''Dans met my'' deur Nadia

  • 0

Dans met my

Ons laataand-kuiers het min geraak,
As ek bel sê jy jy’s eintlik al vaak,
Maar ek sit maar en wag en hoop soos ‘n kind
Jy’t gesê in my het jy jou soul mate gevind.

Die tyd gaan gou en ek’s bang om te sê
Dat ek wens ek kon jou hier by my hê
Want die rooi tapyt lê en wag vir my,
Een van die dae is ons sprokie verby.

So dans met my terwyl jy nog mag,
Want daar’s ‘n nuwe wêreld wat nou vir my wag
As jy jou oë uitvee, het ek klaar uit jou lewe verdwyn
Ek gaan die alledaagse vir iets nuut verruil
Maar ek weet ek gaan in my bed oor jou huil
Want bo al die dinge is jy eintlik al wat ek wil hê.

Jy sou sms en vra hoe dit gaan
Ek sou reply en jou herinner om te kyk na die maan
Dit is daar waar ek my inspirasie gaan haal,
Maar sal jy net aarde toe neerdaal?

Jy mis die punt, jy gaan my verloor,
Daar’s mense daar buite wat my stem graag wil hoor,
Maar jy dink ek gaan altyd hier wees,
Môre kan jy op Facebook lees

Dat jy met my moes gedans het terwyl jy nog kon,
Want daar het ‘n nuwe wêreld vir my gekom
Toe jy jou oë uitvee, het ek uit jou lewe verdwyn.
Ek het die alledaagse vir weelde verruil
Maar weet net dis oor jou dat ek elke dag huil
Want bo al die dinge is jy eintlik al wat ek wou hê.

Brug

Ek het gedink ek sou vir jou ‘n love song skryf,
Ek kon liries raak oor jou oë en jou lyf,
Tog moet ek aanbeweeg, daar’s ‘n wêreld wat wag,
Maar ek kyk na jou foto en dan sing ek sag:

Ek wens ek’t met jou gedans terwyl jy nog wou,
Want daar’s ‘n nuwe wêreld, maar ek’s alleen sonder jou
Toe ek my oë uitvee, het jy uit my lewe verdwyn
Ek het die alledaagse vir weelde verruil
Maar in die aande as als verby is, kan ek nie ophou huil nie
Want bo al die dinge het ek jou eintlik liefgehad.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top