Dankbare SêNetters, maar ...

  • 2

Geluk met julle nuwe weblaaie, dit lyk nogal indrukwekkend. Dit moes 'n goeie klompie gekos het om te laat ontwerp en bou, om nie eens te praat van instandhouding nie. Ek hoop julle kry groot bydraes van die dankbare SêNetters.

 

Kobus de Klerk behoort 'n groot bydrae te maak uit die fondse van die sekte wat hy hier verteenwoordig. En dan natuurlik Williams ook, dit gee hom iets om te doen terwyl hy sit en wodka suip en so van sy frustrasies ontslae raak. As arm pensioenaris kan ek nie veel gee nie, maar ek sal kyk of ek later in die jaar darem iets kan afknyp.

Daar is egter 'n paar dingetjies wat hinder: ek vind dit steurend as ek die muis se wyster afbring oor daardie skakels boaan die blaai en 'n groot blok-kieslys spring op. Dit bedek amper die hele brief wat ek wil lees. Dan voel ek ook die opskrifte van die briewe kon in 'n ander kleur gewees het, daar is te veel rooi.

'n Ander ding is dat julle onderaan kans gee vir kommentaar op briewe, maar die SêNetters se manier van kommentaar lewer is juis om nog 'n brief aan SêNet te skryf, eerder as om onderaan kommentaar te gee, wat dalk nie gelees gaan word nie.

Groete,

Varkspek

  • 2

Kommentaar

  • Ek wonder of mens e-pos kennisgewing gaan kry as jy reaksie op 'n skrywe kry? Miskien is hierdie 'n manier om blogs te inkorporeer by die brieweblad? So integrasieproses?

  • Hi MaanKind

    Ja - indien jy geregistreer is - of eienaarskap van jou bestaande profiel geneem het (wat beteken dat jou e-posadres gekoppel is aan jou profiel)  - jy kry 'n e-pos-kennisgewing indien iemand kommentaar lewer op jou artikel - hetsy of dit 'n SêNet-brief, resensie of kennisgewing, of enige ander bydrae tot LitNet is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top