Hello,
'n Paar jaar gelede het Comestor 'n brief oor die skilder LS Lowry geplaas.
Soos my aard is steek sekere dinge vas in my geheue en het die Financial Times van 14 Junie 2013 'n artikel gehad oor LS Lowry weens die uitstalling van Lowry se werke wat op hierdie stadium uitgestal word in Tate Britain en is die uitstalling onder die naam, ‘Lowry and the Painting of Modern Life’ en sal duur vanaf 26 Junie tot en met 20 Oktober 2013. Dit is hierdie artikel en nog meer wat my laat onthou het van Comestor se brief. Die webwerf is www.tate.org.uk. Die eerste deel van die artikel is geskryf deur Michael Howard van Manchester Metropolitan University en die skrywer van ‘L.S. Lowry, A Visionary Artist’. Die temas is soos volg onder die opskrif van 'Lowry and the city':
Verstedeliking is relatief nuut in die mensdom se geskiedenis en Manchester is gekenmerk as die eerste moderne industriële stad.
Volgens Michael Howard stel Alexis de Tocqueville dit soos volg:
“From this foul drain the greatest stream of human industry flows out to fertilise the whole world. Here humanity attains its most complete development and its most brutish; here civilisation works its miracles and civilised man is turned back almost into a savage.”
Hierdie kontras is 'n konstante tema in die moderne verbeelding en is die fondasie waarop LS Lowry's skilderye gebaseer is.
Howard vergelyk LS Lowry met Constable en Turner wat volgens Howard se vertelling die begin van die industriële rewolusie uitbeeld terwyl LS Lowry die stadige agteruitgang wat die industriële rewolusie bring uitbeeld. Lowry se skilderye is daarom dan 'n konstante poging om die bekoring wat die stad vir hom inhou vas te pen en voer Howard aan aangesien Lowry se kuns so bekend in sy generiese vorm het dit tot gevolg dat die kyker nie die volle implikasie van Lowry se werk sien nie, want hierdie is nie eenvoudige skilderye nie, maar problematiese beelde van 'n somber plek. Die stad as distopie.
Hierdie inleidende artikel van 14 Junie 2013 word opgevolg met 'n bespreking van die uitstalling en is die skrywer van die artikel Jackie Wullschlager aan die woord.
Sy begin soos volg:
'n Goeie uitstalling kan ons begrip van 'n kunstenaar verdiep en meer ingelig maak. Tate Britain se aanbieding van LS Lowry is saamgestel deur kunshistorikus TJ Clark en bygestaan deur sy vrou, Anne Wagner, en is die mees radikale en opwindende herevaluering van 'n Britse kunstenaar in 'n lang tyd.
Die temas wat herhaal word in LS Lowry se werk volgens Jackie Wullschlager is die volgende:
The recurring motifs – chimney, mill, warehouse, terraced row – are a strategy, not just the result of obsession: repetition and narrowness are features of factory and slum life. Lowry worked as a rent collector and knew quotidian dreariness at close hand.
Bogenoemde is die aanloop tot 'n onderhoud met TJ Clark die kurator aangebied op BBC Radio 3 en kan hier geluister word:
In die onderhoud word die redes vir die 'herlewing' van LS Lowry se werk op hierdie stadium bespreek en word die vraag gevra, hoekom en is LS Lowry goed?
Die tweede gedeelte van hierdie brief handel oor die wat uitverkies is deur God, hetsy volk, nasie of mens.
Die inleiding is soos volg aangesien die idee sy oorsprong van die Jode het en herhaal ek hier wat al voorheen geplaas het:
"God sê, Ek het julle nie uitverkies nie, weens julle eie 'kragtigheid' of omdat julle geestelik en moreel verhewe is en of intellektueel uitstaande is nie. Julle is nie. Ek het julle gekies weens my eie onkenbare wil".
Diegene wat nie in God glo nie kan sê dat God "het gunstelinge", of die stelling volkome verwerp.
Wills haal een van Hertzberg se onderwysers by die Joodse Teologiese Seminarium, Rabbi Mordegai Kaplan, aan soos volg:
'Die argument van 'n uitverkore volk is 'n ondemokratiese idee.'
Wills se laaste gedagtes word dan soos volg deur my opgesom:
Tog is daar 'n paradoks hier. Die definisies van die Joodsheid gegee deur sommige Joodse denkers impliseer egter indirek, 'n meerderwaardigheid teenoor ander mense se intellektuele standaard, asook 'n etiese meerderwaardigheid, beskawing meerderwaardigheid. God se keuse is 'n las meer as 'n voordeel, 'n verpligting en nie 'n voorreg nie.
Dit vereis dat die Jode 'n teken moet wees van God se teenwoordigheid, 'n getuie van Sy waarheid en getuies word dikwels vervolg.
Dit is die rede waarom daar 'n gesegde is, "Here, kies iemand anders".
Die mees indrukwekkende aspek van Hertzberg se definisie van die uitverkore volk is die feit dat dit moontlik kan water hou.
Alle ander verklarings vir Joodse uitsonderlikheid weens die onuitspreeklike lyding en ongelooflike moed en trou aan die waarheid lyk skamel te wees in vergelyking'.
Was dit alles net 'n produk van goeie gene, of morele sensitiwiteit, of sosiale solidariteit, of voorvaderlike lojaliteite?
Iets baie vreemd het inderdaad met die Jode in die verloop van geskiedenis gebeur.
Dit was God.
Waar of onwaar, dit word aan die leser gelaat om te oordeel.
Hierdie word herbesoek na aanleiding van twee programme aangebied deur CBC Ideas en was uitgesaai vanaf 12 Junie 2013 en kan hier geluister word:
It is an idea that is ancient, and yet time has not dulled its vitality. It is an idea that echoes throughout history, and has inspired both genocide - and selfless service to others. It is alive today in the rhetoric of American politicians trumpeting their country's "special role in the world." But it is also alive in the lives of ordinary people who devote their time helping the marginalized and forgotten. It is the biblical idea of chosenness.
Daar word afgesluit met die aard en geskiedenis van profete aangebied deur Melvyn Bragg se bekende BBC Radio 4 program en kan hier geluister word:
Prophecy
Duration: 43 minutes
First broadcast: Thursday 13 June 2013
Melvyn Bragg and his guests discuss the meaning and significance of prophecy in the Abrahamic religions. Prophets, those with the ability to convey divinely-inspired revelation, are significant figures in the Hebrew Bible and later became important not just to Judaism but also to Christianity and Islam. Although these three religions share many of the same prophets, their interpretation of the nature of prophecy often differs.
Mona Siddiqui
Professor of Islamic and Interreligious Studies at the University of Edinburgh
Justin Meggitt
University Senior Lecturer in the Study of Religion and the Origins of Christianity at the University of Cambridge
Jonathan Stökl
Post-Doctoral Researcher at Leiden University.
Bogenoemde bevestig ook hoe uitstekend radio kan wees wanneer dit goed gedoen word.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Wouter het 'n merkwaardige geheue. Ek is dankbaar dat hy my bydrae oor LS Lowry (SeNet 2.08.2011) in herinnering geroep het. Ek het meer as R100 vir Leber en Sandling se boek betaal. Vir 'n slapbandboek met 144 bladsye was dit baie geld in 1996, maar ek was nog nooit spyt nie. Die Lowry-afdruk hang steeds in my studeerkamer. Daar is baie wat tragies in Lowry se lewe was, maar daar is myns insiens niemand wat die stedeling in 'n industriële omgewing beter uitgebeeld het nie. Lowry het 'n voorliefde vir Dante Rossetti se skilderye gehad. Ek het onlangs oor Dante se suster, Christina, geskryf (SêNet 11.06.2013).
Johannes Comestor
Hello Comestor,