Credo

  • 0

ek wat mens is
wil die lewe vier met mense
wil deur die oog tot skrywe gaan
wil verse gebruik as instrument
om pas aan die hart te gee

ek wat ook gees is
wil die dood tot lewe maak
wil deur die graf tot skrywe bly
wil só vers-in tot testament
gegrif in die firmament

en iewers op die reis van mens tot ster
moet ek woord tot waarheid dwing
om die self se laaste donker
geheime te ontgin

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top