Darwinisme as religieuse filosofie

  • 0

In ’n blog skrywe evoluionis Michael Ruse die volgende, so onlangs as Desember 2003:

“Today, likewise, we see that evolutionism has its priests and devotees. Entomologist and sociobiologist Edward O. Wilson of Harvard University tells us that the "evolutionary epic is mythology," depending on laws that are "believed but can never be definitively proved," taking us "backward through time to the beginning of the universe." Wilson knows that any good religion must have its moral dimension, and so he urges us to promote biodiversity, to amend our original sin of despoiling the earth. There is an apocalyptic ring to Wilson’s writings, and in true dispensationalist style, he warns that there is but a short time before all collapses into an ecological Armageddon. Repent! The time is near!”

“I am saying that when I hear people with spiritual views accused by scientists of "cowardly flabbiness of the intellect," [hy verwys na Dawkins se geliefkoosde skellery] I suspect that there is more at stake than factual disagreement. In that context, when evangelicals complain that it is unfair if a secular religion (evolution) is allowed into classrooms but competing theological views are not, I start to feel sympathy. Not for creationism, which is pernicious nonsense, but for stacking the deck against religious thought, by allowing dogma in science but not in theology. If creationism has no place in the classroom, then neither does a secular religion based on evolution. We who care passionately about science should know when to keep the science and religion separate and remember always when it is appropriate to teach the one and not the other.”

Waarom sê Wilson (nóg ’n darwinistiese evolusionis waarvan sommige van die skille van sy oë afgeval het), na wie Ruse verwys, wat hy sê?

Kyk na die kwessie van die ontstaan van lewe – die darwinis maak daaroor onhoudbare aannames en hipotese wat nóóit bewys kán word nie. Pure religieuse filosofie. Maar dié religieuse filosofie is die fondasie waarop hy voorgaan om dié religie uit te bou, met ánder ewe onbewysbare aannames en hipotese.

Kyk na die hoekstene van neo-darwinisme, die kwessie van natuurlike seleksie. Gelowige bioloë het al vóór Darwin dié proposisie gemaak dat seleksie vir soorte werk om aanpassing teweeg te bring binne die soort verband en dat dit gewoonlik met verlies van genetiese data gepaard gaan, nie toename, soos evolusioniste beweer, nie.

Professor Keith Bennett (Queen’s University, Belfast) skrywe in ’n artikel “The Chaos Theory of Evolution”, in New Scientist in Oktober 2010 in ’n kommentaar op ’n boek van welbekende evolusionis dr. John Endler se boek Natural Selection in the Wild en merk op dat dit aandui dat Endler talle beweerde gevalle van natuurlike seleksie krities ondersoek het, maar nie enige “hard evidence” van die evolusionistiese tipe seleksie daar kom vind, nie. - Op p. 241 en 246 van sy boek, skryf Endler “Natural selection only affects changes in the frequency of the variants once they appear; it cannot directly address the reasons for the existence of the variants … Thus natural selection may affect the patterns of the origins of combinations of traits, even though it will not explain the mechanisms of their origins.

Evolusioniste se darwinistiese tipe seleksie is dus óók op onbewysbare aannames staangemaak.

Daar is ook die kwessie van nóg ’n hoeksteen van evolusie, naamlik die ontstaan van die DNS, wat dié hipotese van hulle, in duie laat stort.

Leslie E. Orgel, skryf in ’n artikel "The Origin of Life on Earth", in die Scientific American, dat dit hoogs onwaarskynlik is dat struktureel uiters komplekse proteïene en nukleïensure sommer beide spontaan (lukraak, soos die darwinistiese evolusioniste dit wil) kan voortspruit op dieselfde plek op dieselfde tyd én dat dit ook onmoontlik is om vir een om te ontstaan sónder die ander en dat dit slegs afgelei kan word dat lewe nié by wyse van chemiese prosesse kon ontstaan nie.

John Horgan, bevestig in ’n artikel "In the Beginning", ook in Scientific American, dat DNS nie kan funksioneer sonder die katalisator proteïene en ensieme nie en kan dus ook nie nog ander DNS vorm, daarsonder, nie. Kortom, proteïene kannie sónder DNS vorm nie en DNS kan ook nie sonder die proteïene vorm, nie. Douglas Hofstadter het ook in die boek An Eternal Golden Braid, gefilosofeer met die aanmerking dat hulle wonder hoe die hele genetiese kode tesame met al die verplasings- en oorsettings meganismes, met RNS en ribosome kompleet, kon ontstaan en maak dan die aanmerking dat hulle maar moet volstaan om die proses met ontsag en verwondering te beskou, want ’n antwoord bied die evolusionisme eenvoudig nié.

Hiermee tuimel evo devo ook ineen.

Só is die ander hoeksteen, genetika, óók op onbewysbare hipotetiese aannames van ’n ontstaan daarvan weens lukrake, toevallige prosesse, staangemaak.

Maak wat hulle wíl – by die kwessie dat darwinisme in énige gewaad neerkom op religieuse filosofie, gaan hulle gewoon nié verbykom nie. Wetenskap is dit nie, was nog nooit. Darwinisme is dood. Sy kadawer moet begrawe word.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top