Daar was 'n tyd ...

  • 3

hier in die RSA

toe restaurante en bekende eetplekke aangeval

en kroeë flenters geskiet was

toe plaaspaaie met landmyne beplant

en onskuldige vrou en kinder

bloed gevloei

en daar reddelose smart was

hulle gejuig en nog geld en middele

vir die dappere vegters

ter midde van geliefdes se trane

voorgeskied het

nou het die wiel gedraai

en

dis hulle geliefdes wat huil

 

Raed-na-Gael

  • 3

Kommentaar

  • Ek het glad nie die mandaat om namens enige organisasie te praat nie. Ek glo dat die blinde sambok jou iewers en een of ander tyd gaan piets. Vra my. Die sambok het my al menigte kere gelooi. Ek dink die mense in Europa se blinde sambok het sy opwagting gemaak. Ek kan onthou dat sekere lande "bevrydingsorganisasies" finansieël moreel en en wat ook al gesteun het. Die rede is dat hul gewetes moet gesus word en liewers die probleem in die ander land hou. Daar was 'n tydperk in ons land dat daar bomme in oa Wimpy's en kroeë en ander openbare plekke afgegaan het. Die landelike gebiede was ook onveilig. Wat het hulle daaraan gedoen, net die organisasie meer gehelp. Die Europese lande het nou 'n probleem wat hulle nie weet hoe om aan te spreek nie.

  • Ja-nee, hulle moet maar vir hulle kry. Daar is wel die in Europa wat bekeer is (maw van politieke blindheid genees is en nie meer vatbaar vir breinspoeling en indoktrinasie is nie). Nou wonder ek oor ouens hiér soos Max, Pierre en so aan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top