Dansende kraaie

Ek sien die dansende kraaie bo jou graf
en dié herinner my om te lag.
Hierdie misdaad sal ek op niemand blaam
Jou wysheid sal ek nooit laat verlore gaan
Jou vreugde gaan orals saam
maar die lang bome roep jou naam.
Wie gaan my nou herinner
om nooit op te hou lag en vergeet van die seer
’n graf sal nooit jou vreugde kan beheer.
ek hoop jy’s binne my,
want sonder jou is ek niks ...
Ek sien die dansende kraaie bo jou graf
en dié herinner my om te lag.
Ek sien die dansende kraaie bo jou graf
en dié herinner my om te lag.
My onbekende broer
Dankie vir als
My onbekende broer
Dankie vir als
![]() |



