Gaan kyk eers en praat met die karavaanpark-opsigter! Winter is 'n slegte tyd, want dit sal bitter koud wees in die karavaan, die wind sal jou tent stukkend waai en dis baie moeilik vs Natal weer! Dis tussen -7 en -6 in nagte. Ek sal nie in 'n karavaan met kind wil sukkel nie!
Die somer is baie warm, 40 en hoë 30's!
Herfs en lente is ongemaklik, maar gangbaar.
Dis hoofsaaklik winterreënval gebied, met somtyds donderstorms in somer!
Jy moet weet, jy is op jouself aangewese daar! So, enige besluit moet met groot omsigtigheid gemaak word! Anders as wat mense dink, ek is 'n geharde man, wat kan oorleef! Ek werk self, wil nie spog nie, maar as ek ge'groom' is, kyk jong vroue nog! Ek lag openlik dan as hul verleë bloedrooi bloos! Ek het vandag by 'n pizza plek gelag vir so 'n voorval met 2 jong vroue, selfs die 2 swart vroue personeellede het gelag oor blatante simpelgeit. Nou dis byvoordeel van harde werk en sweet in die Karoo, plat maag, sonbrand en gesonde voorkoms! Ek voel gevlei, maar nee dankie. Realiteit is dat ek nie belangstel in jong vroue nie, want ek sien nie weer kans nie! Ek is nie 'n rokjagter nie.
Ek is nou selfsugtig oor my vryheid en het nie lus vir vloermoere meer nie of peuters nie! Dis deel van our word, kortstondige vryheid om te doen en te ervaar?
Hans

