Cornelius
Ek dink nie iemand, behalwe natuurlik jy self deur middel van jou paar alter-ego’s, stel in jou opinies belang nie (met daardie uitnodiging het jy juis vir jouself weer die deur oopgelaat om jouself via “hulle” te prys). Jou opinies wat jy hier opdis, is werklik van nul en gener waarde. Hierdie forum lê al besaai van jou nuttelose opinies.
Ek weet nie of jy self agtergekom het nie, maar tussen al jou snert deur, het jy nie ’n enkele ding gesê wat relevant is tot die gesprek rondom die “thau” en jou “persoonlike ervaring” of siening daaromtrent nie. Almal anders kan dit wél agterkom.
Met jou probleme om dinge te begryp, wat jy telkens hier ten toon stel, tot grief van baie en vermaak van ander en tot lastering van die Naam van die HERE, is dit ook nodig om aan jou uit te wys dat ook jou “ervaring” geen afbreuk doen aan, of effek het op, die werklikheid en waarheid nie. Glo my, jou “werklikheid” is almal anders se onwerklikheid te midde van jou “komplekse psige”, soos jy dit self noem – jy leef in ’n waas.
Só ook met jou voortdurende aanhalings uit woordeboeke en die Bybel. Tog moet ons jou inlig dat meeste van ons oor woordeboeke beskik het of ten minste daartoe toegang het, nes jy en selfs die agnostici het Bybels, maar die verskil tussen ons en jy is, ons verstaan darem die betekenis en inslag van wat ons uit woordeboeke neem. Wat die Bybel aanbetref, ploeter jy ook maar deurentyd saam met die agnostici wat ook nie die betekenis en inslag van die Woord verstaan nie.
As jy dan self besef jy het ’n probleem en jy sê nogal dit is privaat, waarom aandring om dit op ander af te dwing hier en waarom nie hulp kry en aanneem nie?
Ek kry jou werklik jammer. Aanvanklik het ek my soms effe vervies vir jou, maar dit is lankal dat ek jou jammer kry en wens regtig jy wil ten minste opreg probeer besin. Jy praat van my “oneervolheid” – al wat oneerlik is daarvan is jou oneerlike na my skrapping wat meer as ’n dekade gelede afgehandel en ou nuus is en ek die dure prys voor betaal het, maar jóú werklike probleem van leuenagtigheid en oneerlikheid en agterbaksheid plus talle ander skete en dinge, teenoor my en almal anders wat jy in jou wasigheid voel, jou bedreig, en is daagliks met ons en word nie minder nie, maar erger.
Dit is duidelik dat jy desperaat is en beheer verloor het oor jouself en jou onstandvastigheid laat jou gedurig tuimel. Daarom kry ek jou werklik jammer.
Dit sou waarlik wonderlik wees as jy verlossing sou kon kry van jou innerlike onvrede en woelinge, maar jou samewerking is sekerlik nodig daarvoor.
Kobus de Klerk

