Dagbreek
Die dagbreek smag na die nag van die son
Vir die skyn van die sterre, vir die groei van die mooiste blom
Ek gaan die hoogste pieke uitklim
die grootste branders uitswem
Waters wat my brand
met die vuur wat die see maak
Ek sal nooit ingee
totdat ek daai blom kry nie
want net die perfekte blom is goed genoeg vir jou
Drange vermeerder die dreiging in my
Die soeke na niks, wat ek moet kry
Die liefde word pyn, dit bloei, maak seer
Al wat ek moet besef is, dat selfs 'n dandelion sal jy waardeer


