te probeer aanvul. Is mos so - hulle dien die saak van die satan en die satan is mos die vader van die leuen en van bedrog (Johannes 8:44) - en wil dan ander daarvoor blameer, want hulle is nie instaat om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie dinge, nie.
So, 'n mens kan beswaarlik iets anders van hulle verwag, met die duiwel as hul spirituele vader (Johannes 8:44). As alle gelowiges in hulle omgang met Godloënaars dit tog net betyds sou insien, sou baie van hulle nie so maklik om die bos gelei word deur spirituele leuenaars soos die waarmee on hier te make het - die agnostici in al hul verskyningsvorms, nie - veral ook die van hulle wat probeer ploeg met Jesus se Persoon en met Sy Naam - die Jaco's en die Corneliusse, byvoorbeeld.
Die HERE is darem so oneindig getrou - so laat HY hulle voortdurend verstrik raak in hul eie bedrog en leuens - vir ander om te sien, natuurlik, en daaruit te leer.
Kobus de Klerk
Wat die ou bose Kobus en sy "gevolg" so desperaat probeer onderdruk, is die genade en liefde waarin ons elkeen enig in ons aard; waarvan daar nie 'n tweede bestaan nie; merkwaardig en onvergelyklik voor die Troon van ons almal se Almagtige Lewende Skepper mag leef.
So verskeur en vertrap die duiwelbesete varke enige hart wat nie tot hul haat konformeer nie.
Kobus de Klerk en sy huiskerkbende se enggeestigheid is bloot 'n eenheid in gekondisioneerde duiwelsgeestigheid wat elke hart se eieheid in die vrede en vreugde van Jesus Christus onse HERE wil neerhaal.
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal teen die bose aanslag van Kobus de Klerk en sy haatbende beskerm.
Cornelius
Aka Kobus de Klerk... "So, 'n mens kan beswaarlik iets anders van hulle verwag, met die duiwel as hul spirituele vader (Johannes 8:44)"... ja, en dis presies hoe 'n mens Dolf se woernaal tot eer van Kobus de Klerk hierbo lees; identies soos maaiers wat saam in die vrot van 'n kadawer waaruit hulle gekom het inboor...
Die 'jesus' wat jy vir jouself versin het om jou te pas sal jou 'gebed' nie verhoor nie, hoe melodramaties jy ookal te kere gaan, want dit kan gewoon nie - dit is 'n dooie versinsel - al heg jy die Groot Naam van die HERE Jesus Christus daaraan - daarvoor sal jy voor die HERE verantwoording doen as jy nie betyds daarmee staak en herroep en besin en verootmoedig, nie, Kerneels!
Jy sien, jy kan niemand meer mislei met jou misbruik van die HERE se Driemaal Heilige Naam (Jesaja 6:3) om jou eie paganistiese, okkultiese sinkretistiese versinsel mee te probeer lewe gee, nie. Jy is mos al lankal ontbloot vir die Woordswendelaar en leuenaar wat jy is en die sinkretistiese leuens wat jy skromeloos verkondig deurdat jy vermenging van idees uit ander filosofieë en religieë met die Christelike waarheid in ’n gruwelik poespas probeer vermeng en dit nogal in die Naam van die HERE - ’n praktyk wat vir die ware HERE 'n gruwel is (Sefanja 1:4-6) en jou openlike verering van engele as tussengangers wat die ware Jesus Christus die HERE as Enigste Middelaar (1 Timoteus 2:5) verloën (Kolossense 2:18-19), asook jou openlike okkultiese bedrywighede met jou klippers en ander mediums; asook jou verering van Goddeloses en hul filosofieë en Godloënaars en nog talle ander paganistiese praktyke waarmee jy die Naam van die HERE wil verbind…
Maar, jy kon die HERE, Wie Se Heilige Naam jy so misbruik vir jou eie gruwelike doeleindes, van die begin wat jy dit alreeds bedink het, nie daarmee om die bos lei nie - daarom word en sal geeneen van jou 'gebede' verhoor word nie - omdat die versinsel waartoe jy 'bid', al is dit onder die HERE se Naam, nie werklik lewe nie en omdat jy nie die ware HERE kan bid teen Homself, SY Eie Woord en teen SY diensknegte wie SY Woord getrou bedien, nie!
Verstommend dat jy nie die insig het om dit te besef nie - maar julle agnostici het mos geen Spirituele insig, nie...
En, my uitdaging, of uitnodiging aan jou, Jaco, staan steeds onbeantwoord.
Kobus de Klerk
Kobus
As laaste bydrae tot hierdie steriele gesprek van jou. Uit jou vele giftige woorde word jy uitgeken as 'n persoon wat die gedaante van godsaligheid "lisp" maar die geestellikheid daarvan verloen, 'n verleidende christen (false profeet) wat die Bybel misvertolk onder die dekmantel van "spirituele intellegensie" om jou "brand" van christelike oneerlikheid om opregte Christene te mislei.
Ek het nooit weggesteek dat ek 'n ateis of homo is nie, so met daardie kennis, behoort enige persoon met 'n greintjie intellegensie te weet ek is nie uit om onderduims, soos jy wil se, op te tree nie. Sonder om enige erkenning aan die bestaan van enige god, duiwel, engele of bose geeste te gee nie, se ek weer: Ek vind vele waarde aan baie wat geskryf in in die Bybel. Omrede ek ook baie waarde aan die Illiad van Homer ook heg, is nie te se ek moet my vereenselwig met die antieke Griekse gode nie.
As ateis, sal ek my nie tot jou onchristelike laagte daal om jou'n sot,dwaas of soortgelyke woorde te noem nie wat jy my en ander hier op die Net gedurig noem nie.
Jaco Fourie
Jaco,
Weereens, (en nie dat dit werklik saak maak nie) ek en Kobus is nie dieselfde mens nie en hy praat nie met homself nie. Wat wél die geval is, is dat ek en Kobus – net soos alle ander ware gelowige christene – broers en susters ín Christus is en deur een Heilige Gees gelei word. Maar in jou geestelike armoede en menslike wysheids waan kan, en sal, jy dit nie verstaan nie – dit is eenvoudig bokant jou begripsvermoeë. Die redes vir jou insigloosheid is dan ook al telke male in die skrywes hierbo en andersins deur Kobus, Henry en myself (en ander) uitgewys. Jy sien die Waarheid, jy lees die Waarheid, jy hoor die Waarheid – maar jy bly siende blind en horende doof. Jy sien, die Waarheid van God se Woord strook klaarblyklik nie met jou sienings en gekose lewenswyse nie, en daarom jou onvermoeë om dit as Waarheid te erken en aanvaar. In jou geval, ‘n kwessie van die Skepper moet by die skepsel aanpas, en nie andersom nie. Dit is werklik jammer.
Cornelius,
Wat erken en bely jy as die enigste ware evangelie? Erken jy Jesus Christus as God se Enigste Seun, in en deur wie Hy (God) versoening met homself vir alle sondaars bewerkstellig het – deur Jesus Christus se Kruisdood en Opstanding? Nee-nee dít doen jy nie – jy is ‘n ou “mengelmoes-kardoes” van alle godsdienste, navolger en “people pleaser” met geen rigting nie. Jesus Christus, wie se Naam jy so vrylik mee handel, se verdienste aan die Kruis het vir jou Geen betekenis nie. Om Hom, Jesus Christus, as almal (alle godsdienste) se God (net in verskillende vorme) gelyk te stel is eenvoudig lasterlik en dan het jy nogal die vermetelheid om te praat van boosheid!? Die waarheid is dat Jesus Christus se verdienste vir almal is – wat Hom erken en bely as die enigste Seun van God en ook aanvaar as die Weg en Waarheid en Lewe deur wie ons tot God nader - Hy is in God die Vader en God die Vader is in Hom! Ag nee man Cornelius, kom oor jouself en jou minderwaardigheids (of is dit meerderwaardigheids?) kompleks, asseblief tog. Dit is juis jy wat die Waarheid verskeur en vertrap om almal (alle godsdienste) te “please”.
As ek verkeerd is en jy wél die enigste ware evangelie van Jesus Christus ons Here, soos opgeskrywe staan in die Waarheid - die Woord van God (Die Bybel) – en as sulks deur die apostels verkondig is – erken én bely - sal ek die eerste wees om jou op hierdie forum nederig om verskoning te vra!
Dolf
Jaco. jy kan my mede gelowiges en vir my nie sotte en dwase noem nie, want ons is dit nie en ons glo in en dien God - maar jy is dit omdat jy sê daar is geen God, nie (Psalm 53:2).
Maar, uiteindelik het jy nou self die albatros van agnostisisme en gepaardgaande leuenagtigheid om jou nek gehang - en dit is nie daarin geleë omdat jy sê dat jy 'n ateis is, nie (die homoseksualisme is maar die gevolg daarvan - sien weer die tersaaklike gedeeltes in Romeine 1:18 e.v.), maar omdat jy met die Woord ploeg om gelowiges mee te probeer bykom terwyl jy self absoluut geen waarde daaraan heg, nie en jou bedrog waar jy sê dat jy wel waarde daaraan heg, terwyl jy getuig dat jy die Gees daarvan, verwerp.
Soos jy sê, die gesprek is dan daarmee afgehandel - en onthou - sal jy jou ooit weer oor die Woord en gelowiges uitspreek asof jy iets daarvan weet ne verstaan, terwyl jy jou agnostisisme aanhang en dien - weet dan dat jy striemende teenkanting te wagte kan wees.
Wat jy as ateis van my, 'n ware gelowiges (danksy die Woord en Gees van God) dink, is ni8e relevant of van enige waarde nie - jy dink soos 'n sot en jy praat soos een.
Kobus de Klerk
HeHe!
Wonder wat ware Christene van jou tirade dink wanneer hulle jou lees. Ek is oortuig hulle dink jy is eerder met die duiwel besete as met die gees van God. Omrede jy se jy is 'n Christen, en beweer jy is met die Gees van God vervul, toon jy jouself as leuenaar, want jou giftige woorde druis in teen Jesus se uitsonderlike gesindheid teenoor alle tipe mense, homo's en ateiste ingesluit.
Hou so aan. Wie toon homself aaneenlopend vir die lesers publiek as sot. BESLIS JY! Jou gesindheid is die ene haat en nyd. Jou besonderse nydigheid jeens my is bewys ek het dit reggekry om jou onder te kry.
Jy moet eerder versigtig wees hoe jy homo's en ateiste voortaan aanval. Met my besonderse Bybelse kennis sal jy voortaan striemende aanvalle van my ondervind. Ek sal nie wild aanval soos jy net met nydige woorde nie. Ek sal die Bybel in my teenargumente in jou gesig klap, soos ek met volkome sukses tot dusver gedoen het, die dat jy so beserk gaan.
Jaco Fourie
Haat en nyd, Jaco? Nee, wat. Maar, mens haat die sonde en die afvalligheid en veral die Goddeloosheid mos mos. Moet ek dit liefhê, verdraagsaam wees daarteenoor? Natuurlik nie, so die reaksie waarmee dit begroet wor dis voor die hand liggend.
Enige misbruik deur jou van die Woord, sal mos uiteraard begroet word dei korrekte posisie daaromtrent - te oordeel aan jou hantering van die Woord in die verlede, sal dit omtrtetn weer van jou 'n spektakel maak. En die enigste een wat jy daarmee sal kan beïndruk, is natuurlik niemand andes as Kerneels nie. Kry vir julle...
Volkome sukses vir my in die gesig geklap? Tja! In jou verbeeldingswêreld, en in jou selfbedrog waarin jy jou agnostiese oortuiging aan die lewe moet hou, almiskie, maar in die werklikheid? Is soos Dolf sê - jy lees maar begryp nie, jy hoor maar verstaan nie - en jy is te onnosel, te dwaas, om dit te besef.
So, as jy verder 'nn spektakel van jouself wil maak, staan dit jou vry. Ons sien mos hoe vrugteloos jy die Bybel probeer aanhaal, sodra jy buite die teks beweeg, en jy probeer dit toepas, dan is dit waar jy 'n spektakel van insigloosheid van jouself maak.
En raai nou net, nou is jy ook, nes Kerneels, obsessief met Kobus1. Plaas dat julle daardie energie gebruik om die HERE te probeer vind. Wat weet julle van die liefde, julle wat die vader van haat, die satan aanhang?
Kobus de Klerk
Hier is nog 'n verdere uitdaging aan jou, Jaco...
Jy sê my kwansuis 'giftige' woorde druis in teen Jesus se uitsonderlike gesindheid teenoor alle 'tipe' mense, homo's en ateïste ingesluit.
Jy met die kamstige ''besonderse' Bybelkennis (lees papegaai vermoë) - haal nou vir my uit die Bybel aan enige gesprek wat die HERE Jesus Christus in besonder met of oor homoseksualiste had, asook met ateïste, veral ateïste, welke SY gesindheid teenoor hulle vir ons beskryf of weergee.
Onthou - homoseksualiste (praktiserende homoseksuele) en ateïste.
Laat ons sien. Hierdie mag straks 'n oefening word wat jou dalk, net miskien dalk, tot jou sinne sal bring... of jou leuenagtigheid en Woordswendelary sal beklemtoon.
Kobus de Klerk
KORREKSIE - Lyk my die modereringsproses van die briewe kan ook maar karikature oplewer, somtyds.
In die laaste paragraaf van my laaste kommentaar hierbo, staan daar 'obsessief met Kobus1'. Nugter weet waar dit nou weer vandaan kom. Wat ek wel geskrywe het is "En raai nou net, nou is jy ook, nes Kerneels, obsessief met Kobus de Klerk" - verwysende na my.
Kobus, jou versoeking aan Jaco het die volgende in my hart laat opkom; Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord (Kolossense 4:5&6)... derhalwe sou ek die hele Matteus hoofstuk 5 aan jou wou voorlees maar vers 13 bring die twee gedeeltes in antwoord bymekaar: Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie ... ja Kobus, is ons nie al lankal by laf verby nie?... wat Jesus Christus onse HERE se gesprek met homoseksuele betref; die veroordeling van die owerspelige vrou deur die geskubde spirituele intelligentes (Johannes 8) en Jesus Christus onse HERE se skrif op die grond aan haar, sal dieselfde wees ten opsigte van elke ander sondaar op aarde... en die gedurige terugval van ons sondaars in sonde?... wel Kobus, ek wil jou nie versoek nie maar deel jy met ons jou kennis omtrent die genade wat ons daarin het...
Kerneels, jy haal die Bybel aan sonder begrip vir wat jy aanhaal - nes jy met jou woordeboeke doen. Arme jy.
Jy kan dus aan my voorlees soos jy wil, maar jy verstaan self nie wat jy voorlees, nie.
Vir jou wil ek die volgende les in die verhaal in Johannes 8:1-11 van die owerspelige vrou en wat daarmee verband hou, graag uitwys. Die HERE sê vir haar dat HY haar nie (nou al) veroordeel nie - let wel, HY het nie aan haar gesê dat sy nie gesondig het, nie, maar dat HY haar nie oordeel nie - en ons weet dit is louter uit genade, nie omdat sy nie verkeerd gedoen het nie, want dit het sy en die man wat betrokke was wel gedoen, maar, deur die Genade van die HERE kry hulle weer kans - nie kans om die sonde verder voort te sit soos jy dit wil, nie, maar kans om die sonde af te lê voor die werklike oordeel kom - want die HERE sê vir haar sy moet heen gaan EN NIE MEER SONDIG NIE. Sien ook weer in hierdie verband Lukas 6:46 en Mattheus 7:21
Dit is die les, die genade van die HERE, Kerneels - die kans wat ons in SY genade kry om nog 'n geleentheid gegun word om te BREEK MET DIE SONDE, om heen te gaan, en NIE MEER TE SONDIG NIE !
Die dag as jy en Jaco dit begryp, sal julle tot besinning kom. Maar in julle eieliefde, eiewaan, selfbeheptheid, ignoreer julle die genade-opdrag van die HERE Jesus Christus. As die Goddelose ketter van 'n Jaco werklik so ingenome was met die Woorde van die HERE Jesus soos wat hy beweer (bloot en alleen om onwaaksame gelowiges mee om die bos te probeer lei) en natuurlik jy self ook, sou julle dit besef.
Maar julle en ander mense soos julle, leef in selfbedrog. en probeer ander ook daarheen verlei.
Daarom is al jul bewerings en voorlesery, tot niks, want julle doen dit selektief, insigloos en uit selfbedrog - omdat julle wil! Wat staan jul in die pad om soos soveel miljoene ander mense, ook die kwantumsprong, na ware geloof in die ware God, te maak?
Net die satan. En in die Naam van die ware HERE Jesus Christus, is hy magteloos!
Kobus de Klerk
Cornelius
".....wat Jesus Christus onse HERE se gesprek met homoseksuele betref; die veroordeling van die owerspelige vrou deur die geskubde spirituele intelligentes (Johannes 8) en Jesus Christus onse HERE se skrif op die grond aan haar, sal dieselfde wees ten opsigte van elke ander sondaar op aarde....."
Ek sou dit nie beter kon gestel het nie. Dankie
Jaco Fourie
“Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord”
En hiermee beskryf jy die proses wat julle glad nie kan begryp nie, Cornelius. Ironies hoe jy dit self aanhaal en ook die gedeelte oor die sout wat lf geword het en jy dit nie kan begryp, nie.
Die woord wat ons as gelowiges spreek, moet aangenaam wees – nie aangenaam op die oor van die Godloënaars, Goddeloses en Woordswendelaars om hulle in hul kwaad te streel, nie, maar aangenaam in die Waarheid en Krag van God, gespreek as getuies van en voor die Aangesig van God deur die kragtige werking van SY Woord en SY Heilige Gees, om hulle in hul kwaad te ontmoedig en aan ander die Waarheid te openbaar. Daardie woorde wat ons spreek, moet besprinkel wees met die sout van die Krag van Gods Woord en Heilige Gees, nie die laf geworde sout van lou huigelaars, Woordswendelaars en Godloënaars, nie, maar die kragtige sout van die direkte Woord van God en SY Evangelie van Waarheid – en só weet ons as ware gelowiges, getuies en dienaars van God, hoe om iedereen te antwoord!
En so sien jy dit ook op hierdie forum deur die ware gelowiges beoefen.
"Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit."
Weereens haal jy hierdie Woord aan sonder om die inslag daarvan te besef, Cornelius. Tewens, jy erken dat jy laf geworde sout, is. Maar daarin praat jy vir jouself, want ek en die ander ware gelowiges is, deur die Genade, Leiding en Krag van God en SY Woord en Heilige Gees, baie beslis nie laf geworde sout, nie - allermins - deur Gods genade is ons deel van die sout van die aarde waarvan die Woord praat. Daarmee word ons as ware gelowiges deur die Woord gemaan om nie die wêreldse slimmighede ’n kans te gee nie, maar nougeset te wandel in die Wysheid van God deur SY Woord en Heilige Gees. Dit doen die gelowige sónder skroom deur lering, vermaning, bestrawwing (Titus 2:11-15; 1 Timoteus 5:20; 2 Timoteus 4:2).
Daarmee moet nie getalm word nie en moet tydig en ontydig gedoen word (2 Timoteus 4:2) – die tyd moet uitgekoop word, want die tyd is min. Dus, die sogenaamde verdraagsaamheid teenoor leerstellinge, filosofieë en religieë wat die geopenbaarde Wysheid van God in Sy Woord soos deur SY Heilige Gees uitgelê (2 Timoteus 3:16 g.m. Johannes 14:6-7, 25-26), dit wil sê, die kennis van en eerbied vir God (Spreuke 9:10; Job 28:28; Psalm 111:10; Prediker 12:13), nie dien en eer nie, moet summier opsy geskuiwe word en die Goddelike Wysheid, Waarheid, moet verkondig en uitgeleef, word – dít is hoe die tyd uitgekoop word, sodat elke mens aan sy Goddelike roeping en doel kan voldoen.
Wat kan ons nou van julle verwag, hieroor? Nog ’n sarsie slegsê en skel en pogings tot verdagmaking? Ook dit is te wagte (Lukas 21:17).
Kobus de Klerk
Jaco, die spirituele analfabeet en Goddelose, die een wat nie eens (wil) weet dat God bestaan, nie sê hierbo dat hy jou hantering van die Woord en gelowiges nie beter kon stel nie - dit wil noodwendig sê, dat dit wat jy sê, Kerneels, perfek inpas by sy credo as selfoortuigde Goddelose, 'n ateïs vir wie, weens sy groteske insigloosheid en onkunde, God en Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie, op die beste, enigma’s is...
So 'n mededeling van 'n Goddelose mens moet sekerlik die allervreeslikste klap in die gesig van 'n mens wees wat homself as 'n gelowige wil uithou...
G'n wonder nie, Kerneels. Ons sien dan hoe jy die Heilige Woord en Naam van die HERE Jesus Christus misbruik en verdraai vir jou eie doeleindes, presies nes jou sielsmaat, Jaco die ateïs. G'n wonder nie, want ons weet tog hoe jy dikwels te vore, en ook onlangs, daarna verwys het hoe ateïste, Goddeloses en Godloënaars soos Sagan, Darwin, Hawking, ens. vir jou as rolmodel tipes figureer, instede van die ware HERE Jesus Christus.
Kobus de Klerk
Kobus de Klerk,
Ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.
De Maio de Jesus Cristo, nosso Deus Vivo Todo-Poderoso nos perdoar tudo.
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Waarvoor vergewe jy my, Cornelius? Omdat ek jou spirituele en ander leuens uitwys?
En jou 'jesus' is jou versinsel, en het geen verbintenis met die ware HERE Jesus Christus nie, al misbruik jy die HERE se Naam vir jou versinsel - dus is daar nie liefde en genade daar te vinde, nie.
Die ware HERE Jesus Christus sal nie vergiffenis verwag nie, want ek is Hom gehoorsaam - en juis dit is jou persoonlike achillieshiel.
Kobus de Klerk
Kobus,
Ek vergewe jou vir die demoniese boosheid en besetenheid waarin jy my werklikheid op grond van jou veronderstellings beledig en neerhaal.
Nie dat ek sondeloos is nie ...
Daarom bid ek ook dat Jesus Christus onse HERE ons almal sal vergewe.
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Jy het sowaar, weereens, nie verstaan wat ek vir jou hierbo geantwoord het, nie, Cornelius. Jou 'werklikheid', soos jy dit noem, is mos nie verhewe bo die objektiewe werklikheid van God, nie, maar is versinsel in die objektiewe werklikheid van God! Maar wat kan mens ook dan nou van jou verwag?
Demoniese boosheid en besetenheid? Sit jy sowaar weer met jouself in die spieël en praat, Kerneels? Ek wonder of jy ooit betyds sal besef watter oordeel jy oor jouself bring as jy sulke dinge teenoor ware gelowiges, soos ek en die ander wie hier besig is om vir die HERE te getuig, kwytraak...
Vir jou eie beswil, as dit nog moontlik is, herinner ek jou weer aan Mattheus 21:30-32 en 1 Johannes 5:16-21 gelees met 1 Korintiërs 2:13 en 1 Korintiërs 3:19-20 - as jy dit hoegenaamd kan begryp.
Jou reaksie hierop sal vir ons wys of jy tog wel in staat is om te kan begryp...
Terloops, ek is op hierdie stadium, jou 'amigo' in niks, Kerneels. Maar ek wens jou verlossing toe.
Kobus de Klerk
Jy die "objektiewe werklikheid van God" in pag hou? ... nee Kobus, jou huiskerkbende onder jou duiwelbesete dwingelandy eer jou miskien in hul dwaal daarvoor maar ek dink jy moet liefs gaan hulp soek.
Wat jy dink, is van geen relevansie of konsekwensie vir iemand, behalwe vir jouself, nie, Cornelius - jy en niemand anders nie, gaan aan die pen ry daarvoor.
Die objektiewe werklikheid van God word juis deur die Heilige Gees van God aan ons, SY opregte dienaars, bekend gemaak (Johannes 14:6-7, 16-17, 26).
En niemand dwing ons nie en ons dwing mekaar natuurlik ook, nie.
Maar dit is ook natuurlik die rede waarom jy hierdie dinge nie weet, nie, Cornelius. Jy het duidelik geen verbintenis met die Heilige Gees van God, nie, behalwe jou eie gruwelike pogings om SY Heiligheid te probeer misbruik vir jou gruwels - die inwoning deur en leiding van die Heilige Gees in ons as ware gelowiges noem jy "duiwelbesete dwingelandy"? Jy SAL die gevolge daarvan dra - die Woord van die HERE Wie se Heilige Naam jy so skromeloos gedurig misbruik, beloof jou dit (Mattheus 12:31). - as jy kan lees en begryp, lees en begryp dit dan. En dit alles, is juis die werk van die dier - die kwessie wat ons juis met die hoofartikel hierbo, bespreek...
Kobus de Klerk
Kobus, toegegee... jy ly erg aan jou geskubde spirituele intelligensie... hoe kyk jy die ewigheid in vanwaar jy in die stof op jou maag seil?... dink jy werklik jy verdien jou plekkie in die hemel met 'n venster op die hel sodat jy jouself tot in ewigheid kan verlustig in jou veronderstelde oordeel van almal wat jou nie eer nie?
Nou ja, dit lyk werklik asof die snert hierbo die beste is waartoe jy instaat is, Cornelius. Weereens heeltemal onbekwaam om enige sinvolle kommentaar te lewer oor die kwessies onder bespreking. Wat is die sin daarin dat jy dit hoegenaamd plaas, terwyl jy jouself daarmee verneder en 'n oordeel oor jouself bring daarmee?
Jy is werklik onnosel in jou benadering. Moet wees omdat jou siel so leeg is. Ek hoop maar vir jou familie se part hulle lees nie wat jy skrywe, en hoe jy verneder word, nie. Dit moet vir hulle erg wees en 'n verskriklike verleentheid...
En dan is dit deesdae mos weer die ateis Jaco, wat lekker met jou woer-woer speel - tipies soos ek al tevore uitgewys het, die agnostici met jou doen. Hulle doen dit, sodat hulle jou agteraf kan bespot en vir mekaar kan hoon en wys hoe hulle 'n 'gelowige' kan manipuleer.
Dan is dit ergste dat almal anders dit agterkom, maar net jy, blykbaar nie... omdat jy so gullible is, of omdat jy net nie meer omgee vir jouself, nie?
Tyd om jou weer eenkant toe te skuiwe?
Cornelius, maak dit nie vir jou saak dat jy 'n klomp woorde laat uitpeul, maar dat daar niks sinvol tussenin is, nie? Is jy nie in staat om te besef wat jy doen nie? Klaarblyklik nie. En die ergste van alles is dat jy weer gewetenloos deur die agnostici misbruik word - hierdie keer deur Jaco - om te manifesteer sodat jy teen die Woord en ware gelowiges kan manifesteer sodat hulle dit kan geniet. Al wat hulle nodig het om dit te doen, is om jou te 'komplimenteer'.
Kan jy dit nie sien, nie?
Kobus de Klerk
Behalwe vir sogenaamde agnoste; betreffende die vervelige neerhaling deur Kobus de Klerk en sy huiskerknes vol krioelende geskubde spirituele intelligentes en ware Christengelowiges, bevind ek my in hul eentonige hoon ook saam met harte soos ons geliefde Professor Christina Landman en onlangs ook Pieter van Niekerk. Lees gerus die ou grote Kobus se ontsteltenis in sy woernale aan Pieter toe hy dit durf waag om nie die ou grote (soos Kobus graag na homself verwys) genoegsaam eer nie - https://www.litnet.co.za/Article/ons-kan-doen-met-spirituele-mondigheid
Dit is goed dat jy die skakel plaas, Kerneels sodat die mense vir 'n slag self kan sien hoe jy dinge verdraai. Jy dink verniet dat Landman en van Niekerk met jou lastering en onwaarhede sou akkoord gaan.
Jy sit alleen opgeskeep met jou hart vol leuens.
Kobus de Klerk
Baie betekenisvol jou woernaal hierbo Kobus...
Jy tik: Jy [Cornelius] dink verniet dat Landman en van Niekerk met jou lastering en onwaarhede sou akkoord gaan. Jy sit alleen opgeskeep met jou hart vol leuens.
Kobus, dis ook nie dat ek homoseksueel of Jaco katoliek is nie, tog sal jy ons gedurig as "ewe agnosties" brandmerk - net omdat ons jou nie eer nie.
Wel, die hartseer werklikheid is egter dat nie een van ons hier genoem enigsins vertroue in jou oplossings, idees, ideologieë of godsdiens het nie.
Dis duidelik hoe jou nalopers op die werf uiteindelik hul stem verstil en slaafs afhanklik van jou wil, goedkeuring en waarheid raak.
Jy sien, almal wat vry, kreatief en innerlike krag uit hul eie hart put verklaar jy tot vyand.
Ek dra reeds soos enige ander my pak in die lewe; hoekom forseer nog jou gewigtige waarheid as die enigste waarheid daarby op my?
Kobus, die werklikheid is dat jy almal wat jou nie eer nie oor dieselfde kam wil skeer en dieselfde kamp probeer injaag.
Ek beskou niemand "in" of uit", "bo" of "onder" nie.
Prof Christina Landman en Pieter van Niekerk is nes Jaco Fourie my medemens.
Ek het geen oplossing of antwoord vir enigiemand nie.
Ek roep niemand agter my aan nie.
Ek is saam op reis deur hierdie lewe.
Ek put my vreugde in die wedersydse respek, bystand en aanmoediging van my medemens.
In die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE...
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Jy en Jaco is agnostici omdat elkeen van julle op jul eie manier die HERE en SY Woord verloën weens ingrypende onkunde en misbruik en jul onkunde aangaande God en SY Woord uitbasuin, Cornelius.
Jy en Jaco aanvaar nie die leiding waaroor ek en my mede ware gelowiges hier getuig nie, want julle aanvaar nie die Waarheid waaroor ons in eensgesindheid getuig, nie - omdat julle beide agnostici, is. Die nadeel daaraan verbonde en die verlies te lye daaronder, is egter nie ons s’n nie, want ons het reeds die Waarheid gevind en ons dien en eer die Waarheid, maar julle s’n, weens die hardheid van jul harte.
En omdat ons na wie jy kwetsend verwys, in eensgesindheid in die Een Waarheid getuig - nie ons eie 'waarheid' nie maar die Goddelike Waarheid, is jy insigloos van mening dat ons mekaar dwing of manipuleer. Die sinneloosheid van die siening van jou, plaas net meer klem op hoe ver jy van die Waarheid en die God van Waarheid, die HERE Jesus Christus, is alhoewel jy en jou ateïs sielsgenoot, Jaco, gedurig probeer om SY Naam en Woord te misbruik, soos die satan doen.
Jy het geen oplossing of antwoord vir iemand nie, soos jy self hierbo getuig - tog sien ons jou hoe jy luid soos ’n dronkaard skreeu - sonder dat jy self ’n oplossing het - op diegene wie wel die Oplossing en die Antwoord gevind het en mededeelsaam is daarmee. Is dit nie verregaande, dwase optrede, nie? ’n Dom mens weet nie en ’n dwaas verstaan dit, nie (Psalm 92:7; Spreuke 12:15).
Kobus de Klerk
Soos daar geskrywe staan: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie (uit Johannes 10).
Ja, niemand het Kobus de Klerk dweper of Dolf sy dissipel se breinspoel, of hul sogenaamde braakland breek nodig nie!
Soos daar geskrywe staan: Kyk, Ek [Jesus Christus onse Hemelse Vader] staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My (Openbaringe 3:20).
Ekke roep niemand agter my aan nie - volg saam met my die sagte en lieflike stem van onse Goeie Herder in jou eie hart.
Namaste!
Cornelius
Kobus,
Net omdat jy so seg beteken allermins dat dit waar is – juis die teendeel gemeet aan jou neerhaling van ander se harte en die algemene reaksie daarop.
Jy is die een wat gedurig onthuts raak (uit jou gemaksone geskud word) met die vry denke van ander.
Dis jy wat fundamenteel en paniekerig jou begrip as absolute waarheid in die ewigheid vasgevries dweep – net omdat jy bang raak as jy nie beheer oor ander se gedagte het nie.
Dis jy wat wil hê almal moet soos jy wees – net een ware geloof en godsdiens – net een so veelsydig (vele gesig) soos jy op aarde.
Menige onderdrukker het al met jou soort veronderstellinge as "ware profeet" ander probeer intimideer.
Nee wat ou Kobus, ons Almagtige Lewende Skepper kloon nie ons harte nie. Jou en die ander se ooreenstemming is duidelik gefabriseer. Dis voor die hand liggend dat Dolf jou nydigheid spoeg en plak met ’n bietjie van sy verwerking daarby. Jou egotisme verblind jou sodat jy dit DALK rêrig nie besef nie.
MAAR Kobus, ek merk ’n opregte aandrang in jou woernaal hierbo.
Daarom, vind vir jou vrede hierin: Voorwaar, voorwaar: Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie (uit Johannes 10).
Ja, niemand het Kobus de Klerk dweper of Dolf sy dissipel se breinspoel, of hul sogenaamde braakland breek nodig nie!
Soos daar geskrywe staan: Kyk, Ek [Jesus Christus onse Hemelse Vader] staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My (Openbaringe 3:20).
Mag Jesus Christus onse Goeie Herder se sagte en lieflike stem in elkeen se hart gehoor word.
Kobus, ek vergewe jou nogmaals in oorgawe en in die liefde en genade van onse Goeie Herder.
Jou amigo in Adam,
Cornelius