Hello Cornelius
Daar is werklik begrip vir jou frustrasie en hoe die woede in jou opbou en hoe onaangenaam jy dit alles vind. Die realiteit is egter dat jy dit oor jouself bring. Die onsin wat jy hier kwytraak is sonder weerga en nog meer so aangesien dit ’n mengelmoes van ’n hutspot is wat geen ooreenstemming met die werklikheid toon nie.
Volgens jou eie getuienis is jy nie ’n Christen nie en alhoewel deel van die Roomse Katolieke Kerk of Anglikaanse Kerk is jy ook nie deel daarvan nie, aangesien die verwysing wat jy jouself toedig, katoliek is, in die konteks waarin die alternatiewe betekenis van die woord, katoliek, gebruik word.
Jy is dus ’n nuwe tipe van protestant wat sonder gelyke is, daar is nie nog so ’n persoon in jou party nie, maar verstommend soos dit ook al mag wees, beskou jy jouself nog gemagtig om ’n teologie, doktrine, geloof hier te verkondig as ’n algemeen aanvaarde waarheid moet aanvaar word.
Skokkend, aangesien jy God as “moeder” sien en indien dit aanvaar word, en jy doen, dan is dit nie meer God die Vader, die Seun en die Heilige Gees nie maar ’n entiteit met vier “persoonlikhede” net soos dit gekoppel word aan Allah, dmv ’n vorige bespreking van jou waar Jesus die ekwivalent van Allah is.
Dit is slegs ’n bolangse vertelling van hoe jy die konneksies maak en dan verkondig as ’n algemene aanvaarde waarheid.
Met dit wil jy dan Kobus se algemeen aanvaarde verklaring van God bevraagteken en hierdie nuutskepping van jou as ’n geloofwaardige alternatief aanbied.
Die komedie is onhoudbaar, daar is tradisie, daar is teologie en waarhede word formuleer daarin en jy het geen respek daarvoor nie.
Dit bly ’n raaisel dat hierdie nuwe waarhede net aan jou openbaar is.
Gegewe die verwysings na, Brian Greene, Stephen Hawking, Carl Sagan et al.
Die rekord is hier in die argiewe em kan herbesoek word, maar dit is lagwekkend wat jy met webgebaseerde fondse, nie boeke gedoen het nie. ’n Voorbeeld is juis die Hawking wat jy as panties aanbied, terwyl die nuutste boek van hom, wat jy volgens jou eie verklaring besit, maar nie kan opsom nie, dit weerspreek.
Daar word voorgestel dat jy self ondersoek doen en ’n antwoord probeer vind vir hierdie metodiek, maar dan hoef jy ook en kan jy eerder jou energie spandeer om die res van die alphabet te ontleed.
Soos reeds gesien aan die hand van jou briljante ontleding is die letter, T, die ekwivalent van Tao en volgens jou nie, ’n Sjinese geloof nie, maar wel van Indië. Loodreg teen aanvaarde vakkundige studie oor hierdie onderwerp.
Dit bly ’n raaisel dat hierdie nuwe waarhede net aan jou openbaar is.
Daarmee sluit ek af, daar is die res van die alfabet wat jy kan ondersoek en die deelnemers hier verras met jou bevindinge.
Die laaste woord kan jou toekom en daar word voorgestel dat jy nie terughou nie.
Laat wiel.
Baie dankie
Wouter

