Dan Roodt en Ran Doodt – vir Jan Rap

  • 0

Hallo Jan

Rondom 2003 was daar iemand wat in Insig aangehaal is as: "Eerder dood as Roodt".

Die ander keuse is: Eerder Roodt as dood.

Baie koerante publiseer deesdae ook artikels wat die ANC kritiseer, en ons aanvaar dit as die nuwe normaal.

’n Dekade gelede was Dan Roodt die enigste bekende Afrikaner-liberalis om bogenoemde taboe te verbreek, met boeke soos Om die Waarheidskommissie te vergeet, en The Scourge of the ANC, soos gepubliseer deur PRAAG-boekuitgewery.

Dan Roodt doen dit nog steeds: hy en Karin bak hamburgers van heilige koeie.

In die verlede het Dan nog meer oor internasionale politiek geskryf, want Afrikanermag word gedetermineer deur wie die wêreld regeer.

Dan Roodt en Ran Doodt is soos twee kante van dieselfde nasionalistiese muntstuk, maar ons geld is as het ware verwed op twee verskillende perde, met syne op die ondergaande Weste.

Ek stem volmondig saam met Francois Williams, en glo dat Beijing baie van Brittanje se belange in Suid-Afrika gaan oorneem, en dat die Dalai Lama en die Weste hier ter plaatse die definitiewe kreeftegang gaan.

Verder dink ek dat industriële Sjina se toetrede tot Afrika vir industriële Duitsland tot die hulpbronne van Rusland en omgewing dryf, en so Europa as Amerika se besette NAVO-vennoot se mag verdeel.

Die Weste gaan dus nie meer die hele wêreld regeer nie, en nog minder die hele Suid-Afrika.

Afrika, Europa se voormalige kolonie, vorm die wigpunt in die nuwe magsbalans tussen die Ooste en die Weste, en Suid-Afrika word weer soos tydens die Koue Oorlog uiters strategies.

Die 20ste eeu was letterlik en figuurlik Afrikaners se goue eeu, totdat die Weste die wêreld se alleenheerser geword het na die ineenstorting van die USSR. Die einde van die USSR was ’n nog groter polities-ekonomiese ramp vir Afrikaners as vir die Russe self.

Afrikaners as klein en kundige Kaukasiese kultuur en enigste wit stam van Afrika in Suid-Afrika, aldus president Zuma, se mag hang af van die wêreld se magsbalans.

Die globale magsbalans verander tans blitsvinnig vanaf nuwe wêreldorde na nuwe-nuwe wêreldorde. Afrikaners se platinum-eeu het begin.

Vandaar die naam Ran Doodt. Dis ’n Dan Roodt in ’n omgekeerde wêreldorde, waar die Weste, Afrikaners se grootste politieke opponent, wankel.

Groete

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top