Dans met my
Gooi jou hande in die lug en sit dit bymekaar
Laat jou lyf dans met die ritme van die kitaar
As die musikant sy instrument se snare so pluk
As jy dans en jou hare so skud
Wil ek jou net styf teen my lyf vasdruk
REFREIN:
Stamp jou voete teen die grond
bekoor my met jou mond
Laat dit gly oor my lippe
met my hande op jou heupe
Verloor jouself en kom vind jou in my arms
waar die note altyd sal weergalm
Die musiek sal nooit stop
solank jy my hart hoor klop
BRUG:
Die musiek sal nooit ophou
want ek bly lief vir jou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


