Cornelius, ter afsluiting

  • 0

Cornelius

Die feit dat jy selfs die Katolieke kerk se belydenis (let gerus op die Trinity-deel) oor die Drie-eenheid van God nie verstaan nie, verbaas my lankal ook nie meer nie.

Weereens het jy al die ander Woord verwysings waarna ek jou verwys het en wat jou snert die hoof bied, geïgnoreer en dié feit probeer toegooi met die gebruiklike snert as deursigtige (teen hierdie tyd al) rookskerm – die spirituele stank van daardie snert van jou dring eerste deur énige rookskerm wat jy wil opwerp.

Hierdie hele getjommel van jou, waar jy alles wat ek sê, net weer en weer herhaal en nie sovêr kom om uit te wys waar ek verkeerd sou wees nie (want ek is nie), kan gerus nou end kry.

Jy verstaan werklik níks van geloof of oor God nie. Jy lees dinge, maar het nie die vaagste benul en begrip van wát jy lees nie. En terloops, ek twyfel of jy opmerk, maar jy is deesdae weer Om Daan se kanonvoer – hy probeer jou voorstoot (met verskuilde aanhitser-kompliment kompleet tussenin) so waar hy kan, want hy, soos almal anders, weet van jou twee dinge – jy praat onbeteueld opperste snert, én jy word telkens verneder in die proses (dít kom jy ook nie eens self agter nie …) en dit alles verskaf vir die agnostici (Wouter klaarblyklik uitgesluit) groot vermaak. Dit is net Wouter, onder hulle, wat jou tot jou sinne probeer bring op sy manier, al is dit ook nodeloos …

Terloops, waarom probeer jy op venynige wyse elke keer Wouter se persoon aanval? My raad aan hom is, hy moet dit liefs vat van wie dit kom en hom daaraan afvee.

Nou ja, jy sal my verskoon as ek jou voortaan jou herhalings soms sal ignoreer – moet die feit dáárvan dus nie in jou waan aansien as dat ek nie jou snert die hoof kan bied nie – dié het ek al herhaaldelik gedoen, keer op keer en algar weet dit – soos gebruiklik, net jy (en natuurlik jou parade alter-ego’s) kan dit nie insien, nie. Vir diere werk onderrig deur repetisie, maar selfs dít werk nie vir jou nie. Nog een van die redes waarom ek jou bejammer. Hoe meer aandag mens aan jou snert gee, hoe meer idees kry sommige agnostici om met jou te mors onder die dekmantel van “ondersteuning”.

’n Laaste wenk – geen staan voor ’n skoon spieël, kyk na die persoon daarin, neem jou woordeboeke almal en lees op daarin aangaande die betekenis van “huigel” en dan kyk jy op in die spieël en dáár sal jy dan ’n huigelaar in lewende lywe boonop sien!

Al gewonder waarom jou ‘gebede’ nie uitkom nie? Jy is só mislei … Ek kry jou werklik intens jammer. Mag jy genade ontvang en gered word.

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top