vir R
daar staan hulle
engele om jou bed
smeer jou voete in met room
selfs al maak die morfien
jou moeg en vaak
sag sing hulle hande
jou aan die slaap
sus jou
bring vir jou vertroosting
en rus
hulle salf jou
soos Maria
Jesus se voete
met nardusolie gesalf het
die kamer is deurtrek
van die reuk
van hulle liefde
hulle berei jou voor
vir die volgende
skof van die reis
die wyse ou vrou was reg
toe sy my vertel het
ons sterwe
soos ons geleef het
Kommentaar
Baie spesiale gedig van Willem. Dankie.
Met deernis en simpatie die siekte en laaste oomblikke beskryf. Baie mooi.
Ek wens ek kon jou voete ook vir oulaas invryf, liefste vriendin! En jou kop salf met my trane...
Dankie, ou maat.
Die laaste paar verse is treffend. Ons sterwe inderdaad soos ons gelewe het. Is eintlik ’n gesprek op sy eie, nè.
The bitter sweet end and preparation for the next leg of our cosmic journey. A beautiful and captivating illustration of words.