De Villiers meisiekind
Lig is die akkerblaar ogies en groen
Sag is die wasem en soen
Koud is die wang en soet is die lip
Warm die hand wat my hart in glip
Heilig die lyf en bruin
veilig haar vingers fyn
Laat almal weet ? engel het my gevang
en my saam met haar uit die hemel laat hang
Onderstebo en bietjie bang
soen die lig op haar dagligwang
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


