Departement Afrikaans en Neerlandistiek: Postdoktorale Navorsingsgenoot 2017

  • 0

Departement Afrikaans en Neerlandistiek: Postdoktorale Navorsingsgenoot 2017

Die Universiteit Rhodes is tans op soek na ’n Postdoktorale Navorsingsgenoot om in 2017 verbonde te wees aan die Departement Afrikaans en Neerlandistiek in die Skool vir Tale en Letterkundes.

Navorsingsgebied: Letterkundige en/of taalkundige navorsing

Vereistes: PhD in Afrikaans met die fokus op letterkunde of taalkunde

Aanvang: Januarie 2017

Duur van genootskap: Een jaar met die moontlikheid van hernuwing

Finansiële ondersteuning: Die suksesvolle kandidaat word deur middel van ’n beurs van R180 000 (belastingvry) per jaar vergoed, plus R20 000 navorsingskostes

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2016

Navrae: Stuur ’n aansoekbrief, tesame met ’n volledige CV, insluitende ’n lys van publikasies en die name van twee kontakbare verwysings aan:

Dr Ilse de Korte, Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit Rhodes
i.dekorte@ru.ac.za

Belangrik: Postdoktorale genote werk gewoonlik met nuwe rigtings in navorsing. Die aansoekbrief moet dus ’n kort motivering (ongeveer 1 bladsy) insluit van die navorsingsveld waarin die voorgenome studie gedoen sal word. Die navorsingsvoorstel moet die kandidaat se kundigheid op die gebied van die belangstellingsveld uitlig, sowel as hoe die navorsing bydra tot die moderne tendense en dekolonialisering van die Afrikaanse Hoëronderwys kurrikulum. Die navorsing sal as twee publiseerbare artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte voorgelê word.

Aansoekers moet asseblief hul aangewese verwysings vra om asseblief die konfidensiële verwysingsverslag direk aan die e-posadres hier bo te stuur.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top