"Dagdroom" deur Mariet van Rensburg

  • 0

Dagdroom

? Huisie by die see is al wat ek begeer
Die branders slaan hier teen die rotse, weer en weer
Die wind speel om die hoeke van die kafee
Die son bak op sambrele en op kleuters neer

? Lewe by die see is al wat ek begeer
En dalk word al my wense waar, staan jy voor my deur
Belowe my dat jy jou hart vir my sal gee
En buite dryf die bote in die diep blou see

REFREIN:
Oseaan, oseaan, nog wilder as my hart
Ken jy elke druppel, ken jy elke smart?
Want hier waar ek nog aan ons huisie bou
Droom ek dag na dag van jou
Oe hoo, dagdroom

Die lening op ons huisie is al lankal goedgekeur
Nou nog net jou voetspoor wat hier in ons gang makeer
om duisende leë fotorame in te kleur
Ons hoef ons nie aan hierdie wêreld ooit te steur

Wanneer dit dalk op ons huis se dak mag dou
kan ek en jy die heeldag sit en lugkastele bou
En droom van dinge anderkant die oseaan
en plekke waar ons albei bitter graag wil gaan

REFREIN

BRUG:
Jou gestalte op die horison gewaar
Geweet jy sal vir altyd bly, die branders het bedaar

REFREIN:
Oseaan, oseaan, nog stiller as my hart
Leer ken jy elke druppel, leer ken jy elke smart
Want hier waar ons nou in ons huisie woon
My hele lewe ? dagdroom

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top