De Villiers se rugby-comeback

  • 1

Oor die laaste twee maande of so, lees/sien mens die volgende in die media:

  •   Uit die bloute na al die tyd: De Villiers voel hy is besig om goed te herstel
  • Paar maande later: De Villiers van mening hy behoort reg te wees vir toetsreeks
  • So paar aande gelede sien ek 'n program op tv gewei aan sy hele terugkeer poging – ek het nie gekyk nie, net gesien hoe hardloop hy deur 'n buite-stedelike gebied met die teerpad langs.

Hoekom laat dit my dink aan 'n Amerikaanse presidensiele verkiesings/bemarkingsveldtog?

  • 1

Kommentaar

  • Pieter, die rugbydinge in ons land raak nou soos die goewerment. Daar’s een mannetjie wat ek glad nie vertrou nie en dit is daardie Jurie Roux knaap. Ek ken nie die mannetjie nie maar hy is ver te voor op die wa. Ek wonder of die man al ooit aan 'n bal gevat het in sy lewe, ek praat nou van 'n rugbybal. Ek het myself die laaste paar jaar van rugby gespeen. Ek is beslis nie meer so passievol oor die spel nie. Ek onthou nog dat dr Craven gesê het, geld gaan die spel dood maak. Ongelukkig is dit die geval. Wat my die meeste dronkslaan is dat die groot organisasies/liggame/besighede dink ons, die publiek is onnosel. Ek kam net my hare so. Ons wag en sien.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top