Dankie vir iemand soos jy
Dankie vir iemand soos jy
Waar het jy so skielik vandaan gekom?
Soos critters skielik hier en daar verdwyn
om weer later stadig in my geestesoog te verskyn
Seker maak, ek sien hoe jy op die Ooprivier blom
Dankie vir iemand soos jy
Dankie vir iemand soos jy
Ons was jare bymekaar, so in die verbygaan
Tot ek eendag asem oor jou goue hare blaas
jy verskrik opspring, my aankyk, so verbaas
Die vonk in jou glimlag, skiet my tot op die maan
Dankie vir iemand soos jy
REFREIN:
Dankie vir iemand soos jy
Dankie vir die tyd, liefde wat ons kon deel
Die skinderwaaiwind kan my bitter min skeel
Dankie vir iemand soos jy (x2)
Dankie vir iemand soos jy
Waarom het jy op hierdie laat uur my hart gegryp?
Geliefkoos, vertroetel, tot perskeryp
Wetend dit sal nie vir ewig kan duur
Dankie vir iemand soos jy
REFREIN
Dankie vir iemand soos jy
Waar het jy so skielik vandaan gekom?
Soos critters skielik hier en daar verdwyn
om weer later stadig in my geestesoog te verskyn
Seker maak, ek sien hoe jy op die Ooprivier blom
Dankie vir iemand soos jy
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


